Hier word die evangelie van Jesus Christus verkonding
“Vertel en Leef die Goeie Nuus”
YouTube Video Uitsending
Facebook Video Uitsending
Video Uitsending
Audio Uitsending
Ons streef daarna om soos ‘n Bybelse nuwe testamentiese kerk te funksioneer: Ons is ‘n familie. Ons ondersteun mekaar in goeie en slegte tye, bid saam, leer saam, en dien saam. Die Here is die middelpunt van alles wat ons aanpak.
 
													Daar is twee terreinne waar jy kan parkeer. Die eerste terrein is die eerste hek wat jy kry as jy by die kerk arriveer (sien “StreetView” onder). Die tweede is as jy verby die eerste hek ry, en regs draai direk na die kerk toe. Parkeer op enige plek waar daar ‘n spasie is. Geen parkerings is gereserveer nie.
Niks word benodig om die eredienste by te woon nie. Die teks sowel as die liedere word vertoon op die bord. Maar, dit is altyd goed om jou eie Bybel te bring.
Na die erediens sal ‘n predikant beskikbaar wees by die klavier voor in die kerkgebou vir ‘n gesprek. Daar kan jy ook ‘n vorm kry om in te vul sodat die kerk jou besonderhede kan neem.
Om Gereformeerd te wees beteken om altyd terug te keer (te “Reformeer”) na dit wat in die Bybel staan. Die Bybel is ons enigste onfeilbare gesag. Die Here is die een Wie ons lei deur Sy Woord.
Ons geloofsleer word saamgevat in ons belydenisskrifte:
– Die Heidelbergse kategismus
– Die Nederlandse geloofsbelydenis
– Die Dordtse leerreëls
Daar is verskeie maniere om betrokke te raak by ons gemeenskap. Of jy nou deel wil wees van ‘n huisgroep, ‘n bybelstudiegroep wil bywoon, of ‘n vrywilliger wil wees, ons verwelkom jou met ope arms.
Koster
Thomas Coetsee (061 197 3695)
Finansiële aangeleenthede
Albert van Vuuren – (fin@nullgkrietvallei.co.za)
Administratiewe aangeleenthede
Karen de Lange (012 347 7362)
Attestate aangeleentheid
Thomas Coetsee (thomas@nullgkrietvallei.co.za)