{"id":852,"date":"2020-05-05T08:23:47","date_gmt":"2020-05-05T06:23:47","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=852"},"modified":"2020-05-05T08:23:47","modified_gmt":"2020-05-05T06:23:47","slug":"dagstukkie-5-mei-2020-standhoudende-water","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=852","title":{"rendered":"Dagstukkie 5  Mei 2020 &#8211; Standhoudende water"},"content":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons hoe om ons vrese te oorkom\u00a0 deur na God te luister, weerbaar te wees en voorbereid op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte:&nbsp;&nbsp; Jeremia 2:1-13&nbsp;\nTeks wat tref:&nbsp; v 13<\/p>\n\n\n\n<p>Wat is die grootste bekommernis wat u\nbeleef?&nbsp; Dit wat dalk al jou energie tap of jou totaal moedeloos\nmaak?&nbsp; Die volk Israel ervaar dit ook &#8211; Gebarste waterbakke wat nie water\nhou nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir &#8216;n tweede maal gaan Jeremia die volk\naanspreek . Eers beklemtoon hy die besondere verhouding waarbinne hulle met God\nstaan. Daarna&nbsp; word die pragtige digterlike taal onderbreek met \u2019n\nklagskrif in vers 4. Die bruid word gekonfronteer met \u2018n&nbsp; harde\nuitspraak.&nbsp; Daar is huweliksontrou en die bruid verloor haar waardigheid.\nSy het van die Here af weggedraai. <\/p>\n\n\n\n<p>God formuleer &#8216;n klagskrif om hulle tot\nbesinning te roep (vl3):&nbsp; &#8220;My volk het twee sondes begaan: Hulle het\nMy, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit\nklip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie\u201d.&nbsp;&nbsp; Die\ngevolge is rampspoedig. Hul dors word nie geles nie. Hulle swoeg\ntevergeefs.&nbsp;&nbsp; Dit is so ingrypend dat selfs by die heidense volke so\niets nog nooit voorgekom het nie.&nbsp; Hulle kies gebarste waterbakke wat niks\nkan hou nie ten gunste van die Beloofde Land met volop strome, fonteine en\nputte.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Kort voor lank het die water verdamp, deur die\nskeure in die rotse weggesypel,&nbsp; troebel en modderig geword.&nbsp;\nDaarteenoor is God die lewende waterbron wat versorg, voorsien, laaf, verkwik\nen reinig: (Jh 4:14,Op 21:6 )<\/p>\n\n\n\n<p>Maar, dit is nie net Israel wat sy God verlaat\nhet nie!&nbsp;&nbsp; Dit is byna onmoontlik dat iemand die bron van lewende\nwater vir &#8216;n gebarste waterbak sou verruil.&nbsp; En tog is die optrede oral\nsigbaar.&nbsp; Ons verruil die Here ook dikwels en soek ons eie heil.&nbsp;\nGewoonlik tot groot frustrasie en spanning.&nbsp;&nbsp; Ons moet na die Here\nterugkeer.&nbsp; Dit vra &#8216;n belydenis dat Christus en net Hy alleen versoening\nbring. Dit vereis &#8216;n ware skuldbelydenis.<\/p>\n\n\n\n<p>Met sy bloed het Christus verseker dat ons nie\nweer sal dors kry nie. Daar is geen ander manier &#8211; net God is die Bron van die\nlewende water.<\/p>\n\n\n\n<p>Kom bely jou sonde en drink van die lewende\nwater wat God gee!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ps 36:9, Op 22:1,17<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Baie dankie Here dat U in ons behoeftes\nvoorsien. Leer ons om nie in ons sonde te volhard nie.&nbsp; Voed ons met\nstrome lewende water.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds\nPetrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons hoe om ons vrese te oorkom\u00a0 deur na God te luister, weerbaar te wees en voorbereid op te tree. Skrifgedeelte:&nbsp;&nbsp; Jeremia 2:1-13&nbsp; Teks wat tref:&nbsp; v 13 Wat is die grootste bekommernis wat u beleef?&nbsp; Dit wat dalk al jou energie tap of jou totaal moedeloos maak?&nbsp; Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/852"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=852"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/852\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":853,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/852\/revisions\/853"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=852"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=852"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=852"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}