{"id":974,"date":"2020-06-29T07:41:13","date_gmt":"2020-06-29T05:41:13","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=974"},"modified":"2020-06-29T07:41:13","modified_gmt":"2020-06-29T05:41:13","slug":"dagstuk-29-junie-2020-skuif-op-vir-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=974","title":{"rendered":"Dagstuk 29 Junie 2020 \u2013 Skuif op vir die Here"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Gen 1:26-31\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v26,31\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>In die begin het God die hemel en die aarde\ngeskep. Aan die einde van elke dag beoordeel God die werk van sy hande en\nbevind dit goed. Op die sesde dag word die mens deur God geskape en toe Hy na\nalles kyk wat Hy gemaak het, was dit baie goed. Op noukeurige wyse word alles\nin harmonie geplaas en geskied alles volgens God se wil. Die mens kry \u0149\nprominente plek in hierdie skepping as verteenwoordiger van God. Terwyl die\naarde en alles aan die Here behoort kry die mens opdrag om vrugbaar te wees,\ndie aarde te bewoon en dit te bewerk. <\/p>\n\n\n\n<p>Deur opnuut na die Here se opdragte in Gen 1:\n26-28 te luister besef ek my posisie weer. Alles begin by God en alles is vir\nGod.&nbsp; Ek is baie kosbaar vir God. Ek leef in \u0149 besondere verhouding met\nHom. Ek ontvang sy bewaring en beskerming.&nbsp; Ek ontvang die mag om oor God\nse handewerk te heers. Ek is God se verteenwoordiger.&nbsp; Ek ontvang daarmee\n\u0149 sekere posisie.&nbsp; Ek ontvang die mag om soos \u0149 koning op te tree.&nbsp;\nGod ag die mens&nbsp; so hoog dat Hy sy skepping aan ons toevertrou.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In Ef 1:21 word verkondig dat God alles aan\nChristus onderwerp het en Hom bo alles verhef het.&nbsp; Dit beteken dat daar\nn\u00earens eens die geringste plekkie is waar ons sonder God is nie.&nbsp; Ons Here\nse heerskappy geld vir my hele lewe. Elke asemteug. Elke lewenstre\u00eb. Elke\nbesluit. Ja daar is nie \u0149 enkele vierkante sentimeter waar ek God buite\nrekening kan laat nie. Tog sien ons dat die mens God dikwels eenkant\nskuif.&nbsp; Ons maak God deel van my Sondagprogram en \u0149 paar geleenthede waar\nek Bybelstudie doen of bid.&nbsp; En vir die res van die tyd is God nie deel\nvan my besigheid, huwelik, opvoeding van my kinders of sosiale geleenthede\nnie.&nbsp; Ons probeer God beperk en selfs uitskuif sodat ek my lewe kan leef\nen bepaal. <\/p>\n\n\n\n<p>Sedert die sondeval skuif die mens God uit. Die\ngevolge hiervan is duidelik sigbaar.&nbsp; Ons leef asof die Here nie Here van\nalles is nie.&nbsp; Ek wil my lot bepaal en ek sal besluit hoe ek leef. Ons\nongehoorsaamheid is oral sigbaar.&nbsp; In huwelike waar daar geen respek meer\nis nie. By die huis waar kinders se opvoeding agterwe\u00eb bly. By die werk as daar\ngeen etiese waardes geld nie. <\/p>\n\n\n\n<p>In die Bybel is talle voorbeelde hiervan \u2013 Adam\nen Eva wat vir God lieg,&nbsp; die volk wat \u0149 goue kalf bou en Eli se seuns wat\ndie voorskrifte oor offers oortree is maar enkeles. Mag die Heilige Gees ons\nmet die volgende aantal dagstukkies lei om raak te sien waar ons besig is om\nGod nie te eer nie.&nbsp; God het jou as die kroon van sy skepping gemaak.\nOndersoek jou lewe en kyk waar jy moet opskuif!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 24 en Fil 2:5-11<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nleer my om U altyd te eer. Laat ek raaksien waar U regeer. Lei my deur U\nHeilige Gees om&nbsp; raak te sien waar ek moet skuif sodat u die eer ontvang.\nAmen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Gen 1:26-31\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v26,31\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Aan die einde van elke dag beoordeel God die werk van sy hande en bevind dit goed. Op die sesde dag word die mens deur God geskape en toe Hy na alles kyk wat Hy gemaak het, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/974"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=974"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/974\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":975,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/974\/revisions\/975"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=974"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=974"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=974"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}