{"id":961,"date":"2020-06-22T08:40:25","date_gmt":"2020-06-22T06:40:25","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=961"},"modified":"2020-06-22T08:40:25","modified_gmt":"2020-06-22T06:40:25","slug":"dagstuk-maandag-22-junie-2020-ek-het-jou-naam-in-my-handpalms-gegraveer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=961","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 22 Junie 2020 &#8211; Ek het jou naam in My handpalms gegraveer."},"content":{"rendered":"<p><strong>Jesaja 49<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Teks wat tref: Jesaja\n49:15-16.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Hoofstuk 49\nbegin met die \u201cdienaar\u201d van die Here wat aan die woord is.&nbsp; Hy vertel alles wat die Here belowe het en\ndeur hom gaan verrig.&nbsp; Wat veral hier\nuitstaan is dat die Here jou roep nog voor jou geboorte, nog voordat jy gevorm\nis in die moederskoot.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\nuitspraak oor die dienaar van die Here gaan nie net oor Juda wat die Here gaan\ngebruik om \u0149 lig vir die nasies te wees nie- dit wys direk na die Messias-\nJesus Christus.&nbsp; Die woorde het\nregstreeks op Hom betrekking en vind in Hom vervulling. Hy wat vir ons die\nperfekte voorbeeld is van die Dienaar\/Kneg van die Here. Jesus Christus se\nroeping en taak is bevestig toe Hy nog in die moederskoot van Maria was, nog\nvoor sy geboorte is dit aangekondig. <\/p>\n\n\n\n<p>Vanaf vers 2\nkry ons dan die roeping en taak wat Christus kom vervul het- \u201cHy het my mond\nsoos &#8216;n skerp swaard gemaak&#8230; Hy het vir my ges\u00ea: Jy is my dienaar, jy is\nIsrael, deur jou maak Ek my mag bekend.\u201d So het God deur Christus sy mag bekend\ngemaak, almal opgeroep om Hom te verheerlik.&nbsp;\nDaarom gaan konings en leiers voor Hom buig.&nbsp; Reeds nou vind dit al plaas, maar met\nChristus se wederkoms gaan almal voor God buig.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Israel het\nhierdie opdrag gehad om as lig vir die nasies te lewe!&nbsp; Hulle moes heilig lewe en getuig van God se\ngroot mag, maar baie kere het hul dit nie gedoen nie.&nbsp; Jesus Christus is dan nou Israel- die lig vir\nal die nasies.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierin vind\nons dan die besonderse troos in Jesaja 49.&nbsp;\nChristus het aan die kruis uitgeroep<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;\u201cDie Here het my verlaat\u201d sodat ons nooit\nverlaat sal word nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die fokus\nverse gee vir ons drie keer hierdie versekering: \u201cKan &#8216;n vrou haar eie baba\nvergeet,<\/p>\n\n\n\n<p>haar nie\nontferm oor die kind wat sy in die w\u00eareld gebring het nie?<\/p>\n\n\n\n<p>Selfs al sou\nso iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms\ngegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p>Selfs al sal\n\u0149 moeder haar kind vergeet- die Here is getrou en sal jou nooit vergeet nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here het\nons in sy handpalms gegraveer! In alles wat Hy doen, dink Hy aan ons!<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Dors vir meer:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Haggai 2 en Psalm 48.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gebed<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U, U Seun Jesus Christus gestuur het as U\ndienskneg sodat ons nooit deur \u0149 verlaat word nie. Dankie dat ons hierdie week\nkan ingaan met hierdie troos en U kan verheerlik en U naam groot maak. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie Potgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072 272 9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jesaja 49 Teks wat tref: Jesaja 49:15-16. Hoofstuk 49 begin met die \u201cdienaar\u201d van die Here wat aan die woord is.&nbsp; Hy vertel alles wat die Here belowe het en deur hom gaan verrig.&nbsp; Wat veral hier uitstaan is dat die Here jou roep nog voor jou geboorte, nog voordat jy gevorm is in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/961"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=961"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/961\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":962,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/961\/revisions\/962"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=961"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=961"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=961"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}