{"id":849,"date":"2020-05-04T08:25:39","date_gmt":"2020-05-04T06:25:39","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=849"},"modified":"2020-05-04T08:25:39","modified_gmt":"2020-05-04T06:25:39","slug":"dagstukkie-4-mei-2020-oorwin-die-vrees-vir-jou-vyand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=849","title":{"rendered":"Dagstukkie 4 Mei 2020 &#8211; Oorwin die vrees vir jou vyand"},"content":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons hoe om ons vrese te oorkom\u00a0 deur na God te luister, weerbaar te wees en voorbereid op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p>Skrifgedeelte: Numeri\n13:1-32&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\nTeks wat tref: v 2,13<\/p>\n\n\n\n<p>Ons het almal \u2018n vrees vir iets in ons lewe\nsoos klousterfobia (nou ruimtes), aragnafobia (spinnekoppe), hidrofobia (water)\nen sommer \u2018n vrees vir die donker, \u2018n plek of iemand. Die uitbreek van Covid 19\nen die gepaardgaande sterftes, onsekerhede en die onbekende bring nog vrese.<\/p>\n\n\n\n<p>Die volksleiers in Num 13 het weer \u2018n vrees vir\ndie grootte van hul vyande gehad.&nbsp; Daarom rapporteer die meerderheid dat\ndie inwoners van die Beloofde Land te sterk is om te oorwin.&nbsp; Net twee van\ndie verspieders sien kans om hulle te gaan aandurf.&nbsp;&nbsp; Hoe is dit\nmoontlik dat dieselfde groep wat die land verken het, twee uiteenlopende\nweergawes na Moses terugbring?<\/p>\n\n\n\n<p>Ons dink ook maar aan ons eie\noptrede.&nbsp;&nbsp; Mense beleef en ervaar gebeure verskillend.&nbsp; Daar is\noptimiste, pessimiste en realiste.&nbsp; Toe Moses opdrag gee dat die land\nverken moet word, was die volk heeltyd bewus van God se mag en\nteenwoordigheid.&nbsp; Hy het die Egiptenare laat verdring in die Rooisee en\ndie volk veilig daardeur gelei.&nbsp; Hy het telkens aan hulle kos en water en\nredding gegee. <\/p>\n\n\n\n<p>En \u2018n oomblik later is die mense in Kana\u00e4n\ndaarvoor verantwoordelik dat vrees hulle beetpak &#8211; v28:&nbsp;&nbsp; \u201cMaar die\nmense wat in die land woon is sterk en die stede is versterk en baie groot\n\u201d.&nbsp; Skielik het die mense wat hulle sien \u201cgroter\u201d as God geword.&nbsp;\nVrees lei daartoe dat die volk nie meer God se beloftes sien nie.&nbsp; Hulle\nis bang vir hul vyand.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Hoe gebeur dit dan daar&nbsp; so \u2018n groot\nmeningsverskil tussen die verkenners ontstaan?&nbsp; Die een groep vertrou op\ndie Here terwyl die ander op eie insigte staatmaak.&nbsp;&nbsp; Dit is die les\nwat Numeri 13 wil leer.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Leer om deur God se o\u00eb na alles te kyk.&nbsp;\nGebruik God se beloftes om jou teen die vyand weerbaar te maak.&nbsp; Kaleb se\nwoorde in vers 30 spreek hiervan.<\/p>\n\n\n\n<p>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;\n\u201cOns moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kan dit doen.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sy optrede hierna bewys dat hy volkome vertrou\nhet.&nbsp; Hy sien dieselfde situasie as die ander, maar vanuit God se\nperspektief.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dink jy groot of klein van God?&nbsp; Die volk\nhet gevrees dat hulle sou misluk in hul optrede en wou daarom nie teen die\nvyand&nbsp; optrek nie.&nbsp; Hulle het hulself as sprinkane beskou.&nbsp;\nDaarteenoor het Kaleb het die Here vir \u2018n oorwinning vertrou.&nbsp; Hy het nie\ndie vyand gevrees nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Bring alles voor die Here en Hy sal jou\nonderneminge laat geluk (Spreuke 3:6)&nbsp; Met Christus se kruisdood is elke\nvyand oorwin.&nbsp;&nbsp;&nbsp; Hoe groot is God in jou lewe?<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Jes 41:13-16<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, baie dankie dat U in hierdie tyd van\nbeproewing ons versorg en bewaar.&nbsp; Neem die twyfel en vrees in ons harte\nweg. Leer my om seker en vasberade te leef.&nbsp; Amen <\/p>\n\n\n\n<p>Ds\nPetrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met hierdie week se dagstukkies leer ons hoe om ons vrese te oorkom\u00a0 deur na God te luister, weerbaar te wees en voorbereid op te tree. Skrifgedeelte: Numeri 13:1-32&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Teks wat tref: v 2,13 Ons het almal \u2018n vrees vir iets in ons lewe soos klousterfobia (nou ruimtes), aragnafobia (spinnekoppe), hidrofobia (water) en sommer \u2018n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/849"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=849"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/849\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":850,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/849\/revisions\/850"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=849"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=849"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=849"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}