{"id":862,"date":"2020-05-11T08:49:32","date_gmt":"2020-05-11T06:49:32","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=862"},"modified":"2020-05-11T08:49:32","modified_gmt":"2020-05-11T06:49:32","slug":"dagstuk-maandag-11-mei-2020-die-here-berei-n-feesmaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=862","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 11 Mei 2020 – Die Here berei \u0149 feesmaal!"},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 25
Vers wat Tref: 25:6
Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige ‘n feesmaal gereed maak vir al die volke,
‘n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn.<\/p>\n\n\n\n
Vanuit die oordeel-uitsprake in hoofstuk 13-24 kry ons opnuut weer die bevestiging, die groot troos, dit is die Here wat die gang van die geskiedenis bepaal.
\nHierdie loflied in Hoofstuk 25 begin dan ook met hierdie belydenis:  die Here voer alles uit soos wat Hy dit vooraf bepaal en bestem het.  Weereens hoor ons hier dat geen nasie voor die Here kan standhou nie, almal moet voor Hom buig- daarom is die Here vir ons die toevlug in ons nood!<\/p>\n\n\n\n
In Jesaja 25:6 staan dit uit dat die Here die Almagtige \u2019n feesmaal vir al die volke gereed gaan maak. Oorwinning in die Here sal gevier word. Die doek wat oor die aarde was oor al die nasies, sal verwyder word- die Here word geprys oor die hele aarde!
\nDie mag van die dood en die sonde sal gebreek word. God vee as Vader die trane af. Vir die oorblyfsel van Israel het dit werklikheid geword, want hulle is na Jerusalem teruggelei.
\nNie net vir Israel nie, maar vir die hele w\u00eareld, al die volke wat in Hom glo!
\nGod het sy Seun, Jesus Christus, gestuur om redding te kom gee! Deur Jesus Christus verander alles vir die mens en die skepping. Jesus word gespot, gekruisig. Hy word deur God verlaat en Hy beleef die angste van die hel. Hy oorwin die dood, die sonde en Satan! Alles in die stad Jerusalem- Hier word die Here se mag bekend gemaak, in die hemel en op die aarde. Hy gee aan jou Sy  genade.
\nHy het die dood ewig vernietig, ons trane en smaad vir ewig verwyder!
\nJesus kom weer, en dan sal ons die bruilofsfees van die Lam in sy volheid beleef. Dan sal God die
\nVader ons trane finaal afvee. Dan is die seerkry van die sonde verby, finaal, vir altyd en altyd! (Op.
\n21:4)
\nIntussen? Jy is nie alleen nie. Die Heilige Gees is in jou en die Woord lei jou.
\nGod skenk aan jou medegelowiges om saam die stryd te voer en nou reeds saam die oorwinningsfees te leef. Dit is waarom ons nagmaal vier.
\nMag die Heilige Gees jou laat vashou aan die redding en vreugde wat Hy as God die Vader, Seun en Heilige Gees aan jou gee.
\nDeel jou vreugde van redding met di\u00e9 wat nog soek en smag na God.  Vertel vir almal (vers 9): Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered.
\nDit is die Here! <\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nPsalm 63 en Openbaring 21.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere, U is my God!  U sal ek altyd prys en loof!  Dankie vir U redding, liefde en hoop!  Dankie vir U versorging elke dag en dat ek kan deel in die heerlikheid wat op my wag.  Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 25 Vers wat Tref: 25:6 Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige ‘n feesmaal gereed maak vir al die volke, ‘n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn. Vanuit die oordeel-uitsprake in hoofstuk 13-24 kry ons opnuut weer die bevestiging, die groot troos, dit […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/862"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=862"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/862\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":863,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/862\/revisions\/863"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=862"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=862"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=862"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}