{"id":919,"date":"2020-06-01T07:42:12","date_gmt":"2020-06-01T05:42:12","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=919"},"modified":"2020-06-01T07:42:12","modified_gmt":"2020-06-01T05:42:12","slug":"dagstuk-01-junie-2020-wanneer-die-here-uit-sion-brul","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=919","title":{"rendered":"Dagstuk 01 Junie 2020 \u2013 Wanneer die Here uit Sion brul&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;."},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 1:1- 15\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v2\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p>Toe Amos met sy werksklere deur die\nstrate stap het hy nie veel aandag getrek nie. Niemand sien die skaapboer raak\nnie.&nbsp; Miskien het hy nog \u0149 paar skape en \u0149 vrag wildevye by hom op pad\nmark toe.&nbsp; Sy eerste uitroepe het bes moontlik op dowe ore geval.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>\u0149 Skrywer maak die stelling dat die\nkoerante jou op hoogte hou van \u201cdinge wat nasionaal en internasionaal verkeerd\nen korrup is. Dit is presies wat die boek Amos doen \u2013 nie net met betrekking\ntot sy tyd nie, maar juis ook vir die tyd waarin ons leef.&nbsp;&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Daar is egter \u0149 belangrike verskil\ntussen Amos en \u0149 koerant.&nbsp; Dit wat verkeerd is, word in die boek Amos met\nGod in verband gebring.&nbsp; As Amos dinge in die gemeenskap uitwys wat\nverkeerd is, doen hy dit nie op grond van wat mense meen reg en verkeerd is\nnie.&nbsp; Amos beoordeel menslike optrede uit God se perspektief.&nbsp; Dit\nmaak Amos vir ons \u0149 aktuele boek, want hier hoor ons wat God dink van wat mense\ndoen. Ons kan Amos tipeer as die profeet van God se geregtigheid.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Mag ons in die volgende dae deur die Heilige Gees tot\nware selfondersoek gelei word en daarna strewe om na die wil van die Here te\nvra. (Amos 5: 6) As kerke het ons 31 Mei 2020 as \u0149 dag van verootmoediging\ndeurgebring.&nbsp; Daar word meer gevra.&nbsp; Maak dit LEWE van\nverootmoediging.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Toe Amos die Here se boodskap begin verkondig kon baie\nvan die opskrifte vandag net so goed teen die lamppale gelees word \u2013\nUitbuiting, Korrupsie, Selfsug en Oneerlike winsbejag. <\/p>\n\n\n\n<p>Dalk het daar \u0149 paar mense gaan stil staan toe hy van\nbrullende leeu begin vertel want dit raak jou veiligheid en dit bring gevaar.\nDie verdorde weivelde en die verdroogde top van Karmel het vir hulle groot\nskade en verlies beteken.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ten spyte van sy waarskuwende woorde luister niemand\nna hom nie. Die waarskuwende woorde is ook vir my&nbsp; \u0149 oproep tot\nselfondersoek. <\/p>\n\n\n\n<p>Met die brullende stem stel die Here Hom bekend as\nBeskermer. Hy openbaar sy geweldige mag en krag. Hy is die leeu uit Juda se\nstam.&nbsp; Met hierdie beeld is dit altyd God wat in beheer is. In die\nverlede, hede en toekoms.<\/p>\n\n\n\n<p>Elkeen van die volke doen \u0149 vierde sonde.&nbsp; Dit is\nasof hulle nie genoeg leed kon aandoen nie en God as\u2019t ware wil uittart.&nbsp;\nDie gevolge van sonde het geen perke nie en sluk mens net meer en meer\nin.&nbsp; Een slegte daad lei na die volgende.&nbsp; Onreg het geen\nversadigingsperk nie.&nbsp; In die eerste hoofstuk waarsku Amos teen marteling\n(v3), menseroof (v6 en 9) en moord (v11 en 13) in elke moontlike vorm.&nbsp;\nVandag is talle mense aan die vergrype van tiranne en despotiese owerhede\nuitgelewer. Dit gebeur dalk nie naby ons nie, en alhoewel dit ons met weersin\nvervul, kan ons maklik wegstap.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer hierdie dinge op my voorstoep gebeur verander\ndit die prentjie. Die geweld van bendes, die ontvoering van kinders&nbsp; en\ndie wrede aanranding van vroue haal dikwels in Suid-Afrika die koerante se\nvoorblaaie. <\/p>\n\n\n\n<p>Nog nader was jy dalk al die slagoffer van iemand wat\njou teleurgestel het deur die broederliefde te verlo\u00ebn.&nbsp; As mens is ons\nswak en maak ons ons naaste maklik met woorde en dade seer.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In Amos 1 word die brul word al verder en duideliker\ngehoor.&nbsp; Met die brullende leeu wat vanuit Jerusalem gehoor word, kondig\nAmos verlossing en redding vir die volk aan.&nbsp; In Jerusalem het Christus\nvir al ons sonde gesterf, die dood oorwin en opgestaan om ewig te heers.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Genesis 49:1-10 en Openbaring 5:1-5<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, maak ons o\u00eb en ore oop en leer ons om sensitief\nte wees om die nood van ander raak te sien en sterk te wees om teen onreg&nbsp;\nte veg.&nbsp; Dankie dat U my gedagtes rig deur U Heilige Gees. Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Amos 1:1- 15\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v2\u00a0 Toe Amos met sy werksklere deur die strate stap het hy nie veel aandag getrek nie. Niemand sien die skaapboer raak nie.&nbsp; Miskien het hy nog \u0149 paar skape en \u0149 vrag wildevye by hom op pad mark toe.&nbsp; Sy eerste uitroepe het bes moontlik op dowe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/919"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=919"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/919\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":920,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/919\/revisions\/920"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=919"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=919"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=919"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}