Met hierdie week se dagstukkies het ons tot nou gesien hoedat die Here na ons omsien. Hy ontmoet ons telkens en raak ons lewens aan om daarna daadwerklik ‘n verskil te maak. Ons fokus nou verder daarop om ons hele liggaam en siel diensbaar te maak.
Skrifgedeelte: Psalm 123 Teks wat tref: v 2
Godsdiens is al op baie maniere beskryf: Dit is iets wat ek glo. Dit is iets wat die kerk bedryf. Dit gee inhoud en rigting aan my lewe. Dit is my kragbron vir elke dag
In Psalm 123 word ‘n effens ander siening gegee. Die volk hierdie lied gesing terwyl hulle op pad na en terug van die geestelike feeste in Jerusalem was. Godsdiens beteken dat my oë op God gerig is.
Met sy oë op die Here gerig is daar vir elke gelowige troos en bemoediging. Na die besef van die Here se Almag in die eerste verse, besef die digter dat sy oë op God gerig moet wees. Om hierdie beeld te verstaan moet ons die volgende in ag neem:
· die ou oosterse volke het min woorde gebruik
· met gebare (kop knik, hand beweging, blik van die oë) is opdragte gegee.
Hiermee is ‘n bepaalde gesindheid openbaar. Die eienaar het gewys wat waar en wanneer gedoen moet word. Die eienaar het beskerm en voedsel voorsien.
Daarom was die slawe se oë op hul eienaars gerig.
Oë wat op God gerig is dui op ‘n besondere verhouding. Oë wat op gerig is dui ‘n gebedshouding aan.
Dit het ‘n bepaalde implikasie:
· Wees in ‘n posisie om God se hand altyd raak te sien!
· Wees naby genoeg aan God om Hom en sy opdragte en beloftes raak te sien!
· Wees bereid dat Hy my kan stuur en gebruik!
Dors vir meer:
2 Kor 4:7-18,
Gebed
Here, rig my oë op U en gee die insig dat ek my lewe volgens u opdragte sal leef. Amen
Petrus van Blerk
0824560235
Die tyd van inperking kan maklik lei tot vereensaming en daar is meer uitdagings en veranderde omstandighede wat ons lewens beïnvloed. As predikante nooi ek en Ds Danie (072 272 9631) elkeen wat pastorale begeleiding verlang om ons te kontak.
Leave a Reply