{"id":966,"date":"2020-06-24T08:37:30","date_gmt":"2020-06-24T06:37:30","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=966"},"modified":"2020-06-24T08:37:30","modified_gmt":"2020-06-24T06:37:30","slug":"dagstuk-woensdag-24-junie-2020-moenie-moedeloos-raak-nie-maar-sien-die-ewige-redding-wat-die-here-bring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=966","title":{"rendered":"Dagstuk Woensdag 24 Junie 2020 – Moenie moedeloos raak nie, maar sien die ewige redding wat die Here bring."},"content":{"rendered":"
Jesaja 51
Teks wat tref: Jesaja 51:7-8<\/p>\n\n\n\n
Hoeveel mense is daar om ons wat werklik in die Here glo?  Hoeveel glo werklik dat die Here die skepper is van die hemel en aarde?  Hoeveel leef volgens die gebooie van die Here en doen wat reg is?  Voel dit asof jy deel is van die minderheid vandag?
\nMoet dan nie moedeloos word nie. \u201cLuister julle wat doen wat reg is, volk in wie se hart my wet is, moenie bang wees vir die spot van mense nie; moenie skrik as hulle jou beledig nie\u201d. Meer en meer loop ons deur onder die gespot van mense.  As jy vir die 3de keer gaan vir jou bestuurlisensie, dan vra ander maar hoekom koop jy nie net dit nie.  Hoekom wag julle nog om te trou, bly net saam. So kan die lys van spot nog baie langer wees- maar moenie skrik nie!
\nHulle vergaan soos klere wat deur motte opge\u00ebet word.  Hoeveel van die persone wat jou gespot het oor jou geloof is nog in jou lewe?  <\/p>\n\n\n\n
Maar die verlossing en die redding wat die Here bring is vir altyd.  Nie net is ons redding vas en seker nie, dit is ook van geslag tot geslag.  So het die gehoorsaamheid wat jy vandag beoefen in jou geloof, \u0149 uitwerking op die pad vorentoe.  Die huwelik wat jy nou aan werk, help nie net jou en jou lewensmaat nie, maar ook jou kinders en hulle kinders.
\nDeur die genade van die Here en die kragtige werking van die Heilige Gees kan ons nou soekers wees na die wil van die Here en geregtigheid najaag (vers 1).  Alles net omdat daar vir ons \u0149 ewige redding en verlossing is deur Jesus Christus.
\nDie Here bring \u0149 ewige redding, wat daar is ver elke geslag.  Aan wie gaan ons dan gehoorsaam wees?  Die mense en w\u00eareldstrome wat daar nou in jou lewe is en rondom jou is wat maklik vergaan?  Of die Here wat vir altyd dieselfde is?<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nHandelinge 4:1-21 en Titus 3:1-11.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere, U wat die Almagtige is.  Dankie dat U vir ons \u0149 ewige redding gee!  Lei ons om nie moedeloos te word as ons op die w\u00eareld fokus, maar opnuut altyd op U alleen fokus.  Dankie dat ons vir ewig kan weet dat U regeer! Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Jesaja 51 Teks wat tref: Jesaja 51:7-8 Hoeveel mense is daar om ons wat werklik in die Here glo? Hoeveel glo werklik dat die Here die skepper is van die hemel en aarde? Hoeveel leef volgens die gebooie van die Here en doen wat reg is? Voel dit asof jy deel is van die minderheid […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/966"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=966"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/966\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":967,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/966\/revisions\/967"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=966"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=966"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=966"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}