{"id":941,"date":"2020-06-11T09:38:48","date_gmt":"2020-06-11T07:38:48","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=941"},"modified":"2020-06-11T09:38:48","modified_gmt":"2020-06-11T07:38:48","slug":"dagstuk-donderdag-11-junie-2020-die-here-is-getrou-aan-homself-en-laat-iets-nuuts-gebeur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=941","title":{"rendered":"Dagstuk Donderdag 11 Junie 2020 &#8211; Die Here is getrou aan Homself en laat iets nuuts gebeur!"},"content":{"rendered":"<p><strong>Jesaja 43:14-28<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Teks wat tref: Jesaja\n43:25.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Die goeie ou dae!&nbsp; Hoe\nbaie het jy dit nie al gehoor nie.&nbsp; As\ndinge maar net was soos in die goeie ou dae.&nbsp;\nDie probleem as jy aan die verlede vashou kan jy nie die goeie sien wat\nnou gebeur nie, kan jy nie hoopvol die toekoms ingaan nie.&nbsp; Verder vergeet jy ook die verkeerdhede van\ndie ou dae.&nbsp; Dit is wat die volk in\nballingskap ook aan vasgehou het.&nbsp; Waar\nis die goeie ou dae?&nbsp; Hoekom laat die\nHere ons in hierdie situasie beland?&nbsp; Hou\ndie Here dan nie sy beloftes nie?&nbsp; Hoe\nkan die Here dit met sy volk doen, ons het mos offers gebring by die tempel?<\/p>\n\n\n\n<p>Weereens antwoord die Here en daag die volk uit om hul\nonskuld te bewys.&nbsp; Hulle is so skuldig\nsoos kan kom.&nbsp; Hulle gryp na paar goed\nwat hul wil voorsit wat hul reg gedoen het, maar hulle doen geen moeite om die\nHere te dien nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Is jou verhouding met die Here net \u0149 passiewe verbygaan van\nelke dag of doen jy moeite om die Here te dien? Ons kla so maklik oor wat die\nHere nie doen nie, maar wat doen ons?&nbsp;\nKan \u0149 man in die hof staan vir aanranding op sy vrou maar getuig dit is\nnie so erg nie, want ek deel my salaris met haar?&nbsp; Dit is hoe belaglik ons baie kere wil\nredeneer oor die \u201cbydrae\u201d wat ons lewer vir die Here.<\/p>\n\n\n\n<p>En tog is dit die Here wat jou opstandigheid vergewe, want\nHy is getrou aan Homself!&nbsp; Ek dink nie\nmeer aan jou sondes nie s\u00ea die Here (vers 25).&nbsp;\nIs dit nie wonderlik nie!&nbsp; Die\nHere bly getrou, dis Hy alleen wat die vergewing van sondes bewerk.&nbsp; Hierdie nuwe begin is meer radikaal as die\neksodus.&nbsp; Hierdie nuwe begin berus\nheeltemal in God se trou teenoor die agtergrond van Israel se ontrou.<\/p>\n\n\n\n<p>God se selfopofferende liefde maak hulle vry van die vroe\u00ebre\ndinge, die Here bewerk die vergiffenis sonde.&nbsp;\nMet ander woorde, die negatiewe effek van die sonde in die verlede het\ngeen effek meer op die toekoms nie.&nbsp; Die\nis voorwaar volkome sonde vergiffenis.&nbsp;\nDaarom kan hulle God vertrou vir die toekoms. <\/p>\n\n\n\n<p>God regverdig die goddeloses. Grawe daarom nie terug in die\nverlede om jouself te regverdig nie. Ons kyk na die verlede en neem afskeid\ndaarvan, soos die Here daarvan afskeid neem en dit nie meer in berekening bring\nnie (2 Kor 5:17-19). Hy gee immers \u2019n nuwe begin deur Christus wat alle ander\nnuwe beginne oortref. Hy is ook vandag nog besig om oor en oor te begin met sy\nkinders.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here het alles self betaal. Hy het die vloek van die\nsonde gedra wat ons moes dra. Sal ons o\u00eb dan nie oopgaan vir die goedheid van\nGod nie! Sal ons lewensrigting dan nie oopgaan na God se toekoms met ons nie?\nOns is geroep om God te eer, maar kan dit net doen as ons die grootheid van sy\nwonderdade verstaan. <\/p>\n\n\n\n<p>Dit het ons opnuut weer gesien by ons Vroegoggendvolgelinge\nBybelstudie vanuit die Hebre\u00ebrbrief.&nbsp;\nChristene is nie mense is wat &#8220;die goeie ou dae&#8221; kan\nverheerlik nie. Deur die koms van Christus het iets beters (nuuts!) aangebreek.\nOns het \u2019n beter hoop, beter vaderland, beter verbond waaraan ons deel het.\nJuis daarom is die Christelike lewe \u2019n lewe wat op pad is. \u0149 Lewe waar ons met\nhoop die toekoms instap omdat die Here saam met ons is!<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Dors vir meer:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Hebre\u00ebrs 6:13-20 &nbsp;en Filippense\n3.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Gebed<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Here ons Here, dankie dat U getrou is.&nbsp; Ons groot troos l\u00ea nie in ons optrede en\ngetrouheid nie, maar in wie U is.&nbsp; Lei\nons deur U Gees dat ons lewenswandel in ooreenstemming is met die evangelie van\nJesus Christus. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie Potgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072 272 9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jesaja 43:14-28 Teks wat tref: Jesaja 43:25. Die goeie ou dae!&nbsp; Hoe baie het jy dit nie al gehoor nie.&nbsp; As dinge maar net was soos in die goeie ou dae.&nbsp; Die probleem as jy aan die verlede vashou kan jy nie die goeie sien wat nou gebeur nie, kan jy nie hoopvol die toekoms [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/941"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=941"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/941\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":942,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/941\/revisions\/942"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=941"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=941"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=941"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}