{"id":879,"date":"2020-05-20T07:45:04","date_gmt":"2020-05-20T05:45:04","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=879"},"modified":"2020-05-20T07:45:04","modified_gmt":"2020-05-20T05:45:04","slug":"dagstuk-20-mei-2020-gebruik-wat-jy-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=879","title":{"rendered":"Dagstuk 20 Mei 2020 \u2013 Gebruik wat jy het"},"content":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons om aan God gehoorsaam te wees en \u0149 verskil te maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte:&nbsp; Jh 6:\n1-15&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\nTeks wat tref: Jh 6:9<\/p>\n\n\n\n<p>Dit kan maklik gebeur dat ons soms so vasgevang\nraak met die dinge waarmee ons besig is, dat daar maklik iets agterwe\u00eb\nbly.&nbsp; In hoofstuk 5 vertel Johannes van die talle wondertekens wat Jesus\ngedoen het. Dit het tot gevolg dat \u0149 groot skare mense agter Hom aangekom het\nom nog meer te sien.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Alhoewel Jesus uitgeput moes gewees het na al\ndie wondertekens en die skares wat net nog meer wil h\u00ea, is dit juis Hy wat\nbesef dat iemand hulle van \u2018n maaltyd moes voorsien.&nbsp; In die\ndaaropvolgende gebeure leer Jesus ons om dit wat tot ons beskikking is te\ngebruik.&nbsp; Hy sal voorsien en wonders laat plaasvind.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Ons is so gewoond om te fokus op die dinge wat\nons nie het nie, dat ons gou vergeet van die baie wat ons wel uit die hand van\ndie Here ontvang het. Filippus is dadelik gereed met verskonings en menslike\nberekeninge.&nbsp; Volgens hom is dit \u2018nie moontlik om soveel kos te koop nie.\nTwee honderd mense se dagloon sou nie eens genoeg wees nie.&nbsp; Andreas maak\nboonop ook nog die opmerking dat dit \u0149 hopelose situasie.&nbsp; Al het Jesus\nsoveel wonders in hulle teenwoordigheid gedoen, het hul steeds nie in Hom geglo\nen op Hom vertrou nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hierna leer Jesus die dissipels om te gebruik\nwat jy het. Met dit wat die seuntjie beskikbaar gehad het, sal Jesus nou\nvoorsien.&nbsp; Jesus neem beheer oor. Hy gee opdrag dat die mense moet gaan\nsit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend. Met die vyf brode en die twee\nvisse van die seuntjie word almal gevoed. Volgens Joodse gebruik word die kos\nwat oor is bymekaar gemaak. Daar is meer oor as waarmee aanvanklik begin\nis.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Jesus wil die dissipels nog meer leer. Voordat\ndie wonder plaasvind, het Hy God daarvoor gedank \u2013 God is die Gewer van alles\nwat ek het.&nbsp; Vir hulle is Hy die Profeet wat na die w\u00eareld moes kom. Hulle\nwou Hom dadelik koning maak want Hy sou in elke moontlike behoefte kon\nvoorsien. Hulle begryp nie dat Hy gekom het om sy Vader se opdragte uit te voer\nnie.&nbsp; Daarom gaan Jesus die berg op. Hy alleen, om later na nog \u0149 wonder\nwaar Hy op die see loop, vir hulle te wys dat Hy gekom het om die ewige lewe te\ngee. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>1 Kon 17:1-16<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U in my daaglikse\nbehoeftes voorsien.&nbsp; Dankie vir elke gawe wat ek uit U hand ontvang. Leer\nmy om raak te sien dat alles vir U moontlik is en dat ek volkome op U kan\nvertrou. Maak my diensbaar in U Koninkryk. Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons om aan God gehoorsaam te wees en \u0149 verskil te maak. Skrifgedeelte:&nbsp; Jh 6: 1-15&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Teks wat tref: Jh 6:9 Dit kan maklik gebeur dat ons soms so vasgevang raak met die dinge waarmee ons besig is, dat daar maklik iets agterwe\u00eb bly.&nbsp; In hoofstuk 5 vertel Johannes [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/879"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=879"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/879\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":880,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/879\/revisions\/880"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=879"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=879"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=879"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}