{"id":925,"date":"2020-06-04T07:50:13","date_gmt":"2020-06-04T05:50:13","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=925"},"modified":"2020-06-04T07:50:13","modified_gmt":"2020-06-04T05:50:13","slug":"dagstuk-04-junie-2020-die-here-betoon-sy-genade-en-oordeel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=925","title":{"rendered":"Dagstuk 04 Junie 2020 \u2013 Die Here betoon sy genade en oordeel (1)"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 7:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v3 en 6 <\/p>\n\n\n\n<p>Amos\nvertel dat die Here God hom gesigte laat sien het. Dit het by hom tegelyk angs\nen vrede laat ontstaan. Tot aan die einde van hoofstuk 6 lees ons van\nvernietiging en verdelging. God verafsku die hooghartigheid en Hy het \u0149 weersin\nin hulle mooi huise. (Amos 6:8,9) Daar sal \u0149 nasie teen die volk optrek en\nhardvogtig oor hulle heers.&nbsp; Daarna gebruik die Here gesigte om sy wil\nbekend te maak.&nbsp; \u0149 Gesig is soos \u0149 teken wat gebruik is om \u0149 boodskap oor\nte dra.<\/p>\n\n\n\n<p>In\ndie vorige hoofstukke het Amos telkens God se wil aangekondig.&nbsp; Dit was \u0149\nprofeet se taak. Vanaf hoofstuk 7 vind daar \u0149 tweegesprek tussen God en Amos\nplaas.&nbsp; Na die oordeel wat God aankondig, pleit Amos om vergiffenis. (v2)\nHy smeek God om op te hou. (v5) Met die derde gesig hoor hy dat God met die swaard\nteen die volk sal optree. As boer was Amos vertroud met die eerste drie\ngesigte.&nbsp; Dit het betrekking en verwysing tot gebeure op landboukundige\ngebied.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As\nskaapboer uit Tekoa verstaan hy die vernietigende skade wat sprinkane sal\naanrig as al die groenigheid van die land afgevreet is.&nbsp; Dit sou hul\nsonder weiding laat.&nbsp; As daar iets sou oorbly het die verterende vuur dit\nverder verwoes.&nbsp; Geen weiding en geen water. Onbenydenswaardig.&nbsp; Dit\nbeteken gewis dood en geen uitsig op enige hoop nie.&nbsp; Die finale nekslag\nword met die aankondiging van die derde gesig toegedien.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n\nSkietlood is deur \u0149 bouer gebruik as instrument om seker te maak dat \u2018n gebou\nse mure haaks is.&nbsp; Daarmee is bepaal of \u2018n muur oor gebou moes word en of\ndit esteties inpas. Daar was nie plek vir die geringste fout nie. Met hierdie\ngesig verkondig die Here dat Hy geen uitsondering sal maak wanneer die volk\nveroordeel word nie.&nbsp; Hy gaan hulle nie meer spaar nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Uiteraard\nhet hierdie profesie nie oral ewe byval gevind nie. Amos word daarvan beskuldig\ndat hy \u2018n komplot teen die koning smee. Dit is alleen sy vertroue op God wat\nhom staande hou.&nbsp; Met die aanhoor van God se planne pleit hy elke keer tot\ndie Here. Hy doen \u2018n beroep op God se genade.&nbsp; Twee keer&nbsp; (v3,5) lees\nons dat die Here van sy voorneme afgesien het.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Beteken\ndit dat die mens God van plan kan laat verander? Beslis nie. Amos beroep hom\negter op die besondere band tussen God en die volk.&nbsp; God het hierdie volk\nuitgekies en Hom aan hulle verbind. Hy is besorg oor hul lot. Hy ontferm Hom\noor sy kinders.&nbsp; Maar soms is daar drastiese maatre\u00ebls nodig om ons\ndaaraan te herinner.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hoe\nlyk jou lewe as God die skietlood in sy hand hou?&nbsp; In hoofstuk 8 gaan ons\nmore verder lees oor God se optrede om die mens nader om hom te bring.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Rm\n6:1-14<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nleer my om ag te slaan op U waarskuwings wanneer ek van U wegdwaal. Dankie dat\nek deur Christus gespaar is toe die skietlood&nbsp; teen my aangel\u00ea is en al my\nsonde aangetoon is. Dankie vir U genade. Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds\nPetrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 7:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v3 en 6 Amos vertel dat die Here God hom gesigte laat sien het. Dit het by hom tegelyk angs en vrede laat ontstaan. Tot aan die einde van hoofstuk 6 lees ons van vernietiging en verdelging. God verafsku die hooghartigheid en Hy het \u0149 weersin in hulle mooi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/925"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=925"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/925\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":926,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/925\/revisions\/926"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=925"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=925"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=925"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}