{"id":927,"date":"2020-06-05T07:32:17","date_gmt":"2020-06-05T05:32:17","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=927"},"modified":"2020-06-05T07:32:17","modified_gmt":"2020-06-05T05:32:17","slug":"dagstuk-05-junie-2020-die-here-betoon-sy-genade-en-oordeel-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=927","title":{"rendered":"Dagstuk 05 Junie 2020 \u2013  Die Here betoon sy genade en oordeel (2)"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 8:1-14\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v7,11<\/p>\n\n\n\n<p>Na\ndie drie gesigte (visioene) wat Amos gesien het, is daar gou reaksie en koning\nJerobeam verbied hom om die Here se boodskap verder te verkondig.&nbsp; Nadat\nhy sy roeping beklemtoon dat hy net kan en mag verkondig wat die Here vir hom\ns\u00ea, laat die Here hom \u0149 vierde gesig sien.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Weer\ngebruik die Here \u0149 beeld uit die landbou wat Amos beslis goed sal\nverstaan.&nbsp; \u0149 Mandjie ryp vrugte. Die woordespel met hierdie beeld is\ntreffend. Ryp vrugte beteken hier dat die tyd ryp is. Ons sou dit ook kon\nvertaal met die woorde \u2013 dit het nou tyd geword.&nbsp; Iets onafwendbaar sal\nnou gebeur.&nbsp; En die uitkoms daarvan is onveranderlik.&nbsp; \u2018n Ryp vrug\nmoet gepluk en ge\u00ebet word.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Amos\nskets \u0149 somber toneel. Die prag van die paleis verdwyn, die vreugdegesange word\nmet treurliedere vervang en die lyke l\u00ea oral neergegooi. Sonde en\nongeregtigheid is vir die Here so geweldig dat dit met die dood&nbsp; gestraf\nword. Die volk word vernietig. Alles gebeur soos Amos dit verkondig het.&nbsp;\nDie effek hiervan word oral ervaar.&nbsp; Ekonomiese bedrywighede word met meer\nonreg en korrupsie voortgesit. Die skyn van godsdienstige bedrywighede word\ndeur die Here uitgewys en dit lei daartoe dat dit vir hulle \u0149 bitter dag sal\nwees.&nbsp; Die sonsverduistering en aardbewing dui op God se oordeel.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nis die lewe sonder God waarteen ons gewaarsku word.&nbsp; Dit is wanneer daar \u0149\nhonger en dors ontstaan om die&nbsp; woorde van God wat lewe gee, te hoor. In\nhoofstuk 9 word die laaste oordeel van God voltrek wanneer hy sy volk by die\naltaar ontmoet.&nbsp; As Amos God daar sien, weet hy dit is finaal verby.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Net\nso beleef ons soms die grootste ellende en donkerste dieptes. En ons kan\ninderdaad nooit self daarvan ontsnap nie.&nbsp; Net so vas as wat die Here met\n\u0149 eed besluit het om die volk vir hulle oortredinge te straf (hfst 8:7) kondig\nHy in Amos 9: 11 aan dat Hy hulle lot sal verander.&nbsp; Alles word weer\nherstel en die Here se volk is die oorwinnaar.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Mag\nons ook ons dae so gebruik om behoorlik ondersoek te doen en daarna te streef\nom met elke woord uit die mond van ons Here gevoed te word.&nbsp; Ons mag\nhoopvol bly, want Jesus Christus het verseker dat ons nooit weer uitgeruk sal\nword nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p><a>Dors vir meer:<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Mt 4:1-11<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, laat my honger en dors na U woorde sodat ek my\nlewe op koers kan bring.&nbsp; Dankie dat u die ongeregtighede uitwys en uitwis.&nbsp;&nbsp;\nDankie dat ek hoopvol na die toekoms kan uitsien. Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 8:1-14\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v7,11 Na die drie gesigte (visioene) wat Amos gesien het, is daar gou reaksie en koning Jerobeam verbied hom om die Here se boodskap verder te verkondig.&nbsp; Nadat hy sy roeping beklemtoon dat hy net kan en mag verkondig wat die Here vir hom s\u00ea, laat die Here hom [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/927"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=927"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/927\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":928,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/927\/revisions\/928"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=927"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=927"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=927"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}