Met hierdie week se dagstukkies leer ons hoe ons Here na ons liggaam en siel omsien. Hy ontmoet ons telkens en raak ons lewens aan om daarna daadwerklik ‘n verskil te maak. Ons fokus eers op dit wat God doen.
Skrifgedeelte: Sag 8:1-23 Teks wat tref: v 2
Ons hoor baie keer hoe goed dit in die ou dae gegaan het. Inperking en Grendeltyd met die Covid 19 Pandemie laat ons onmiddellik terug dink aan meer rooskleurige dae. Tye dat daar nie daar nie soveel ontwrigting, hartseer en wanorde was, soos wat nou deur ons beleef word nie. Ons verlang daarna dat omstandighede so kan verander, dat ons na hierdie rustigheid kan terugkeer.
Dit kan net gebeur as die Here se ingryp. Dit is Sagaria se taak om hierdie vreugdeboodskap aan ’n verslae volk te bring. Omdat die Here hartstogtelik oor sy volk begaan is, verander Hy hulle omstandighede deur:
· ’n stad te gee waar sy Naam erken word (veiligheid)
· Stadspleine vir die bejaardes en kinders (rustigheid)
· ’n God van nabyheid vir die volk te wees (liefdesverhouding)
· Wingerde , oeste en groot opbrengste (voorspoed)
· Onderdane aan hulle te onderwerp (vrede)
In dankbaarheid vir sy liefde leer die Here ons ook hoe om elke dag te lewe in vers 16:
Praat die waarheid
Wees regverdig
Moenie bose planne bedink nie.
Aan die kruis is hierdie liefde van God in Christus by uitnemendheid bewys.
Omdat God so oor sy volk begaan was, het al die ander nasies begeer om met hulle saam te gaan, “want ons het gehoor God is by julle.”
Leef daarom so dat ander kan sien hoe hoopvol en vol vertroue God jou maak!
Dors vir meer:
Jes 40:1-11, Rm 8:31-39
Gebed
U verander alles. U is hartstogtelik oor my begaan. U gee my weer nuwe hoop. Amen
Ds Petrus van Blerk
0824560235
Leave a Reply