{"id":983,"date":"2020-07-03T07:30:13","date_gmt":"2020-07-03T05:30:13","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=983"},"modified":"2020-07-03T07:30:13","modified_gmt":"2020-07-03T05:30:13","slug":"dagstuk-03-julie-2020-skuif-op-vir-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=983","title":{"rendered":"Dagstuk  03 Julie 2020 \u2013 Skuif op vir die Here"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Mal 3:13- 4:6\u00a0 Teks wat tref: Mal 3:16<\/p>\n\n\n\n<p>In die laaste boek van die Ou Testament lees\nons van die mense wat vermetele dinge oor die Here kwytraak. Met die uitroep\ndat dit nutteloos is om God te dien, bereik die mens die toppunt van hul\ngesindheid om die Here uit hul lewens te skuif. Dit het tot gevolg dat die\nharmonie wat God in die skepping gegee het nie meer bestaan nie.&nbsp; Dit lyk\nof di\u00e9 wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en die wat verkeerd doen\nvooruitgaan. <\/p>\n\n\n\n<p>Maar daar is ook mense wat eerbied vir die Here het.\nHulle staan ten minste saam en s\u00ea vir mekaar dat hulle nie teen die Here in\nopstand wil kom nie. Hulle sal in Hom bly glo en op Hom bly vertrou \u2013 al kry\nhulle swaar en gebeur daar dinge met hulle wat uit \u2019n menslike oogpunt vir\nhulle verkeerd lyk. Met hierdie optrede plaas hulle hul eie belange en\nstandpunte op die agtergrond. Hulle skuif letterlik uit die Here se pad sodat\nGod raakgesien word. <\/p>\n\n\n\n<p>Daarna word die Here se houding teenoor al hierdie\nmense in v16 beskryf. Hy let op hulle woorde. Hy hoor alles wat hulle s\u00ea. Al\nhierdie dinge gaan nie sommer net so by die Here verby nie. Hy trek Hom hierdie\ndinge aan. &nbsp;Die Here wys hulle daarop dat Hy presies weet wat\nhulle onder mekaar loop en praat. Teenoor die mens wat God uit hul lewens\nskuif, wys God hoe lief hy ons het.&nbsp; Die Here se optrede straal van omgee\nen versorging. Dat dit altyd bekend sal wees hoeveel die Here vir die mense\nomgee word hul name in \u0149 gedenkboek aangeteken sodat dit nooit verlore sal gaan\nnie.&nbsp; Terwyl die mens uitroep dat dit nutteloos is om God te dien, noem Hy\nhulle \u0149 kosbare besitting. Hy sal vir hulle goed wees. Die son as simbool van\nkrag en mag se genesende strale sal op hulle skyn. Hulle sal vry word en\nbokspring van vreugde.&nbsp; Dit sal deur almal opgemerk word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Soms laat omstandighede ons ook in opstand teen\ndie Here kom.&nbsp; Juis nou met die vernietigende uitwerking van Covid 19 en\ndie gepaardgaande seer van werkloosheid, geweld en toenemende korrupsie, wil ek\nook my wanhoopskrete uiter. <\/p>\n\n\n\n<p>Toe Christus aan die kruis gesterf het, bring\nHy ons weer in God se teenwoordigheid. Met my optrede het ek God talle kere uit\nmy lewe geskuif.&nbsp; Daar het Christus ons met God versoen sodat ek vry van\nsonde kan wees en saam met die digter van Psalm 84 wil uitroep dat ek altyd\nnaby Hom wil wees. <\/p>\n\n\n\n<p>Mag God se Heilige Gees ons so bewaar en\nbegelei dat elke tree en elke oomblik van my lewe daarop gerig is om Hom bo\nalles en almal te eer. Hy is Here van elke millimeter van my bestaan en elke\nsekonde van my lewe. Mag dit van my lewe in die gedenkboek voor Hom geskryf\nstaan dat ek vir Hom eerbied het en waarde heg aan sy Naam. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Sag\n8:1-13 en Ps 84<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat U my noodroep hoor en my bewaar het.&nbsp; Ek bely dat ek U so\nmaklik uit my lewe skuif. Dankie dat U my naam in die Lewensboek geskryf het.\nAmen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds\nPetrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Mal 3:13- 4:6\u00a0 Teks wat tref: Mal 3:16 In die laaste boek van die Ou Testament lees ons van die mense wat vermetele dinge oor die Here kwytraak. Met die uitroep dat dit nutteloos is om God te dien, bereik die mens die toppunt van hul gesindheid om die Here uit hul lewens te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/983"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=983"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/983\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":984,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/983\/revisions\/984"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=983"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=983"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=983"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}