Jesaja 50
Teks wat tref: Jesaja 50:6
Die Kneg het ‘n geoefende tong en geopende oor van die Here ontvang, sodat Hy kan weet hoe om mense wat moeg is moed in te praat. Hy praat ons moed in deur te wys op sy eie onderwerping. Hy onderwerp Hom in ons plek aan swaarkry. “Ek het nie agteruitgewyk nie. Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie”.
Christengelowige, watter omstandighede jou ook al moeg maak, Jesus is die Christus (Messias) wat hier deur Jesaja aan die woord gestel word. Luister na Hom in jou smart, jou vertwyfling, jou stoflik én geestelike nood: “Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? – laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!”
Die kruis by Golgota kom nie uit die niet te voorskyn nie, dit word geprofeteer deur die Kneg van die Here en dit word vervul deur Jesus Christus. Dit word geglo deur God se kinders wanneer hulle moed skep en God prys!

(Geneem uit GKSA Almanak 2002, Ds FJ du T Lessing).

Dors vir meer:
Johannes 12:12-36 en Psalm 139
Gebed
Here, dankie dat U, U Seun Jesus Christus gestuur het as U dienskneg. Mag ons altyd na U stem luister en leef in die Lig!. Amen.
Ds Danie Potgieter
072 272 9631
GK Rietvallei.