{"id":841,"date":"2020-04-29T10:19:57","date_gmt":"2020-04-29T08:19:57","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=841"},"modified":"2020-04-29T10:19:57","modified_gmt":"2020-04-29T08:19:57","slug":"dagstuk-woensdag-29-april-2020-dit-is-maar-net-covid-19","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=841","title":{"rendered":"Dagstuk Woensdag 29 April 2020 – Dit is maar net Covid-19."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 7:1-16
Vers wat Tref: 7:7-9<\/p>\n\n\n\n
Jesaja tree nou op as profeet in die tyd van Agas, die derde koning van Juda aan wie Jesaja die boodskap van vernietiging bring. Hier is die eerste keer waar ons lees dat Jesaja persoonlik met \u0149 persoon  praat en \u0149 boodskap bring.
\nKoning Agas kry berig dat die Aramese koning Resin en die Israelitiese koning Peka kragte saamspan en reeds teen hom optrek.  Wat is Agas en die volk se reaksie?  Hulle is so bang soos bome wat in die wind waai.
\nDie Here stuur vir Jesaja om vir Agas \u0149 boodskap te bring: \u201cBedaar! Bly kalm!  Moenie bang wees nie!  Moet jou nie ontstel nie oor hierdie twee stukke brandhout nie, hulle rook net.\u201d
\nDie twee konings het groot planne gemaak, hulle wil hulself verryk en die grondgebied van Juda neem.<\/p>\n\n\n\n
Maar die Here se pad en plan loop anders.  Heeltyd kondig Hy die vernietiging en verwoesting van Juda aan, maar die tyd is nog nie reg nie.  Assi\u00ebr is die magtigste ryk van daardie tyd, maar hulle gaan ook eers verwoes word.
\nLuister na die antwoord van die Here:  Ek, die Here jou God s\u00ea vir jou.  Dit is die Here wat self praat.  Hy bly die God en Here van Juda.  Hy is die Here oor die hele aarde en beheer die hele w\u00eareld!
\nHierdie konings wat teen jou optrek Agas, hulle is maar net die koning van Aram en die koning van Isreal.  Hulle kom maar net van die stede Damaskus en Samaria. Binne 65 jaar gaan hulle so verwoes wees sodat hulle geen volk meer is nie.  Niemand kan vir altyd standhou nie.  So ook geen situasie of omstandighede nie.  Dit gaan nie vir altyd aanhou nie.
\nVandag beleef en vrees ons vir Covid-19.  Ons vrees en is bang vir wat vir ons ekonomies voorl\u00ea.  Maar dan antwoord die Here jou God jou:  Hierdie is maar net Covid-19, dit gaan ook verbygaan.<\/p>\n\n\n\n
Agas moet volhard in sy geloof, so moet ons ook volhard in ons geloof- dit is hoe ons staande gaan bly!<\/p>\n\n\n\n
En dan gee die Here die wonderlike teken van die koms van die Messias, Jesus Christus wat genoem word Imannuel, God is met ons.  Agas self gaan nie hierdie teken sien nie, die verwoesting moet nog eers plaasvind.  Maar vir ons is dit die wonderlike troos- hierdie teken het plaasgevind.  God is met ons. Christus het mens geword en onder ons gewoon.  Hy weet waardeer ons gaan en wat ons beleef.  Christus het gekom sodat ons nooit weer hoef bang te wees nie.  Meer nog hy het sy Heilige Gees vir ons gegee.  Ons kan uitsien na die volgende teken- Jesus Christus kom weer op die wolke, dan gaan ons vir altyd Immanuel beleef- God is met ons.<\/p>\n\n\n\n
Daarom, hou moed.  Moenie bang wees nie.  Bly kalm!  God is met ons!  Hierdie is maar net Covid-19.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nMatteus 1:18-24 en Genesis 17.                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                            <\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nDankie Here dat U my God en Here is.  Dankie dat ek nie bang hoef te wees nie.  Maak my kalm deur U Gees.  Dankie dat ek kan uitsien na die koms van Jesus Christus sodat ek vir ewig by U kan wees. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 7:1-16 Vers wat Tref: 7:7-9 Jesaja tree nou op as profeet in die tyd van Agas, die derde koning van Juda aan wie Jesaja die boodskap van vernietiging bring. Hier is die eerste keer waar ons lees dat Jesaja persoonlik met \u0149 persoon praat en \u0149 boodskap bring. Koning Agas kry berig dat […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/841"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=841"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/841\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":842,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/841\/revisions\/842"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=841"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=841"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=841"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}