{"id":976,"date":"2020-06-30T07:22:32","date_gmt":"2020-06-30T05:22:32","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=976"},"modified":"2020-06-30T07:22:32","modified_gmt":"2020-06-30T05:22:32","slug":"dagstuk-30-junie-2020-skuif-op-vir-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=976","title":{"rendered":"Dagstuk  30 Junie 2020 \u2013 Skuif op vir die Here"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Gen 3:1-:24\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 9,10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>Navorsing dui daarop dat die gemiddelde mens\ndaagliks ongeveer 35&nbsp;000 besluite neem. Die meeste hiervan geskied\nonbewustelik. Dan is daar besluite met bepaalde gevolge.&nbsp; Wat sal ek\nvandag aantrek? Hoe laat gaan ek opstaan? Ma, wat eet ons vanaand? Is hierdie\nmy trou man? Elke besluit het \u0149 oorsaak. Elke besluit het \u0149 gevolg. Party keer\nwil ek my hare uit my kop trek. Ander kere is ek trots as my besluit gehelp het\ndat ek bevordering gekry het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>God het die mens geskape om binne \u0149 bepaalde\nverhouding te lewe.&nbsp; In Genesis 1 lees ons dat die mens vir God kosbaar is\nen dat Hy my oneindig liefhet.&nbsp; Hy laat Adam en Eva in die paradys lewe.\nDaar heers volkome harmonie. God gee aan die mens oorvloed.<\/p>\n\n\n\n<p>Kort daarna lees ons van die sondeval wat\nhierdie verhouding skaad.&nbsp; Ten spyte van God se duidelike opdrag om nie\nvan die boom van alle kennis&nbsp; (Gen 2:16) te eet nie, skuif die mens God\nuit hul lewe met \u0149 doelbewuste keuse wat hul uitoefen. Op slinkse wyse oorreed\ndie slang hulle om ongehoorsaam te wees. Die mens verskuif die grense wat God\nin sy wysheid vasgel\u00ea het. Die mens wil soos God word wat alles ken. <\/p>\n\n\n\n<p>Daar word baie vinnig verskonings aangebied toe\nGod vir Adam en Eva konfronteer..&nbsp; Getrou aan die mens se aard om onsself\nte verontskuldig of om ander vir die neem van swak besluite te blameer, is hul\nmet antwoorde gereed toe die Here na hul roep.&nbsp; Daarom plaas ek die skuld\nbaie maklik op iemand anders. Ons het oorgenoeg redes waarmee ons onsself uit\nelke oortreding loswikkel. Eers word die slang blameer. Dan beskuldig ons\nmekaar.&nbsp; My omstandighede regverdig mos my optrede. Dit was in&nbsp; \u0149\noomblik van swakheid dat ek geld verduister het of slegte tydsberekening toe ek\nbetrap is terwyl ek ontrou was.&nbsp; Met ons optrede, woorde, gebare en\ngedagtes skuif mense die Here weg.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Genadiglik ontvang ek \u0149 tweede kans.&nbsp; God\nlos die mens nie alleen nie.&nbsp; Hy roep na hulle. Al voel ek soms kaal en\nwil ek as gevolg van omstandighede gaan wegkruip, straf die Here die mens maar\ngee Hy weer uitkoms.&nbsp; Hy gee vir Adam en Eva velklere om hul naaktheid te\nbedek. Aan die kruis gee Christus sy lewe om ons sonde te bedek en ons\nverhouding met God te herstel. Met groot eerbied ges\u00ea lei die Heilige Gees ons\nom vir die Here op te skuif en aan Hom die eer te gee.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As die Here vir jou vra: \u201cWaar is jy?\u201d moet jy\ngereed wees om in gehoorsaamheid op te skuif!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Psalm 36<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat ek U roepstem kan hoor.&nbsp;\nBewaar my hart van elke bose plan.&nbsp; Stel my hande en voete in U\ndiens.&nbsp; Ek bely dat alles aan U behoort. Elke sekonde van my bestaan is\ndeur Christus se verlossingswerk aan my gegee.&nbsp; Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Gen 3:1-:24\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 9,10\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Navorsing dui daarop dat die gemiddelde mens daagliks ongeveer 35&nbsp;000 besluite neem. Die meeste hiervan geskied onbewustelik. Dan is daar besluite met bepaalde gevolge.&nbsp; Wat sal ek vandag aantrek? Hoe laat gaan ek opstaan? Ma, wat eet ons vanaand? Is hierdie my trou man? Elke besluit het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/976"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=976"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/976\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":977,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/976\/revisions\/977"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=976"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=976"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=976"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}