{"id":873,"date":"2020-05-15T10:30:10","date_gmt":"2020-05-15T08:30:10","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=873"},"modified":"2020-05-15T10:30:10","modified_gmt":"2020-05-15T08:30:10","slug":"dagstuk-vrydag-15-mei-2020-word-stil-voor-die-here","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=873","title":{"rendered":"Dagstuk Vrydag 15 Mei 2020  &#8211; Word stil voor die Here."},"content":{"rendered":"<p>Jesaja 30:8-18<\/p>\n\n\n\n<p>Teks wat\ntref:&nbsp; Jesaja 30:15<\/p>\n\n\n\n<p><em>So het die Here my God, die Heilige van\nIsrael, ges\u00ea:<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>As julle julle bekeer en tot rus kom,<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>sal julle gered word.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Julle krag l\u00ea in stil wees en vertroue h\u00ea.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Vertrou op\njouself en gaan ten gronde- Vertrou op God en leef!&nbsp; Oor en oor bring Jesaja dieselfde\nboodskap.&nbsp; Julle vertroue is nie op die\nHere nie.&nbsp; Julle wil op ander lande\nvertrou.&nbsp; Julle wil op vinnige perde\nvertrou en vinnig wegjaag as die moeilikheid te veel is. Julle vertrou op\ngeweld en bedrog. Oor en oor bring Jesaja die boodskap want die Here se\nlankmoedigheid met sy volk is verstommend.&nbsp;\nHoekom sal die volk nie die Here vertrou?&nbsp; Hoe blind is ons nie deur ons sondes en\nbegeertes nie. (Sien ook Jesaja 29)<\/p>\n\n\n\n<p>In hierdie\ngedeelte stuur die Here nogmaals vir Jesaja na Juda, nie net om die boodskap te\npreek nie, maar om dit op skrif te stel, dit sal altyd teen hulle getuig.&nbsp; Hulle het die boodskap gehoor, daar is nie\nverskonings nie.&nbsp; Duidelik maak die Here\ndit uit, die Heilige van Israel het hulle gewaarsku.&nbsp;&nbsp; Gaan voort soos julle nou voortgaan en\nhierdie muur gaan inmekaar tuimel en julle vernietig, daar gaan niks van jul\noor wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar\nweereens is die Here genadig.&nbsp; Die\nHeilige van Israel se boodskap is: Kom tot rus, bekeer julle!&nbsp; Julle krag l\u00ea in stil wees en vertroue h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Word stil\nvoor God en voel veilig.&nbsp; Is dit nie wat\nons ook nou opnuut moet doen nie?&nbsp; Ons\nmoet stil word en tot rus kom.&nbsp; Ja,\nbekeer en ons vertroue op God stel.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit is\ntipies van die mens om ongeduldig te word. Jy is nie bereid om te wag nie.&nbsp; Hoe het ons gevoel nadat daar nog steeds nie\noorgegaan is nie vlak 3 van Inperking nie?<\/p>\n\n\n\n<p>Het ons\nverleer om stil te word voor die Here?&nbsp;\nKan ons nog op die Here wag?&nbsp; Die\ngrootste les wat die Inperking vir ons leer is dat ons nie die toekoms kan sien\nnie en dat ons kan breek met die w\u00eareldse manier van dinge doen en leef.&nbsp; Ons kan werlik tot stilstand kom en stil word\nvoor God.<\/p>\n\n\n\n<p>Stel opnuut\njou vertroue op die Here, wag vir die Here om dinge in jou lewe reg te maak op\nsy tyd.&nbsp; Hoekom? Omdat ons sekerheid van\nons verlossing in Christus het, moet ons leer om stil te wees en om op God se\ntyd te wag.&nbsp; Hy gee ons die ware rus\ndeurdat ons volkome verlos is van al ons sonde.<\/p>\n\n\n\n<p>Sy beloftes\nstaan vas, Hy is gretig om ons genadig te wees en Hom oor ons te ontferm.&nbsp; Ons krag is nie in self nie- maar dat ons op\ndie Here kan wag.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir\nmeer:<\/p>\n\n\n\n<p>Psalm 27\n(kyk vers 14 in verskillende vertalings) en Jesaja 40:26-31<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here die\nHeilige. Dankie dat ons op U kan wag en stil word voor U.&nbsp; Leer my om te onderskei die dinge wat ek\nvandag moet verander en kan verander en die dinge wat ek alleen in U hande kan\nplaas. &nbsp;Laat U wil geskied. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072&nbsp;272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jesaja 30:8-18 Teks wat tref:&nbsp; Jesaja 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, ges\u00ea: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag l\u00ea in stil wees en vertroue h\u00ea. Vertrou op jouself en gaan ten gronde- Vertrou op God en leef!&nbsp; Oor en oor bring [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=873"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":874,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/873\/revisions\/874"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}