{"id":953,"date":"2020-06-17T07:39:07","date_gmt":"2020-06-17T05:39:07","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=953"},"modified":"2020-06-17T07:39:07","modified_gmt":"2020-06-17T05:39:07","slug":"dagstuk-17-junie-2020-net-om-u-wil-te-doen-geloofsekerheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=953","title":{"rendered":"Dagstuk 17 Junie 2020 \u2013 Net om U wil te doen \u2013 Geloofsekerheid"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing:\u00a0\u00a0 Rm 8:18-38\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v 37\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>Nadat\nPaulus in die eerste ses hoofstukke van die Brief aan die Romeine uitgewys het\ndat die mens deur Christus van die sonde verlos is, word al die aandag nou\nverder aan die mens se herstelde posisie gegee. Ons lewe deur die Heilige Gees.\nHierdie nuwe verhouding laat my die wil van God doen, want niks kan my van die\nliefde vir God skei nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek\nkan geloofsekerheid ervaar al leef ek in \u0149 w\u00eareld wat daagliks verander.&nbsp;\nJuis omdat ek seker is van \u0149 aantal dinge in my lewe ervaar ek vreugde en\nblydskap.&nbsp; Dit sluit my gesondheid, ondersteuning van medegelowiges en\nmateri\u00eble besittings in. Hierby word die belofte van \u0149 ewige lewe\nbeklemtoon.&nbsp; Die verloop van die w\u00eareldgeskiedenis en my daaglikse\nwelstand is in God se hand.&nbsp; Niks kan ooit God se Plan omverwerp of\nverander nie. <\/p>\n\n\n\n<p>God\nse onmeetbare liefde en sy reddende genade in Christus is die basis vir my\ngeloofsekerheid.&nbsp; Niks is deur my toedoen nie. My geloofsekerheid is nie\nvan my afhanklik nie, want God gee dit aan ons.&nbsp;&nbsp; Hy het ons as sy\nkinders aangeneem en in hierdie verhouding is ons van verganklikheid\nbevry.&nbsp; Alles op die aarde is kortstondig en kom tot \u0149 einde.&nbsp; Alles\nop die aarde kan binne \u0149 oogwink radikaal verander.&nbsp; Niemand sou kon dink\ndat Covid ons ganse bestaan sal oorheers en verander nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die\ngronde van my geloofsekerheid is my kindskap.&nbsp; Alles begin en eindig by\nGod.&nbsp; Die Here se liefde vir my is \u0149 rots in stormwaters, dit is sterker\nas die dood, dit kan nie beperk word nie en geen mates kan dit begrens nie.\nDaarom kom Paulus in vers 31 tot die gevolgtrekking dat niks en niemand teen\nons kan wees as God vir ons is nie.&nbsp; By alles wat Christus ons skenk het\nHy ook die dood oorwin.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nmag baie dae voel dat ons soos slagskape behandel word. Al die eise en gevolge\nvan Covid 19 kan ons maklik moed laat verloor.&nbsp; By die swaarkry en\nwerksverlies is daar die sosiale en maatskaplike gevolge van die inperking wat\nho\u00eb eise stel.&nbsp; Vereensaming, gesinsgeweld, die begeerte om vrylik te kan\nbeweeg en om met my medemens te sosialiseer is net so intens as die siekte wat\ndie virus bring. <\/p>\n\n\n\n<p>Tog\nkan ons geloofsekerheid h\u00ea om staande te kan bly.&nbsp; Ons deel in die\nsekerheid van vers 37: \u201cMaar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars\ndeur Hom wat ons liefhet.\u201d Niks kan ons van daardie liefde skei nie!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps\n139<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat ek U kind mag wees en\nweet&nbsp; dat U my oneindig liefhet.&nbsp; Dankie dat ons te midde van talle\nstruikelblokke meer as oorwinnaars is.&nbsp; Leer my deur U Gees om net U wil\nte doen. Lei my om in vreugde te leef. Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds\nPetrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing:\u00a0\u00a0 Rm 8:18-38\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref:\u00a0 v 37\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Nadat Paulus in die eerste ses hoofstukke van die Brief aan die Romeine uitgewys het dat die mens deur Christus van die sonde verlos is, word al die aandag nou verder aan die mens se herstelde posisie gegee. Ons lewe deur die Heilige Gees. Hierdie nuwe verhouding [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/953"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=953"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/953\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":954,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/953\/revisions\/954"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=953"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=953"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=953"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}