{"id":998,"date":"2020-07-10T09:02:37","date_gmt":"2020-07-10T07:02:37","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=998"},"modified":"2020-07-10T09:02:37","modified_gmt":"2020-07-10T07:02:37","slug":"dagstuk-vrydag-10-julie-2020-n-nuwe-naam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=998","title":{"rendered":"Dagstuk Vrydag 10 Julie 2020 –  \u0149 Nuwe naam!"},"content":{"rendered":"
Jesaja 62
Teks wat tref: Jesaja 62:2.<\/p>\n\n\n\n
\u2018n Huwelik is \u2018n vreugdevolle geleentheid!  Iets waarna almal uitsien, iets wat jy uitroep en nie wegsteek nie. Dit is dan hierdie beeld wat Jesaja gebruik om die verhouding tussen die Here en sy volk uit te beeld. Die Here kan nie stilbly oor sy bruid nie.<\/p>\n\n\n\n
Die volk is genoem met die ou name van \u2018Verstote\u2019 en \u2018Verlate.\u2019 Hulle land is verlate en woes en hulle is deur die Here verstoot en in ballingskap gestuur. Hoe verskriklik moet nie wees om Verstote en Verlate genoem te word nie.  Maar dit is hulle wat die verhouding met die Here gebreek het, hulle rug op die Here gedraai.<\/p>\n\n\n\n
Voel jy verstote en verlate en verwoes? So was dit ook voor ons tot bekering gekom het- ons is genoem verstote- hoe kan sondaars voor die Heilige God verskyn – en verlate \u2013 die grooste verlatenheid is om nie saam met die Here te kan wees nie.<\/p>\n\n\n\n
Maar Jesaja bring die boodskap van Hoop, die goeie nuus! God se lig sal hulle moedelose lewens weer verlig.  Saam met die dagbreek, die verlossing, kry hul \u0149 nuwe naam!<\/p>\n\n\n\n
Hoe wonderlik is die nuwe naam wat die Here nie aan ons gee nie.  Ons is nie meer Verstote en Verlate nie, maar die een wat die Here liefhet, die een wat aan die Here behoort. Dis soos ons ook lees in Sefanja 3: 17 \u201cDie Here jou God is by jou. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou\u201d.  Hoe wonderlik is die Here se liefde nie vir ons nie – hoe antwoord ons hierdie liefde?<\/p>\n\n\n\n
By \u2018n huwelik kry die bruid \u2018n nuwe naam (haar van verander): iets wat in die begin vreemds is, maar iets waarop sy trots is want met hierdie nuwe naam wys sy vir die w\u00eareld maar ek is getroud, ek het iemand langs my sy waarop ek trots is en voor lief is.<\/p>\n\n\n\n
Dit vra dan van ons om volgens hierdie naam te leef \u2013 soos mense vir wie die Here lief is; soos mense wat aan God behoort; soos \u2018n bruid wat net o\u00eb het vir haar Bruidegom.
\nDie vraag is dus nie of God sy beloftes gaan nakom nie (dit doen Hy altyd), maar of ons lewe asof Hy sy beloftes gaan nakom. Dis nie of daar hoop is nie, maar of ons die hoop kan raaksien te midde van \u2018n wanhopige situasie en of ons lewe vanuit daardie hoop. Ware hoop dryf mens tot aksie.<\/p>\n\n\n\n
So kry ons nie net \u2018n nuwe identiteit nie, maar in Christus \u2018n hele nuwe lewe!
\nDra jy naam met groot trots, jubel dit uit en skryf dit sodat die hele w\u00eareld kan weet- ek dra die naam van die Here!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nSefanja 3:14-20  en Heidelbergse Kategismus Sondag 12.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere die Almagtige.  Dankie dat U ons liefhet en \u0149 nuwe naam gegee het.  Mag ons die naam Christen met trots uitleef elke dag en so ook U verheerlik.  Dankie dat U ons hierdie week weereen gedra en beskerm het.  Vee ons trane af, vertroos ons en mag ons opnuut ons vreugde in U vind. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Jesaja 62 Teks wat tref: Jesaja 62:2. \u2018n Huwelik is \u2018n vreugdevolle geleentheid! Iets waarna almal uitsien, iets wat jy uitroep en nie wegsteek nie. Dit is dan hierdie beeld wat Jesaja gebruik om die verhouding tussen die Here en sy volk uit te beeld. Die Here kan nie stilbly oor sy bruid nie. Die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/998"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=998"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/998\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":999,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/998\/revisions\/999"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=998"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=998"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=998"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}