{"id":951,"date":"2020-06-16T08:14:50","date_gmt":"2020-06-16T06:14:50","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=951"},"modified":"2020-06-16T08:14:50","modified_gmt":"2020-06-16T06:14:50","slug":"dagstuk-16-junie-2020-net-om-u-wil-te-doen-gehoorsaamheid-beloon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=951","title":{"rendered":"Dagstuk 16 Junie 2020 \u2013 Net om U wil te doen \u2013 Gehoorsaamheid beloon"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Romeine 6:15-23\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>Die Brief aan die Romeine word nog meer\nbetekenisvol wanneer ek sien hoedat die Heilige Gees vir Paulus lei om\nargumente te stel.&nbsp; Hy skryf hierdie brief aan die Romeine waar die\nregstelsel gesetel was.&nbsp; Hy gebruik heelwat regsterme. Hier stel hy\ntelkens twee sake teenoor mekaar en lei die eerste hoorders en lesers daarna om\nkeuses te maak.&nbsp; Met hierdie tegniek waar hy vergelykings en\nteenoorgesteldes gebruik word ons ook gekonfronteer om standpunt in te neem. <\/p>\n\n\n\n<p>In die eerste gedeelte van Romeine 6\nword ons opgeroep om nie die begeertes van ons sterflike aardse bestaan te\ngehoorsaam nie.&nbsp; Daarteenoor volg daar vanaf vers 15 \u2018n beloning vir\nelkeen wat aan God gehoorsaam is: <strong>vryspraak en lewe<\/strong>.&nbsp; Paulus se\nwoordkeuse beklemtoon die skerp verskil. Aan die een kant is jy slaaf en dood\nen aan die anderkant vrygespreek en lewend.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In hierdie nuwe verhouding waarin\nChristus jou geplaas het, verwag Hy van jou gehoorsaamheid aan sy wil.&nbsp; As\ndienskneg (slaaf) van die Here stel jy nou alles in diens van God.&nbsp; Ons is\nslawe van God wat sy wil doen.&nbsp; Van \u2018n slaaf word absolute gehoorsaamheid\nen toewyding aan die eienaar verwag.&nbsp; Dit is meer as net \u2018n voorneme maar\nverg konkrete dade.&nbsp; Elke deel van jou liggaam word ingespan om heilig te\nlewe. <\/p>\n\n\n\n<p>Die digter van Psalm 123 gee \u2018n\ntreffende beskrywing van gehoorsaamheid:&nbsp; \u201c Soos die o\u00eb van \u2018n slaaf gerig\nis op die hand van sy eienaar, so is ons o\u00eb gerig op die Here ons God.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Met hierdie beeld word ons vermaan en\nopgeroep om noukeurig op ons optrede te let.&nbsp; Waar jou o\u00eb, hande en voete\nop die pad van onreinheid en wetteloosheid gefokus was, stel jy nou alles in\ndiens van God.&nbsp; Dit is \u0149 radikale en doelbewuste verandering.&nbsp; As ek\nmy gedagtes&nbsp; vir \u0149 oomblik na \u0149 volgepakte hofsaal verskuif kan ek in my\ngeestesoog sien hoedat Paulus op \u2018n lewe vir of \u0149 lewe teen God pleit. <\/p>\n\n\n\n<p>Vroe\u00ebr het ons optrede tot niks gelei\nnie.&nbsp; Ons is eerder skaam oor \u2018n leefwyse wat niks opgelewer het\nnie.&nbsp; Maar vir elke gehoorsame kind van die Here is daar vrug: \u2018n heilige\nlewe en die ewige lewe.&nbsp; Gehoorsaamheid is die intiemste belewenis van my\ngeloof.&nbsp; As gehoorsame kind is ek onmiddellik in die ruimte waar die Here\nsy liefde en genade betoon.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As ek myself vandag in die hofsaal\nbevind waar die Regter \u0149 uitspraak lewer, het Christus dit moontlik gemaak dat\nek kan pleit &#8230;&#8230;.. \u201cnet om U wil te doen Here\u201d. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 25<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nmaak my aan U gehoorsaam.&nbsp; Dankie dat U my vrygespreek het.&nbsp; Dankie\ndat ek U genade kan beleef.&nbsp; Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Romeine 6:15-23\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v16\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Die Brief aan die Romeine word nog meer betekenisvol wanneer ek sien hoedat die Heilige Gees vir Paulus lei om argumente te stel.&nbsp; Hy skryf hierdie brief aan die Romeine waar die regstelsel gesetel was.&nbsp; Hy gebruik heelwat regsterme. Hier stel hy telkens twee sake teenoor mekaar en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/951"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=951"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/951\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":952,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/951\/revisions\/952"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=951"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=951"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=951"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}