{"id":978,"date":"2020-07-01T07:55:57","date_gmt":"2020-07-01T05:55:57","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=978"},"modified":"2020-07-01T07:55:57","modified_gmt":"2020-07-01T05:55:57","slug":"dagstuk-01-julie-2020-skuif-op-vir-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=978","title":{"rendered":"Dagstuk  01 Julie 2020 \u2013 Skuif op vir die Here"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing:\u00a0\u00a0 1 Sam 2:13-26\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v 23,24\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nbly een van die grootste uitdaging om \u0149 gesonde balans te handhaaf. Alhoewel\nomstandighede gewoonlik \u0149 pertinente rol speel is dit nie altyd ewe maklik om\nkonsekwent op te tree nie.&nbsp; Dit is nie altyd \u0149 doelbewuste en vooraf\nbeplande keuse waarmee ek die Here eenkant toe skuif nie.&nbsp; Adam en Eva se\nbesluit om van die boom van kennis te eet het heel moontlik nie voorsien dat\nhulle daardeur van God vervreem sal raak nie. Tog gebeur dit onmiddellik. Hulle\nword uit die paradys verdryf.<\/p>\n\n\n\n<p>Ander\nkere verloop daar \u0149 langer tydperk voordat ons besef dat ons optrede God op die\nagtergrond skuif.&nbsp; In 1 Sam 1:3 ontmoet ons die priester Eli en sy twee\nseuns Hofni en Pinehas wat in Silo diens doen.&nbsp; Die kinderlose Hanna pleit\nby Eli dat haar gebede verhoor sal word en na Samuel se geboorte dien hy die\nHere onder Eli se toesig. Maar Eli se twee seuns was slegte mense en het nie\nmet die Here rekening gehou nie.&nbsp; Hulle sondig deur van die offervleis te\neet en by die vrouens wat by die ingang van die tent diens doen te slaap. Hulle\nmaak geen geheim daarvan dat hulle die Here minag nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Eli\nwas al baie oud en berispe sy seuns oor die dinge waarvan hy aanhoudend by die\nhele volk moet hoor.&nbsp; Die gerugte wat hy hoor is nie goed nie want hulle\nverlei die volk van die Here.&nbsp; Eli vermaan hulle om die saak reg te\nstel.&nbsp; Deur sy seuns aanvanklik te laat begaan om op hul sondige pad te\nvolhard, sou beteken dat hy hul optrede goedkeur. God sal in hierdie geval as\nRegter optree. Hulle ongehoorsaamheid word met die dood gestraf.&nbsp; In skrille\nkontras hiermee hoor ons dat Samuel grootgeword het en dat die Here en die\nmense hom goedgesind was.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Uit\ndie uiteenlopende optrede van Eli se seuns teenoor die van Samuel besef ons wat\n\u0149 leefwyse naby die Here behels.&nbsp; Ons raak ook soms uitgeput en bly nie\naltyd waaksaam en opreg in ons lewe en optrede nie.&nbsp; Eers nadat Eli\naanhoudend by die volk oor \u0149 lang tydperk van sy seuns se optrede hoor, vermaan\nhy hulle.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis deel van die Satan se slinkse werkswyse om ons steselmatig van die Here te\nlaat wegdraai. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis God se genade om ons deur die Heilige Gees gehoorsaam te maak.&nbsp; Eli se\nseuns eien hul die offervleis vir hul eie gebruik toe.&nbsp; Hulle verkeer\nsedeloos met die vrouens wat diens doen by die tent. Dit is optrede wat deur\nselfsug aangevuur word.&nbsp; Eli tree nie ferm op nie en wanneer die Here die\nsaak uitmaak sterf sy seuns.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Di\u00e9\ngebeure is \u0149 wekroep dat ons nooit sal uitstel wanneer ons God se opdragte hoor\nnie.&nbsp; Ons hele lewe is in ons Here se diens.&nbsp; God verwag dat ons Hom\nmet woord en daad sal dien. In die Nuwe Testament leer Christus ons om te waak\nteen die aanvalle van die Satan wat soos \u0149 brullende leeu rondgaan om ons te\nverskeur.&nbsp; Met sy kruisdood het Hy alles oorwin en aan my lewe\ngegee.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Moenie\nuitstel nie.&nbsp; Moenie onreg toelaat nie.&nbsp; Maak vandag werk daarvan om\njou lewe reg te skuif!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>1\nPt 5:8 -11<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, skenk aan my die wysheid en krag om nie\naltyd uit te stel nie. Leer my om U doel met my lewe raak te sien.&nbsp; Dankie\nvir U oneindige liefde. Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds\nPetrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei <\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing:\u00a0\u00a0 1 Sam 2:13-26\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v 23,24\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Dit bly een van die grootste uitdaging om \u0149 gesonde balans te handhaaf. Alhoewel omstandighede gewoonlik \u0149 pertinente rol speel is dit nie altyd ewe maklik om konsekwent op te tree nie.&nbsp; Dit is nie altyd \u0149 doelbewuste en vooraf beplande keuse waarmee ek die Here [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/978"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=978"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/978\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":979,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/978\/revisions\/979"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=978"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=978"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=978"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}