{"id":845,"date":"2020-05-01T10:07:46","date_gmt":"2020-05-01T08:07:46","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=845"},"modified":"2020-05-01T10:07:46","modified_gmt":"2020-05-01T08:07:46","slug":"dagstuk-vrydag-1-mei-2020-met-geloof-sien-ons-die-toekoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=845","title":{"rendered":"Dagstuk Vrydag 1 Mei 2020  Met geloof sien ons die toekoms."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Hebre\u00ebrs 11:1-22.
\nVers wat Tref: 11:1 en 11:15-16.
\n \u201cOm te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop,
\nom oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.\u201d <\/p>\n\n\n\n
Waarvan kan jy vandag seker wees?  Niemand kan met sekerheid s\u00ea hoe die toekoms gaan lyk nie, wat gaan volgende gebeur.  Niemand weet hoe die Covid-19 gaan uitspeel nie, ook nie met die al die re\u00ebls van die inperking nie.  Nie eens die regering is seker nie, weekliks word regulasies weer verander.<\/p>\n\n\n\n
Met geloof het jy die sekerheid van die toekoms.  J is seker van die dinge wat jy hoop.  Geloof is vir jou die bewys van dit wat jy nog nie nou al kan sien nie.
\nWat hoop jy, waarvan is jy seker?  Die Here is in beheer en stap met jou \u0149 pad.  Maak nie saak die omstandighede nie, hoe deurmekaar en moeilik dit lyk nie.  Die Here gebruik dit alles in Sy Raadsplan tot en met die wederkoms van Jesus Christus.<\/p>\n\n\n\n
Die Hebre\u00ebrs brief noem \u0149 lys van geloofshelde- persone wat in hul geloof volhard het, sonder dat hulle die nabye toekoms kon gesien het, maar op die Here vertrou het.
\nKyk na die voorbeeld van Abraham.  Die Here roep hom en beloof aan hom en sy nageslag \u0149 nuwe land- \u0149 nageslag so groot soos die sterre aan die hemel.  Abraham volg die Here in die geloof- hy weet nie hoe lyk die land nie, hy self het geen kind nie, maar in die geloof kan hy seker wees van God se beloftes.  Nie omdat sy geloof so groot en sterk is nie, hy het baie maal ook getwyfel, maar omdat die Here so groot is.
\nAbraham se geloof was nie gefokus op die tydelike en die aardse nie- hy het maar in tente gewoon in die beloofde land.  Maar hy het die toekoms gesien van \u0149 stad wat die Here self bou en oprig.  Hy het nie verlang na sy vaderland nie, maar na \u0149 beter vaderland, die hemelse verlang.  <\/p>\n\n\n\n
Jy moenie net vaskyk teen die aardse om ons nie. Ja, in hierdie tyd en in Suid Afrika het die Here vir jou \u0149 spesifieke opdrag en doel wat jy in geloof moet uitvoer.  Jy verlang na nie \u0149 lewe voor Covid-19 nie, maar verlang na die hemelse vaderland waarna jy met groot blydskap uitsien.
\n\u0149 Vaderland waaraan jy deel het omdat jy deur Jesus Christus as kind van God gereken word.  \u0149 Verlange en sekerheid wat jy het omdat die Heilige Gees dit vir jou bevestig.<\/p>\n\n\n\n
Daarom volhard in die geloof, gee nie jou geloofsvertroue prys nie.  Hou by die riglyne wat die Here vir jou gee, maak nie saak hoe moeilik dit raak of al lyk dit of die w\u00eareld op sy kop staan nie.  Jy stem dalk nie saam met al die re\u00ebls en regulasies wat die regering instel nie, maar jy bly daarby (en skakel met die regering) omdat jy deur die ware geloof gehoorsaam is aan God<\/p>\n\n\n\n
Mag jy opnuut deur die geloof die toekoms sien wat die Here vir vas en seker belowe.  Jy het dit self makliker as die Abraham en die ander gelowiges in die Ou Testament, want aan jou is meer gegee oor die pad wat die Here beplan.
\nVolhard in die geloof!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nHeidelbergse Kategismus Sondag 7 en 2 Petrus 3.                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                              <\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nEk loof en pry u Here!  Lei my om te volhard in die geloof.  Versterk my opnuut met U woord en met U Gees.  Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Hebre\u00ebrs 11:1-22. Vers wat Tref: 11:1 en 11:15-16. \u201cOm te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.\u201d Waarvan kan jy vandag seker wees? Niemand kan met sekerheid s\u00ea hoe die toekoms gaan lyk nie, wat gaan volgende […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/845"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=845"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/845\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":846,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/845\/revisions\/846"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=845"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=845"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=845"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}