{"id":972,"date":"2020-06-26T09:48:35","date_gmt":"2020-06-26T07:48:35","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=972"},"modified":"2020-06-26T09:48:35","modified_gmt":"2020-06-26T07:48:35","slug":"dagstuk-vrydag-26-junie-2020-die-geweldige-vernedering-en-magtige-verhoging-van-die-dienskneg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=972","title":{"rendered":"Dagstuk Vrydag 26 Junie 2020 – Die geweldige vernedering en magtige verhoging van die Dienskneg!"},"content":{"rendered":"
Jesaja 52:13-53:12
Teks wat tref: Jesaja 53:12.
Hierdie gedeelte gaan oor die vernedering en verhoging van die Kneg van die Here.
Hierdie is vir ons \u0149 wonderlike samevatting van die Evangelie!  Hoeveel van hierdie gedeelte kom nie na vore oor wat ons van Jesus Christus bely in die Twaalf Artikels nie?<\/p>\n\n\n\n
Luister opnuut na die verskriklike lyding wat Jesus Christus moes deurmaak- die lyding wat vir ons die bevryding bring.
\n\u201c Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het,
\niemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Tog het hy \u00f3ns lyding op hom geneem, \u00f3ns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor \u00f3ns oortredings is hy deurboor,
\noor \u00f3ns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,
\ndeur s\u00fd wonde het daar vir ons genesing gekom.<\/p>\n\n\n\n
Christus moes dit alles deurmaak om aan ons die lewe te gee.  Maar na die vernedering volg die verheerliking!
\nN\u00e1 sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken.
\nMy dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.
\nDaarom gee Ek hom ‘n ereplek onder die grotes. Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier
\nomdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is,
\nomdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Hoe raak hierdie gedeelte jou?  As ons hierdie lees, dan kan ons nie meer soos skape ronddwaal nie, maar besef wonderbaarlik die genade dat ons sonde op Jesus neergekom het.  Dit is betaal!
\nLees dit soos die Etiopi\u00ebr wat in Handelinge 8 (32-39) hierdie gedeelte gelees het en Filippus vir hom die gedeelte verklaar het en hy gedoop is.
\nVerstaan dat die vernedering in jou plek was. Verstaan verder dat ook die verhoging in jou plek is.
\nOns is aan Jesus verbind! Waar Hy is, sal ons wees! Sit jou reis met blydskap voort<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nHandelinge 8:26-40 en Hebre\u00ebrs 2. <\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nDankie Here dat U die verskriklike lyding wat ons toekom, op U Seun Jesus Christus geneem het en ons laat deel in U heerlikheid.  Aan U behoort die mag en majesteit en heerlikheid van alle ewigheid af tot in alle ewigheid.  Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Jesaja 52:13-53:12 Teks wat tref: Jesaja 53:12. Hierdie gedeelte gaan oor die vernedering en verhoging van die Kneg van die Here. Hierdie is vir ons \u0149 wonderlike samevatting van die Evangelie! Hoeveel van hierdie gedeelte kom nie na vore oor wat ons van Jesus Christus bely in die Twaalf Artikels nie? Luister opnuut na die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/972"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=972"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/972\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":973,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/972\/revisions\/973"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=972"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=972"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=972"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}