{"id":898,"date":"2020-05-27T09:35:04","date_gmt":"2020-05-27T07:35:04","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=898"},"modified":"2020-05-27T09:35:04","modified_gmt":"2020-05-27T07:35:04","slug":"dagstuk-woensdag-27-mei-2020-bly-vertrou-in-gebed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=898","title":{"rendered":"Dagstuk Woensdag 27 Mei 2020  – Bly vertrou in gebed!"},"content":{"rendered":"
Jesaja 36-37
Teks wat tref: Jesaja 36:4-5 en 37:14-15.<\/p>\n\n\n\n
Jesaja 36 en 37 wys vir ons hoe om prakties ons geloof uit te leef.  In vertroue alleen tot God, wat ons beweeg tot gebed, kry ons net ons redding vanaf die Here.
\nAssiri\u00eb is menslik gesproke die grootste bedreiging vir die volk van God.  Geen ander ryk kon sover teen Assiri\u00eb bestand bly nie.  Samaria, die Noordelike ryk is al twintig jaar tevore verwoes en weggevoer in ballingskap. Is dit nou ook die einde van die Suidelike Ryk, van Jerusalem en sy inwoners.  Is dit nou dat die Here die belofte van straf gaan voltrek oor Juda?<\/p>\n\n\n\n
Ook Sanherib, die Assiriese koning, het gedink dat dit net maar \u2018n kwessie van tyd was voordat Jerusalem sou val. Egipte sou hulle nie kon help nie \u2013 en nog minder die Here, die God van Juda.
\nS\u00f3 het Sanherib en sy bevelvoerders die Here gesmaad. Geen volk se gode kon ons nie keer nie, hoekom sal die Here ons nou ook keer?  Hulle sien die reformasie van koning Hiskia om die hoogtes en ander altare af te breek as \u0149 swakheid, daar is nou net een plek by die tempel waar die Here aanbid word. Hoe gaan die Here Juda nou kan red?<\/p>\n\n\n\n
Wat is Hiskia se optrede?  Hy bly vertrou op die Here.  Hy neem letterlik sy probleme na die Here toe en plaas dit voor die Here in die tempel en bid tot God.  Kyk mooi na hierdie gebed.  Dit gaan nie hier oor Hiskia nie, maar oor God self en God se eer.
\nDie Here antwoord Hiskia se gebed deur Jesaja te stuur met die antwoord.  Selfs die sterkste mag in die w\u00eareld is niks meer as \u0149 instrument in die hand van die Here nie.
\nToe het die Here op \u0149 wonderlike manier redding gegee. Hy stuur sy engel om die magte van Assiri\u00eb te verwoes.  Die Here wys weer sy onverdeelde trou en dat Hy sorg.  Sondag oggend kyk ons dan ook hoe die Here almal opnuut oproep om na Hom te kom vanuit Jesaja 55.
\nAl lyk dit soms of \u2018n mens se w\u00eareld ineenstort, moet ons onthou dat God in beheer is en dat Hy op \u0149 wonderlike wyse uitkoms kan gee.
\nKom ons bring ons probleme en plaas dit voor die Here en vertrou in gebed! Verootmoedig jouself voor God en besef opnuut Hy is die Almagtige!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 33 en Handelinge 4:23-31.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nOns hemelse Vader.  Ons vertrou op U want U is ons heil en beskerming.  Mag ons harte altyd op u vertrou.  Gaan met ons land en bring vir ons genesing en bekering.  Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Jesaja 36-37 Teks wat tref: Jesaja 36:4-5 en 37:14-15. Jesaja 36 en 37 wys vir ons hoe om prakties ons geloof uit te leef. In vertroue alleen tot God, wat ons beweeg tot gebed, kry ons net ons redding vanaf die Here. Assiri\u00eb is menslik gesproke die grootste bedreiging vir die volk van God. Geen […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/898"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=898"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/898\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":899,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/898\/revisions\/899"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=898"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=898"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=898"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}