{"id":981,"date":"2020-07-02T07:52:36","date_gmt":"2020-07-02T05:52:36","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=981"},"modified":"2020-07-02T07:52:36","modified_gmt":"2020-07-02T05:52:36","slug":"dagstuk-02-julie-2020-skuif-op-vir-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=981","title":{"rendered":"Dagstuk 02 Julie  2020 \u2013 Skuif op vir die Here"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Maleagi 1:6-14\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 6,14 <\/p>\n\n\n\n<p>Adam en Eva skuif die Here uit hul lewe met hul\nbesluit om na die Satan te luister.&nbsp; Eli laat na om sy seuns te\nberispe.&nbsp; Die priesters waarvan ons in Maleagi 1 lees minag die Here op\ndie mees blatante wyse.&nbsp; Hulle trek hul neus vir die Here op. Hulle offer\ngesteelde, lam en siek diere.&nbsp; Kortom, hulle het geen eerbied vir God\nnie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In vergelyking met die optrede van Adam en Eva, Eli en\nander mense waarvan ons lees verdring hulle die Here die meeste.&nbsp; Hulle\noptrede word nie eers geheim gehou nie want die offers is voor die o\u00eb van die\nvolk by die tempel gebring.&nbsp; Hulle dienswerk word moeite.&nbsp; Hierdie\noptrede getuig van selfsug en grootheidswaan.&nbsp; Die priesters het nie eens\ndie eer van \u0149 seun vir sy vader en \u0149 slaaf vir sy eienaar nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hulle hoor nie die stem van die Here die Almagtige\nnie.&nbsp; God openbaar Hom aan hulle as die Grootkoning.&nbsp; Al die ander\nnasies het vir Hom ontsag.&nbsp; Alles is onder God se mag. <\/p>\n\n\n\n<p>Ons veroordeel hierdie optrede en verwys met misnoe\u00eb\nna hul dade.&nbsp; Maar net totdat ek my eie optrede beoordeel.&nbsp; Ons sal\nnooit openlik teen die Here draai nie.&nbsp; Ons sal ons slegte dade en\nverkeerde optrede probeer wegsteek en met verskonings en verontskuldigings\nverbloem.&nbsp; Maleagi is die laaste boek in die Ou Testament. As profeet word\nhy deur God gestuur om die oortredinge van die volk uit te wys. Inteendeel,\nhoor ons in 6 dat dit God die Almagtige is wat na hul optrede vra.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is harde woorde en \u0149 sterk berisping wat God\ngebruik om die volk wakker te laat skrik en hul weer op die pad terug na Hom te\nlei.&nbsp; Dit is juis God se genade en liefde wat ons hier sien.&nbsp; Hy maak\nmet hul bemoeienis.&nbsp; Kom ons maak dit ook op ons lewe van toepassing. God\nkyk na my hele lewe.&nbsp; Ons sondig dalk nie so ooglopend openlik nie. Maar\ndie Here weet wanneer ek my neus vir Hom optrek as ek nie my sin kan kry\nnie.&nbsp; Hy weet wanneer ek nie met volle oorgawe leef nie.&nbsp; Met die\ninperking weens Covid 19 het ons omstandighede drasties verander. Ons moes leer\nom op ander maniere te aanbid. Ons moes opofferings maak.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons beleef ook elke dag God se liefde. Dit is juis\nomdat Hy ons liefhet dat hy na ons welstand en optrede verneem. Met Christus se\nkoms na die aarde moes Hy ook valse aanklagte trotseer. Daar word die spot met\nHom gedryf.&nbsp; Hy&nbsp; word saam met misdadigers gekruisig.&nbsp; Hy staan\nuit die dood op sodat ek verlos kan word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ondersoek jou lewe en bepaal of jou optrede God\neer.&nbsp; Ons lees more in Maleagi 3 verder oor die veranderinge wat gemaak\nmoet word sodat ek God reg sal eer.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 27:32-44<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\ndankie dat U my liefhet.&nbsp; U weet hoe maklik ek my rug op U draai asof U\nsoms nie daar is nie.&nbsp; U weet alles. Stuur u Gees om my op koers te\nbring.&nbsp; Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Maleagi 1:6-14\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 6,14 Adam en Eva skuif die Here uit hul lewe met hul besluit om na die Satan te luister.&nbsp; Eli laat na om sy seuns te berispe.&nbsp; Die priesters waarvan ons in Maleagi 1 lees minag die Here op die mees blatante wyse.&nbsp; Hulle trek hul neus vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/981"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=981"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/981\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":982,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/981\/revisions\/982"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=981"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=981"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=981"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}