{"id":877,"date":"2020-05-19T07:50:32","date_gmt":"2020-05-19T05:50:32","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=877"},"modified":"2020-05-19T07:50:32","modified_gmt":"2020-05-19T05:50:32","slug":"dagstuk-19-mei-2020-maak-n-verskil-met-jou-posisie-waarin-god-jou-gestel-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=877","title":{"rendered":"Dagstuk 19 Mei 2020 \u2013 Maak \u2018n verskil met jou posisie waarin God jou gestel het."},"content":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons om aan God gehoorsaam te wees en \u0149 verskil te maak.<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte:&nbsp; Ester 4:1-17&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Teks wat tref: Ester 4:14<\/p>\n\n\n\n<p>Wie weet wat die dag van more vir ons inhou?&nbsp; Skaars twee maande gelede sou ek bevorder word tot \u0149 ho\u00ebr posvlak.&nbsp; Moontlik verhuis het. Lid word van die eerste span by my skool. In die huwelik tree. Met vakansie vertrek\u2026\u2026\u2026\u2026\u2026\u2026\u2026..Totdat alles drasties en ingrypend verander.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Koning Ahasveros geniet ongekende mag en rykdom.&nbsp; Hy spog 180 dae lank met al die prag en praal van sy koninkryk en onthaal almal \u0149 week lank in sy paleistuin.&nbsp; (Ester 1:4,5) Ten spyte hiervan weier koningin Vasti, wat beeldskoon was, dat hy haar aan almal vertoon. In sy woede word sy vervang met \u0149 ander ewe mooi meisie.&nbsp; Ester verskyn op die toneel en word deur God se beskikking koningin.<\/p>\n\n\n\n<p>\u0149 Posisie wat sy later gebruik om die ganse Joodse bevolking van daardie tyd te red.&nbsp; As weeskind word sy onder die sorg van haar oom Mordegai geplaas. Hy waarsku die koning deur bemiddeling van Ester van \u0149 sameswering om hom te vermoor. Tot dusver is beide Mordegai en Ester deur die Here in posisies geplaas sodat hulle later diensbaar kan wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan verskyn Haman op die toneel en word hy bevorder tot \u0149 posisie oor al die koning se amptenare Hy maak onder valse voorwendsels \u0149 voorstel om nog meer in die guns van die koning te kom.&nbsp; Hiervolgens sou al die Jode doodgemaak word.&nbsp; Ook Ester, want sy was uit die geslag van die ballinge (Jode) wat deur Nebukadneser weggevoer is.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Te midde hiervan pleit Mordegai by Ester om die koning te versoek om die Jode te spaar.&nbsp; \u201cWie weet, miskien is dit juis met die oog op \u0149 tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!\u201d Ester sou baie moes waag maar word deur God in \u0149 posisie geplaas om die Jode te red.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Sy raak ook bewus van \u0149 verdere posisie waarin die Here ons deur Christus se genade plaas.&nbsp; Ons het die voorreg om te bid.&nbsp; Die koning gee gehoor aan Ester se versoek en die volk word nie uitgemoor nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is deur God beskik dat jy in die posisie is waar jy jou nou bevind. Gebruik dit om \u0149 verskil te maak!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<br>\nJona 1:1-17<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<br>\nHere, baie dankie vir alles wat ek van U ontvang.&nbsp; Help my om te begryp waarom ek op hierdie oomblik en in hierdie omstandighede op die plek en posisie is waar ek my nou bevind.&nbsp; Gebruik my in u diens.&nbsp; Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<br>\n0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons om aan God gehoorsaam te wees en \u0149 verskil te maak. Skrifgedeelte:&nbsp; Ester 4:1-17&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Teks wat tref: Ester 4:14 Wie weet wat die dag van more vir ons inhou?&nbsp; Skaars twee maande gelede sou ek bevorder word tot \u0149 ho\u00ebr posvlak.&nbsp; Moontlik verhuis het. Lid word van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/877"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=877"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/877\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":878,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/877\/revisions\/878"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=877"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=877"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=877"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}