{"id":923,"date":"2020-06-03T08:00:00","date_gmt":"2020-06-03T06:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=923"},"modified":"2020-06-03T08:00:00","modified_gmt":"2020-06-03T06:00:00","slug":"dagstuk-03-junie-2020-vra-na-my-wil-dan-sal-julle-lewe2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=923","title":{"rendered":"Dagstuk 03 Junie 2020 \u2013 \u201cVra na My wil, dan sal julle lewe\u201d(2)"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 5:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v4 en 7 <\/p>\n\n\n\n<p>Die opdrag om na die wil van die Here te vra word twee\nmaal gegee. En dit word elke keer met \u2018n belofte opgevolg \u2013 dan sal julle lewe!<\/p>\n\n\n\n<p>Aanvanklik\nkon die volk dit nie verstaan nie. Koning Jerobeam is uiters suksesvol met elke\naanslag.&nbsp; Oral word grondgebied ingepalm.&nbsp; Die ekonomie beleef\nongekende hoogtes.&nbsp; Die sosiale kalender is oorvol. Uitspattighede en\nvergrype kom wyd voor. Morele verval tree in as elkeen maak soos hy wil. Net so\nbrand ons leefw\u00eareld met vergrype, korrupsie en oneerlike winsbejag. <\/p>\n\n\n\n<p>Daarom\nmoet ons ook oordeel of daar regtig na die wil van God gevra word.&nbsp; In my\nbeoordeling is dit maklik om vinger na ander te wys.&nbsp; Wat is die\nimplikasie as ek na God se wil vra? Nog dringender, hoe ernstig vra ek na die\nwil van die Here?<\/p>\n\n\n\n<p>Ons\nwil graag verandering bewerkstellig. Daarvoor moet ons God eers reg leer\nken.&nbsp; Alles sonder God is leeg en betekenisloos \u2013 Dit loop op die dood\nuit.&nbsp; Hervorming beteken net om te doen soos wat God se wil dit voorskryf.\nDit is nie \u2018n sedelessie en \u2018n paar kosmetiese veranderinge nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dit\nvra \u2018n verandering van my hart se ingesteldheid.&nbsp;&nbsp; Ek kan nie langer <strong>ongehinderd\n<\/strong>aangaan nie.&nbsp; Raak PRAKTIES. ONDERSOEK elke aspek van jou\nlewe.&nbsp; Israel het gemeen dat hulle die Here kon kul. \u2013 Ons \u201cspeel\u201d ook\nbaie keer met die Here.<\/p>\n\n\n\n<p>Kom\nluister eers weer Wie God is!&nbsp; (Lees vers 8,9)&nbsp; Amos beskryf God se\neienskappe en werke.&nbsp; HY is die HERE. HY beskik oor alles. God beheer die\ngeskiedenis. Dit laat my opnuut besef dat God steeds in BEHEER is. Te midde van\ndie vernietigende gevolge van Covid 19 kan ek bly vertrou. <\/p>\n\n\n\n<p>Om\nna God se wil te vra beteken dat ons alles gaan TOETS.&nbsp; My maatstaf is God\nse WOORD. Om na God se wil te vra beteken dat ek probeer om goed te doen, te\nhaat wat verkeerd is, lief te h\u00ea wat goed is en op te kom vir die reg in die\nhowe (v14,15). &nbsp;Amos stel die uiterstes teenoormekaar om juis te\nbeklemtoon dat ek keuses moet uitoefen as ek na God se wil vra.&nbsp; Ek kan\nnie passief agteroor sit en alles gade slaan nie. Ek moet aktief en doelgerig\noptree.&nbsp; Om na God se wil te vra, beteken dat ek sal doen.&nbsp; Dit is \u0149\nleefwyse.&nbsp; Dit vra \u0149 bepaalde ingesteldheid.&nbsp; Ek word al minder en\nGod al meer.<\/p>\n\n\n\n<p>Wie\nnie na God se wil vra nie, kan die ergste straf verwag.&nbsp; Amos gebruik\ndieselfde woord hiervoor wat ook in Eks 12:23 voorkom wat daarop dui dat God\nmet die dood vernietig.&nbsp; Christus het vir ons geleer wat dit beteken om\naan God se wil gehoorsaam te wees.&nbsp; In sy sterwens oomblikke pleit Hy dat\nsy Vader se wil sal geskied.&nbsp; Deur HOM kan ons lewe!<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cVra\nna my wil, dan sal julle lewe.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Jh\n15:1-17<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here,\nlei my om met my woorde, gebare, gedagtes en optrede U Naam te verheerlik.\nBewaar ons om in hierdie bose tyd ons o\u00eb op U te rig.&nbsp;&nbsp;&nbsp; Dankie\ndat U my help om op te staan as ek geval het. &nbsp;Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds\nPetrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 5:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v4 en 7 Die opdrag om na die wil van die Here te vra word twee maal gegee. En dit word elke keer met \u2018n belofte opgevolg \u2013 dan sal julle lewe! Aanvanklik kon die volk dit nie verstaan nie. Koning Jerobeam is uiters suksesvol met elke aanslag.&nbsp; Oral [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/923"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=923"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/923\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":924,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/923\/revisions\/924"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=923"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=923"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=923"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}