{"id":946,"date":"2020-06-12T09:29:20","date_gmt":"2020-06-12T07:29:20","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=946"},"modified":"2020-06-12T09:29:20","modified_gmt":"2020-06-12T07:29:20","slug":"dagstuk-vrydag-12-junie-2020-die-here-alleen-is-god-daar-is-geeneen-buiten-god-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=946","title":{"rendered":"Dagstuk Vrydag 12 Junie 2020 – Die Here alleen is God, daar is geeneen buiten God nie."},"content":{"rendered":"
Teks wat tref: Jesaja 44:8.
\nMoenie skrik nie, moenie bang wees nie!\nHet Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, dit vir julle ges\u00ea nie?\nJulle is my getuies: is daar ‘n God buiten My?<\/em>
\nDaar is geen ander Rots nie; Ek weet van geeneen nie.<\/p>\n\n\n\n
Weereens die oproep- moenie bang wees nie.  Hoe baie hoor ons dit nie deur die Bybel nie?  Hoe maklik raak ons nie bang en bekommerd nie.  Weereens wil die Here vir jou hierdie boodskap gee- Moenie bang wees nie, want buiten God, is daar geeneen nie.  Letterlik s\u00ea die Here daar is geen Rots buiten Hy nie.  Die beeld van \u0149 Rots word deur die Bybel gebruik om aan te dui dat die Here vir ons  die standvastigheid is, ons beskerming en skuilplek.  Niks kan hierde Rots omkeer nie.<\/p>\n\n\n\n
Die groot struikelblok van die volk Israel was nog altyd, dat hul nie hul vertroue op die Here plaas nie.  Dit is ook die hoofoorsaak van die Babiloniese ballingskap.  Die ballingskap bring \u0149 keerpunt in die volk se godsdienstige lewe- hulle draai weg van die afgode en keer terug na God (al is dit net die minderheid van die volk wat terugkeer).
\nWanneer die Here in Jesaja 44 van die afgode praat, vertel Hy vir sy volk hoe belaglik dit is as mense vir hulleself gode maak. In hierdie spotprent wat die Here teken, wys die Here hoe dom dit van \u0149 mens is om te dink dat daar iets soos gode is. Dit is net \u0149 stuk hout wat tot die afbeelding van \u0149 mens afgewerk is. Die ander stukke van daardie selfde stuk hout waaruit die beeld gemaak is, het die mens in elk geval gebruik om homself warm te maak en sy kos op gaar te maak. Wat maak daardie stuk wat tot \u0149 afbeelding afgewerk is nou so besonders teenoor die hout wat verbrand is? Niks behalwe die mens se verbeelding nie.<\/p>\n\n\n\n
Nie net Israel moet hieroor nadink nie, maar ons ook. Getuig ons lewe nog daarvan dat ons net een God dien \u2013 die ware drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees? Of dien ons geld (wat waarde verloof), besittings (wat verweer), mense (wat teleurstel)? Dink aan die God wat met jou begin het. Hy is die enigste ware God! By Hom is daar almag en liefde.  Hy is die Rots wat standvastigheid gee en die w\u00eareld regeer!
\nWaar stel jy jou vertroue?  Waar bel\u00ea jy jou lewe?  Vertrou ons alleen op die Here wat deur Christus vir ons die verlossing gee?  En vir alles in hierdie lewe stel jy jou vertroue in Hom alleen. Hy is die enigste God wat beloftes kan maak \u2013 soos om jou met alles te versorg wat jy nodig het, die kwaad van jou afweer of tot jou beswil beskik \u2013 en elkeen van daardie beloftes ook vir jou bewaarheid. Mag die Heilige jou lei om indringend ondersoek te doen in jou lewe- trek ek al my vertroue van God, of stel ek dit 50% op God en soek die ander 50% by ander beelde wat ek self maak?<\/p>\n\n\n\n
Hierdie gedeelte herinner ons opnuut, die Here is alleen die enigste lewende God en Rots.  Buiten Hom is daar geen ander gode nie. Hy weet nie van so een nie, s\u00ea Hy en Hy is alwetend.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nDeuteronomium 32 en Heidelbergse Kategismus Sondag 34
\nGebed
\nHere, U alleen is die enigste en ewige.  Dankie dat U vir ons die Rots is!  Dankie dat ons in alles en met alles alleen op U kan vertrou.  Mag ons altyd na U luister en na U kom, veral wanneer ons bang is. Amen.
\nDs Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.
\nDors vir meer:
\nHebre\u00ebrs 6:13-20  en Filippense 3.
\nGebed
\nHere ons Here, dankie dat U getrou is.  Ons groot troos l\u00ea nie in ons optrede en getrouheid nie, maar in wie U is.  Lei ons deur U Gees dat ons lewenswandel in ooreenstemming is met die evangelie van Jesus Christus. Amen.
\nDs Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Teks wat tref: Jesaja 44:8. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie! Het Ek dit nie van lankal af aan julle verkondig, dit vir julle ges\u00ea nie? Julle is my getuies: is daar ‘n God buiten My? Daar is geen ander Rots nie; Ek weet van geeneen nie. Weereens die oproep- moenie bang wees nie. […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/946"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=946"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/946\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":947,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/946\/revisions\/947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=946"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=946"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=946"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}