{"id":894,"date":"2020-05-26T08:04:08","date_gmt":"2020-05-26T06:04:08","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=894"},"modified":"2020-05-26T08:04:08","modified_gmt":"2020-05-26T06:04:08","slug":"dagstuk-dinsdag-26-mei-2020-bemoedig-mekaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=894","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 26 Mei 2020 -Bemoedig mekaar!"},"content":{"rendered":"
Jesaja 35
Teks wat tref: Jesaja 35:3-4.<\/p>\n\n\n\n
Jesaja 35 is die afsluiting van die eerste profetiese uitsprake.  Tot nou toe het ons na die baie oordeelsuitsprake gekyk waarin die volk van God vermaan word om hulle te bekeer, anders gaan God se oordeel hulle tref. Hierdie oordeel was \u2018n werklikheid en is ook so volstrek.
\nDie Here sluit nie nou af in Jesaja 35 met nog \u0149 oordeeluitspraak nie, maar met \u0149 boodskap van verlossing. Hierdie gedeelte gaan daarvan uit dat wanneer die oordeel van die Here voltrek is, dat die Here weer in genade na sy volk gaan kom.
\nHy gaan hulle verlos en na Jerusalem terugbring.  So gryp die stukkie vooruit na die verlossing wat in die tweede deel van Jesaja, van hoofstuk 40 af, verkondig word.
\nAs die volk in die doodloopstraat van die ballingskap beland het, is dit nie die einde nie. God kan weer verlossing gee \u2013 maar hulle moet hulle tot Hom bekeer.
\nAl gaan dit met \u0149 mens baie sleg, het ons steeds hoop omdat ons weet dat God alles beheer. Juis daarom moet ons altyd aan Hom vasgryp en vir Hom lewe.<\/p>\n\n\n\n
Die volk moet mekaar bemoedig- die wie se hande slap hang, die wie se knie\u00eb knik, die wat moed verloor het.  Bemoedig die wat nie meer kan nie.  Strek jou hand uit na die om jou wat moedeloos is.
\nKyk uit vir mekaar en bemoedig mekaar.  Ons hoef nie altyd sterk te wees nie, soms hang ons hande slap, ons knie\u00eb knik, ons is moedeloos.  Die omstandighede tref ons, die stres is net te veel, die swaarkry van ander om ons is te veel!  \u201cWees sterk, moenie bang wees nie want julle God hier!\u201d
\nBemoedig mekaar!  Hoeveel van hierdie wonders in Jesaja 35 het nie waar geword met Christus se koms nie? Blindes sien, stommes sing, dowes hoor!  \u0149 Stroom water het uit die woestyn uit gebars en vir ons dro\u00eb, verskroeide aarde het daar redding gekom.  Jesus Christus het vir ons die verlossing gegee! Die Here bemoedig en versterk ons deur sy Heilige Gees!<\/p>\n\n\n\n
Daarom kan ons vandag saam met vers 10 jubel en uitroep:
\nDi\u00e9 wat deur die Here verlos is, sal terugkeer,
\nhulle sal juigend in Sion aankom,
\nhulle sal altyd straal van blydskap,
\nhulle sal vol vreugde en blydskap wees;
\nellende en smart sal verdwyn. (letterlik in die Hebreeus, sal kommer en sugtinge weg vlug).<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nJohannes 7:37-39 en Matteus 20:29-34 <\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nDankie Here dat ons kan juig en jubel oor die verlossing wat u vir ons bewerk het.  Versterk ons hande en ons knie\u00eb sodat ons dapper deur hierdie tye kan stap op ons lewenspad.
\nAmen. <\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Jesaja 35 Teks wat tref: Jesaja 35:3-4. Jesaja 35 is die afsluiting van die eerste profetiese uitsprake. Tot nou toe het ons na die baie oordeelsuitsprake gekyk waarin die volk van God vermaan word om hulle te bekeer, anders gaan God se oordeel hulle tref. Hierdie oordeel was \u2018n werklikheid en is ook so volstrek. […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/894"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=894"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/894\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":895,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/894\/revisions\/895"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=894"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=894"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=894"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}