{"id":856,"date":"2020-05-07T08:25:04","date_gmt":"2020-05-07T06:25:04","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=856"},"modified":"2020-05-07T08:25:04","modified_gmt":"2020-05-07T06:25:04","slug":"dagstukkie-7-mei-2020-leef-sonder-vrees-vir-die-toekoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=856","title":{"rendered":"Dagstukkie 7  Mei 2020 \u2013 Leef sonder vrees vir die toekoms"},"content":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons hoe om ons vrese te oorkom\u00a0 deur na God te luister, weerbaar te wees en voorbereid op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte: Matteus\n16:13-23&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\nFokusgedeelte: Matteus 16:18<\/p>\n\n\n\n<p>Jesus se bediening\nbring toenemende konfrontasie. Nie net van sy aanvallers nie maar ook van die\ndissipels.&nbsp; Hulle is in Sesarea-Filippi, waar baie afgode gedien is.&nbsp;\nJesus se naderende dood en sy posisie bring talle vrae.&nbsp; Hy vra die\ndissipels wie Hy is en kry uiteenlopende antwoorde.&nbsp; Sy vraag is belangrik\nom hulle vir die toekoms voor te berei <\/p>\n\n\n\n<p>Dit het nou tyd geword\ndat Jesus seker maak dat almal beleef&nbsp; hoe God in beheer van alles\nen&nbsp; ook van sy kerk se geskiedenis is. Hy is die Christus &#8211; die een wat\nverlossing bring. Teenoor Hom is die Satan wat ons Here se kerk wil\nvernietig.&nbsp;&nbsp; Te midde van hierdie stryd verseker Hy ons dat die magte\nvan die hel die kerk nie sal oorweldig nie. Tog bly dit moeilik om hierdie trooswoorde\nte verstaan as ons daagliks aanslae beleef.&nbsp; Wat gaan die uiteinde van die\nCorona virus wees? <\/p>\n\n\n\n<p>Dit is die eerste keer\ndat die woord \u201ckerk\u201d in die Nuwe Testament gebruik word vir gelowiges. Die\nbeeld van \u0149 rots is reeds uit Psalm 18:2 bekend en dui op die fondament\nChristus,&nbsp; waarop die kerk gebou word.&nbsp; \u0149 Rots het die betekenis van\nskuilplek en veilige vesting.&nbsp; Hierby volg die verdere vertroosting dat\ndie magte van die doderyk die kerk nie sal oorweldig nie.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hierna beskryf Jesus\nhoe geweldig groot die stryd tussen lig en donker sal wees as Hy selfs vir\nPetrus vermaan. Die beeld van die sleutels, as simbool van gesag en om mee te\nbeheer,&nbsp; maak dit duidelik dat ons eindbestemming \u0149 saak van lewe en dood&nbsp;\nvir die Here is.&nbsp; Hy beheer alles. <\/p>\n\n\n\n<p>Daagliks ervaar ons wat\ndit beteken dat die magte van die doderyk ons nie sal oorweldig nie. Ons word\ndeur Christus, die Seun van die lewende God beskerm. <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Op 20:11-15<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Dankie Here dat ons in\nhierdie uitdagende tye kan weet dat U ons beskerm. Dankie dat U te midde van\nonsekerhede vir ons \u0149 Rots is sodat ons stewig kan vastrap.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus\nvan Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons hoe om ons vrese te oorkom\u00a0 deur na God te luister, weerbaar te wees en voorbereid op te tree. Skrifgedeelte: Matteus 16:13-23&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Fokusgedeelte: Matteus 16:18 Jesus se bediening bring toenemende konfrontasie. Nie net van sy aanvallers nie maar ook van die dissipels.&nbsp; Hulle is in Sesarea-Filippi, waar baie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/856"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=856"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/856\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":857,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/856\/revisions\/857"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=856"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=856"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=856"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}