{"id":869,"date":"2020-05-14T10:14:37","date_gmt":"2020-05-14T08:14:37","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=869"},"modified":"2020-05-14T10:14:37","modified_gmt":"2020-05-14T08:14:37","slug":"dagstuk-donderdag-14-mei-2020-god-werk-die-beste-met-ons-deur-sy-wysheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=869","title":{"rendered":"Dagstuk Donderdag 14 Mei 2020  &#8211; God werk die beste met ons deur Sy wysheid!"},"content":{"rendered":"<p>Jesaja 28:23-29 <\/p>\n\n\n\n<p>Teks wat\ntref:&nbsp; Jesaja 28:29<\/p>\n\n\n\n<p><em>Ook dit is iets wat van die Here die\nAlmagtige af kom; kennis wat van Hom kom, is wonderbaar<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>en laat alles voorspoedig verloop.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Wysheid is\niets wat ons almal nodig het. Veral in tye van swaarkry en beproewings en\nuitdagings het ons wysheid nodig. Wysheid is meer as om net antwoorde en\noplossings te kry. Wysheid is om te weet hoe om hierdie inligting aan te wend &#8211;\ntwee persone kan na dieselfde saak kyk en dieselfde data en inligting h\u00ea, maar\nbeide gaan nie noodwendig die regte antwoord daaruit kry nie.<\/p>\n\n\n\n<p>So kort ons\nwysheid vanaf die Here om ook na ons huidige omstandighede te kyk.<\/p>\n\n\n\n<p>In hoofstuk\n28 lees ons hoe die godsdiensleiers nie na Jesaja wou luister nie- hulle beleef\nsy uitsprake as brabbel taal.&nbsp;&nbsp; Jesaja\nbring dan weer die boodskap van vernietiging oor die land.&nbsp; Die volk en leiers wil hulle nie daaraan\nsteur nie- ons het mos die Here aan ons kant, die doderyk sal ons nie kan raak\nnie.&nbsp; Die Here gaan \u0149 Rots neersit, \u0149\nFondament, (vers 16) en slegs wie op God vertrou (deur die werk van Jesus\nChristus) sal gered word en hulle hoef nie te vrees nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die volk wil\nnie nogtans nie luister na Jesaja nie.&nbsp;\nNou gebruik hy \u0149 baie bekende beeld van \u0149 boer wat weet wanneer om te\nplant en hoe om te oes. Waar\nkom hierdie kennis vandaan?<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here gee\nkennis en wysheid.&nbsp; Hy bepaal die natuur\nen die skepping en die wette hoe om te bewerk en te vermeerder. So is alle kennis en wysheid vanaf\ndie Here- die kennis om te werk en besighede te bestuur en om die ekonomie te\nversterk.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar net so\nis die belangrikste kennis wat ons nodig het ook vanaf die Here- die kennis oor\ndie Here self.&nbsp; Die kennis wat ons kry in\nsy Woord en wat dit werk deur Sy Gees.<\/p>\n\n\n\n<p>God \u201cboer\u201d\nmet wysheid in ons lewens.<\/p>\n\n\n\n<p>Die Here\nvoorsien nie net kennis nie, Hy is vir ons die beste voorbeeld van \u0149 boer wat\nweet hoe om te plant en te oes en elke saad anders te dors.- Hy plant en bewerk\nelkeen van ons se lewens anders.<\/p>\n\n\n\n<p>Party van\nons moet hard getrap word op die dorsvloer soos Paulus wat geroep is op weg na\nDamaskus om die saad los te kry vanaf die kaf. In ander van ons se lewens is\ndie Here besig om grond reg te maak om te plant.&nbsp; Ander is weer in \u0149 groeifase waar daar\nnatgemaak word.&nbsp; In ander is die Here\nbesig om te oes en te dors.&nbsp; So werk die\nHere verskillend in ons lewens soos wat \u0149 boer verskillend werk met komyn en\ngraan.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hy weet wat\nelkeen van ons nodig het en hoe lank dit nodig is.<\/p>\n\n\n\n<p>Voor \u0149 boer\nplant moet daar geploeg word- die grond moet oopgebreek word, maar \u0149 boer sal\nnie vir altyd aanhou ploeg en \u0149 oes verwag nie, daar moet ook geplant word.<\/p>\n\n\n\n<p>So is die\nHere ook besig om in van ons se lewens grond oop te breek, om te dolwe- maar Hy\nsal ophou wanneer die grond reg is.&nbsp; Moet\ndaarom die werking van die Here nie teenstaan wanneer Hy met ons werk nie.<\/p>\n\n\n\n<p>So werk die\nHere met die beste wysheid en kundigheid in elkeen van ons se lewens.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>As ons\ntwyfel oor die swaarkry in ons lewens- die beproewings wat ons moet\ndeurmaak.&nbsp; Dink aan Christus wat gesterf\nhet aan die kruis, sodat die oes groot kan wees,&nbsp; dan sal daar vrede in ons hart kom.<\/p>\n\n\n\n<p>Sien raak\ndat die Here met ons werk sodat Hy ons kan kom oes as koringkorrels van die\nskuur van die ewige lewe en nie as vuilgoed wat in die helse vuur gewerp gaan\nword nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Lewe met die\nwysheid van die Here, sien dit in alles raak.&nbsp;\nMaar besef die grootste wysheid is dat Jesus Christus vir ons kom sterf\nhet . Want Christus is die hoeksteen op wie ons lewens onwrikbaar vasstaan.&nbsp; Wie op Hom vertrou hoef nie te vlug nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir\nmeer:<\/p>\n\n\n\n<p>Romeine\n9:30-10:4 en 1 Korinti\u00ebrs 15:35-58.<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here dankie\ndat ons altyd op U kan vertrou.&nbsp; Skenk\nons die wysheid om vandag ook te beste te hanteer.&nbsp; Dankie dat ons die wysheid van U Woord kan\nhoor en verstaan.&nbsp; Werk met ons volgens U\nwil. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072&nbsp;272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jesaja 28:23-29 Teks wat tref:&nbsp; Jesaja 28:29 Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom kom, is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop. Wysheid is iets wat ons almal nodig het. Veral in tye van swaarkry en beproewings en uitdagings het ons wysheid nodig. Wysheid is meer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/869"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=869"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/869\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":870,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/869\/revisions\/870"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=869"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=869"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=869"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}