{"id":968,"date":"2020-06-25T08:20:48","date_gmt":"2020-06-25T06:20:48","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=968"},"modified":"2020-06-25T08:20:48","modified_gmt":"2020-06-25T06:20:48","slug":"dagstuk-donderdag-25-junie-2020-die-goeie-die-vrede-die-redding-dit-is-hier-jerusalem-wees-bly","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=968","title":{"rendered":"Dagstuk Donderdag 25 Junie 2020  -Die goeie, die vrede, die redding \u2013 dit is hier, Jerusalem! Wees bly!"},"content":{"rendered":"
Jesaja 52:1-11
Teks wat tref: Jesaja 52:7.
Hoe wonderlik klink op die berge
die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring,
wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring,
wat redding aankondig,
wat vir Sion s\u00ea: \u201cJou God is Koning!\u201d<\/p>\n\n\n\n
Die Bybel is \u2019n boek met goeie nuus \u2013  dit is wat die woord evangelie beteken: \u0149 blye boodskap!\u201d
\n Hierdie tweede gedeelte van die boek Jesja bring dan die wonderlike troos boodskap. Die goeie nuus van die Here Jesus Christus, van wie Hy is  en van wat Hy gedoen het  en wat dit alles vir ons beteken. <\/p>\n\n\n\n
Die goeie nuus wat vir die Here se volk in Jesaja 52 gebring is, is dat hulle uit die Babiloniese ballingskap bevry gaan word.  Hulle kan terugkeer want hulle verhouding met die Here is herstel.  Die Here het in die verlede met groot mag opgetree en Hy gaan dit weer doen.  Hierdie is ook \u2019n voorspel van die groot blye boodskap wat vir die hele w\u00eareld bedoel is: dat Jesus Christus mense uit die ballingskap van sonde en dood bevry.
\nHoe wonderlik is hierdie boodskap nie vir ons nie! \u0149 Boodskap van vrede, goeie tyding en redding! Beleef ons nog hierdie boodskap as die goeie nuus?  Is dit vir ons die enigste troos in lewe en in sterwe?
\nDit is vir ons \u2019n boodskap van vrede wat ons verseker dat die Here nie meer vir kwaad is vir ons nie, dat die verhouding tussen Hom en ons herstel is.  \u0149 Boodskap van verlossing\/redding want ons is waarlik verlos en vrygemaak van die ellende van die Here se toorn en straf wat ons sondes oor ons gebring.<\/p>\n\n\n\n
Hoor weer opnuut die boodskap: \u201c Die goeie, die vrede, die redding \u2013 dis hier, Jerusalem! Wees bly!\u201d <\/p>\n\n\n\n
Wees bly omdat die verlossing van Christus nie maar net sommer gebeur het nie- Christus het met sy lewe daarvoor betaal!  Wees bly want dit is nie maar net sommer so dat jy die boodskap hoor nie – die Here het jou spesiaal uitverkies en jou na Hom gebring deur die kragtige werking van die Heilige Gees.
\nWees bly in elke aspek van jou lewe want die boodskap van vrede is vir jou gegee!  Leef dit veral ook uit hoe ons hierdie boodskap aan ander bring: \u201cJou God is Koning!\u201d.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nGalasi\u00ebrs 1:1-10 en Romeine 10.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere ons God en Koning!  Ons kan U nooit genoeg dank vir die wonderlike blye boodskap dat ons sondes vergewe is nie.  Lei ons deur U gees om elke dag hierdie boodskap uit te leef en te verkondig. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Jesaja 52:1-11 Teks wat tref: Jesaja 52:7. Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion s\u00ea: \u201cJou God is Koning!\u201d Die Bybel is \u2019n boek met goeie nuus \u2013 dit is wat die woord […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/968"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=968"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/968\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":969,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/968\/revisions\/969"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=968"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=968"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=968"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}