{"id":892,"date":"2020-05-25T07:59:56","date_gmt":"2020-05-25T05:59:56","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=892"},"modified":"2020-05-25T07:59:56","modified_gmt":"2020-05-25T05:59:56","slug":"dagstuk-maandag-25-mei-2020-jou-eie-oe-sal-die-koning-sien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=892","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 25 Mei 2020 &#8211; Jou eie o\u00eb sal die Koning sien!"},"content":{"rendered":"<p>Jesaja 33:17-24<\/p>\n\n\n\n<p>Teks wat\ntref: Jesaja 33:22<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here\nmaak deur sy profeet Jesaja die toekoms bekend: \u201cJou eie o\u00eb sal die koning sien\nin al sy prag en \u0149 land wat wyd l\u00ea.\u201d&nbsp;\nEers word daar terug verwys na die verlede: Hierdie vyand met die\nvreemde taal wat wil kom en verwoes sal jy nie meer vrees of weer sien\nnie.&nbsp; Dit is verby!&nbsp; Daar is weer vrede in die land en die volk\nhoef nie meer rond te swerf nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ja, hierdie\ngedeelte is in die eerste plek vir die volk Juda \u0149 groot troos dat die\nomstandighede gaan verander, die Here gaan hulle nie altyd straf nie, maar\nhulle gaan weer in vrede leef in Jerusalem.&nbsp;\nHulle gaan terugkeer vanuit ballingskap en Jerusalem weer opbou.<\/p>\n\n\n\n<p>In die\ntweede plek is dat \u0149 heenwysing en beskrywing van die nuwe aarde en Jerusalem\nwat gaan kom.&nbsp; Daarom kyk ons na hierdie\ngedeelte vanuit hierdie tweede perspektief.<\/p>\n\n\n\n<p>Met jou eie\no\u00eb gaan jy die Koning sien in al sy prag.&nbsp;\nHoe wonderlik kan ons nie uitsien na hierdie gebeurtenis nie.&nbsp; Ons het verlede week die hemelvaart van Jesus\nChristus herdenk.&nbsp; Hy wat opgevaar het om\nas Koning te regeer.&nbsp; Ons self gaan die\nKoning sien in al sy prag.&nbsp; Ons gaan nie\nmeer rondswerf in hierdie tydelike, aardse lewe nie.&nbsp; Nee, die tentwoning gaan verruil word vir \u0149\nvaste hemelse woning.&nbsp; Tentpenne hoef nie\nmeer versit te word nie, toue gaan nie breek nie, niemand gaan meer siek wees\nnie.&nbsp; Daar sal die Here vir ons die\nmagtige God wees.&nbsp; Nie omdat die Here nie\nreeds vir ons die magtige God is nie, maar daar gaan ons dit ten volle in sy\nvolheid beleef.&nbsp; Ons gaan dit met ons eie\no\u00eb sien.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here is\nons Regter, die Here is ons Leidsman, die Here is ons Koning.&nbsp; Die taak van \u0149 koning is om op te tree as die\nregter in regsake, hy moet leiding en beskerming gee aan sy onderdane en sy\nkoninkryk regeer.&nbsp; Die Here self is vir\nons die perfekte Koning!&nbsp; Hierdie rol\nsien ons veral in die werking van Jesus Christus wat hoof is van sy Kerk.&nbsp; Dit is vir ons \u0149 groot troos dat Christus nou\nook as Koning regeer en waak oor sy Kerk.&nbsp;\nOns kan daarom die Here vra vir leiding, raad, beskerming en wysheid\nindien ons dit nodig het.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar ons kan\nvorentoe kyk na Christus se wederkoms!&nbsp;\nHy kom as Regter en spreek ons vry van ons sonde!&nbsp; Weg is siekte en hartseer en dood! Openbaring\n21 bevestig dit weereens vir ons. Net omdat die Here ons sonde deur Jesus\nChristus vergewe het.&nbsp; Daarom gaan ons\ndie Koning met ons eie o\u00eb sien!<\/p>\n\n\n\n<p>Tot dan, kan\nons nog steeds ons o\u00eb en harte rig tot die Here ons Koning, want Hy regeer!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir\nmeer:<\/p>\n\n\n\n<p>Openbaring\n21:1-8. En Hebre\u00ebrs 12:1-3. <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Dankie Here\ndat U ons Regter, Leidsman en Koning is.&nbsp;\nVersterk ons dat ons altyd deur die geloof ons o\u00eb gevestig kan hou op U\nHere. Dankie dat ons kan uitsien na die dag waarop ons U met ons eie o\u00eb kan\nsien en altyd by U sal woon.&nbsp; Amen. <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072&nbsp;272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jesaja 33:17-24 Teks wat tref: Jesaja 33:22 Die Here maak deur sy profeet Jesaja die toekoms bekend: \u201cJou eie o\u00eb sal die koning sien in al sy prag en \u0149 land wat wyd l\u00ea.\u201d&nbsp; Eers word daar terug verwys na die verlede: Hierdie vyand met die vreemde taal wat wil kom en verwoes sal jy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/892"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=892"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/892\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":893,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/892\/revisions\/893"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=892"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=892"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=892"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}