{"id":864,"date":"2020-05-12T08:50:08","date_gmt":"2020-05-12T06:50:08","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=864"},"modified":"2020-05-12T08:50:08","modified_gmt":"2020-05-12T06:50:08","slug":"dagstuk-dinsdag-12-mei-2020-die-geheim-van-n-reguit-lewenspad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=864","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 12 Mei 2020 – Die geheim van \u0149 reguit lewenspad!"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 26
Vers wat Tref: 26:7
\u201cDie pad van die regverdige is reguit,
U maak sy pad gelyk..\u201d<\/p>\n\n\n\n
Wie van ons wil nie \u0149 reguit lewenspad h\u00ea nie?  Ons hou daarvan om die gelyk paaie te neem, die snelwe\u00eb wat ons vinnig by ons bestemming bring.
\nWie van ons probeer nie om ons lewenspad reguit te laat verloop nie- nie net ons sin nie, maar veral die van ons kinders sin. Ons probeer die berge plat te maak, die bosse oop te kap, die slaggate te vul.
\nMaar slaag ons daarin?  Kan ons werklik ons lewenspad reguit maak?  <\/p>\n\n\n\n
Ons slaag nie baie goed daarin nie. Vir \u0149 tyd lyk dit of ons dit regkry- maar daar kom altyd weer berge en bosse en slaggate en selfs doodloopstrate.  Wie van ons kan werklik voorberei het vir dit wat ons nou beleef met die inperking.  Kan enige iemand met eerlikheid s\u00ea wat gaan ek doen oor 2 of 3 maande of volgende jaar?  Die lewe is vol van hierdie hindernisse- wonde wat ons voel nie kan genees nie, geestelik en fisies. Vlekke wat nie wil uitwas nie, berge wat nie wil skuif nie.  Daar is vir ons geen waarborg dat ons die lewenspad vir ons reguit kan maak nie.  Die hoogste posisie, die grootste rykdom, die beste grade is geen waarborg van \u0149 gelyke lewenspad nie.<\/p>\n\n\n\n
Is als dan vir ons tevergeefs?  Wat help dit dan dat ons  swoeg en sweet en beplan?  Die geheim van \u0149 gelyke lewenspad l\u00ea nie by ons nie, maar by die Here.
\nDie pad van die regverdige is reguit, die Here maak dit gelyk.  Hoe is ons dan regverdig?  Uit eie vermo\u00ebns?  Nee, die Here maak ons regverdig.  Hy roep ons en gee dit vir ons geskenk.  Hy het ons losgekoop deur die bloed van Christus.  Hy is by ons en niks gebeur uit toeval nie.
\nDie regverdige se begeertes is nie aardsgerig nie, maar na bo. \u201c Ons wil u Naam eer en U aanroep.
\nIn die nag smag ek na U, in die m\u00f4re vra ek na u wil.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Die regverdige besit die geheim van \u0149 gelyke lewenspad.  Christus het die die ongelyke, onregverdige pad gestap tot by Golgota sodat daar vir ons \u0149 gelyke pad is na die Here.  \u0149 Pad wat ons moet vrymoedigheid kan betree en wat ons reguit neem na gelyktes wat ons nie eens kan besef nie.
\nVandag weet ons, die Here werk met my in my lewenspad.  God se vertroosting is groter as enige hartseer, angs of vrese.  God is groter as enige berg of struikelblok of slaggat.  God bevestig deur Sy Gees, daar is vir ons hoop, en vrede en vertroue.  Daar is vir ons genade en vergiffenis.
\nMaak nie saak hoe ons verlede lyk nie, hoe onseker die toekoms is- saam met God het ons die allerbeste lewenspad.  Ons beleef nou ontbering van die tentwoning, maar sien uit na die huis wat die Here vir ons gereed het.<\/p>\n\n\n\n
Daarom kan ek vandag en elke dag s\u00ea: \u201cSy genade is vir my genoeg- meer as genoeg.\u201d
\nMy lewenspad is gelyk want ek wandel my lewenspad nie net in die lig van die Here nie, maar saam met die Here!
\nDaarom soek ek die eer van Sy Naam- in die aand begeer my siel die Here, in oggend soek ek na Sy wil!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 27 en 2 Korinti\u00ebrs 4:16-5:10.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere my Here!  My siel, en hart begeer na U, ek wil leef in U wil alleen.  Dankie dat U my op die allerbeste lewenspad neem, tot die verheerliking van U naam! Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 26 Vers wat Tref: 26:7 \u201cDie pad van die regverdige is reguit, U maak sy pad gelyk..\u201d Wie van ons wil nie \u0149 reguit lewenspad h\u00ea nie? Ons hou daarvan om die gelyk paaie te neem, die snelwe\u00eb wat ons vinnig by ons bestemming bring. Wie van ons probeer nie om ons lewenspad […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/864"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=864"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/864\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":865,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/864\/revisions\/865"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=864"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=864"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=864"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}