{"id":921,"date":"2020-06-02T08:56:42","date_gmt":"2020-06-02T06:56:42","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=921"},"modified":"2020-06-02T08:56:42","modified_gmt":"2020-06-02T06:56:42","slug":"dagstuk-02-junie-2020-vra-na-my-wil-dan-sal-julle-lewe1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=921","title":{"rendered":"Dagstuk 02 Junie 2020 \u2013 \u201cVra na My wil, dan sal julle lewe\u201d(1)"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Amos 5:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v4\u00a0
\u00a0
In geen onduidelike taal kondig Amos in elke hoofstuk net oordeel en treurliedere aan.\u00a0 Hy skets \u2018n somber prentjie van Israel.\u00a0 Daar is eintlik nie meer sprake van \u2018n verhouding wat hulle met die Here het nie.\u00a0 As ons sy beoordeling van die volk lees, bring dit \u2018n ongemak.\u00a0 Dit is waaragtig verdoemend en swaarmoedig.\u00a0 Niemand wil hierdie woorde hoor nie. Dit is byna asof hulle van hul eie doodsberig in die oggendblad lees. Die prentjie wat Amos skets word al donkerder. Van duisend bly honderd oor.\u00a0 Van honderd bly tien oor.
\u00a0
Wanneer die Here uit Sion brul wil Hy weet hoe ernstig vra jy na die Here se wil?\u00a0 Dan sien ons wat die Here se bedoeling is. Hy is die HERDER wat OMSIEN sodat die volk kan lewe. Die volk kon dit nie verstaan nie.\u00a0 Daarom moet die Here hulle dringend waarsku. Moenie in Bet-El gaan raad soek nie.(v5)\u00a0 Ek sal julle soos \u0149 vuur tref. (v6)
\u00a0
Amos se profesie het nege hoofstukke.\u00a0 In die eerste vier word oordeel verkondig. Hoofstuk 5 is in die middel \u2013 skarnier \u2013 Laaste vier hoofstukke bring die volk in die Here die Almagtige God se teenwoordigheid.\u00a0 Hy is die Skepper van alles. Hy het die sewester en Orion gemaak. Hy het dag en nag gemaak. Hy roep die water van die see en stort dit oor die aarde uit.\u00a0 Sy Naam is die Here. Dit is hoe God Hom aan die volk bekend maak.\u00a0 Hy is Almagtig, Alomteenwoordig en Alwetend.\u00a0 Daarom beveel Hy ons om na sy wil te vra!
\u00a0
Wat beteken dit om na die wil van die Here te vra?\u00a0 Ons moet besef dat daar geen hulp buite God is nie.\u00a0 Ons soek gewoonlik op baie ander plekke en maniere hulp. Die volk doen dit by drie \u201cheilige\u201d plekke waar hulle geglo het hulle die Here kan ontmoet.
Betel, –\u00a0 Huis van die Here sedert tyd van Jakob
Gilgal, – sentrale plek tydens intog in Beloofde Land
Berseba.\u00a0\u00a0 \u2013 God verskyn aan Jakob en rig VERBOND op.
\u00a0
Maar dit is \u2018n valse vertroue.\u00a0 God kan nie tot plekke en \u201cheiligdomme\u201d en gebruike en rituele beperk word nie.\u00a0 Hy vra \u2018n lewende verhouding met Hom.\u00a0 Dit beteken dat ek elke oomblik na sy wil sal vra. Dit is die bedoeling van Amos se profesie. Nie om al ons foute en leemtes uit te wys en bloot te stel nie. Dit is die Heilige Gees se bedoeling dat ons God ontmoet.
\u00a0
Daarom openbaar die hele boek van Amos God se LIEFDE \u2013 Hy kom ons opsoek. Hy gee die oplossing vir elke situasie.
\u00a0
Eers hoor die volk van hulle situasie.\u00a0 Dan die OPLOSSING.\u00a0 Dan die opdragte van wat die Here verwag nadat Hy redding gee.\u00a0 Ons lees more verder oor God se opdragte en die implikasie daarvan as ek na God se wil vra.
\u00a0
Dors vir meer:
Mt 6:5-10 en Gal 5:22-25
\u00a0
Gebed
Here, leer my om van my eie wil af te sien. Leer my om U almag raak te sien. Bewaar my van eiegeregtigheid en laat ek die vrug van die Gees in my lewe dra. Amen
\u00a0
Ds Petrus van Blerk
0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Amos 5:1-17\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v4\u00a0 \u00a0 In geen onduidelike taal kondig Amos in elke hoofstuk net oordeel en treurliedere aan.\u00a0 Hy skets \u2018n somber prentjie van Israel.\u00a0 Daar is eintlik nie meer sprake van \u2018n verhouding wat hulle met die Here het nie.\u00a0 As ons sy beoordeling van die volk lees, bring dit […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/921"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=921"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/921\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":922,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/921\/revisions\/922"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=921"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}