{"id":839,"date":"2020-04-28T10:07:04","date_gmt":"2020-04-28T08:07:04","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=839"},"modified":"2020-04-28T10:07:04","modified_gmt":"2020-04-28T08:07:04","slug":"dagstuk-dinsdag-28-april-2020-blinde-oe-en-dowe-ore","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=839","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 28 April 2020 &#8211; Blinde o\u00eb en dowe ore."},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Jesaja 6<\/p>\n\n\n\n<p>Vers wat\nTref: 6:9<\/p>\n\n\n\n<p>Jesaja 6\nbegin met hierdie bekende visioen waar hy die heerlikheid van die Here wat op\nsy troon sit aanskou, met die serafs wat die Here se heiligheid uitroep en dat\nSy heerlikheid oor die hele aarde is. (Kyk weer na Dagstuk 31 Maart).<\/p>\n\n\n\n<p>Vandag kyk\nons na die mindere bekende deel van hierdie hoofstuk.&nbsp; Jesaja besef sy onreinheid voor die Here en\ndat hy woon onder \u0149 volk wat onrein is.&nbsp;\nEen van die serafs neem \u0149 gloeiende kool en raak sy lippe aan en\nbevestig dat Jesaja se oortredings vergewe is, sy sonde versoen is (vers\n7).&nbsp; Wat is Jesaja se reaksie hierop?\n\u201cHier is ek, stuur my Here.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Sonder om\neen oomblik te huiwer, is Jesaja gereed om in dankbaarheid \u0149 dienskneg te wees\nom die boodskap van die Here te verkondig.&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\nboodskap is glad nie wat Jesaja verwag het nie, daarom vra hy dan ook: \u201cTot\nwanneer Here?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Moontlik het\nJesaja verwag dat die Here gaan s\u00ea duisende gaan na die boodskap luister, die\nhele land gaan op eenslag tot bekering kom (soos Jona vir Nineve die boodskap\ngebring het).<\/p>\n\n\n\n<p>Jesaja word\ngestuur om vir die volk te s\u00ea dat hulle hoor en niks verstaan nie, kyk en niks\nsien nie.&nbsp; Nog meer, hy moet hulle traag\nvan begrip maak, doof en blind, sodat hulle nie bekeer en genees word nie.&nbsp; Hoor ons hier reg?&nbsp; Die volk moenie tot bekering kom nie?&nbsp; Hulle en die land moet eers verwoes word en\ndie land in \u0149 puinhoop omskep word.<\/p>\n\n\n\n<p>Jesaja se\nprediking sal bevestig dat hulle nie wil bekeer nie (vgl. Mt. 13:11-15). Hulle\nsal reageer soos hulle deurgaans was: mense sonder begrip of verstand, mense\nwat nie wil hoor of sien nie.&nbsp; Dit leer\nons ook in die Nuwe Testament.&nbsp; Die\noordeel en toorn van die Here is daar waar die Here die mense oorgee aan hulle\nbegeertes en dwaashede om te wat hulle wil doen (Romeine 1:23-24). <\/p>\n\n\n\n<p>Alles gaan\ntot niet gaan. God gaan vernietig, God wil vernietig.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar nogtans\nis alles nie duisternis nie.&nbsp; Jesaja moet\nbly optree en die verwoesting gaan kom, dit gaan nie gekeer word nie.&nbsp; Maar die Here laat \u0149 stomp oorbly.&nbsp; In Hoofstuk 11 voorspel die Here \u0149 wonderwerk\nwat vanuit hierdie stomp na vore gaan kom.&nbsp;\nSy verbond en raadsplan is nie verby nie.<\/p>\n\n\n\n<p>God voer sy\nplan uit te midde van \u0149 koppige volk (Lees gerus hoofstuk 5 oor die beeld van\ndie wingerd). Daar is nie \u2018n maklike evangelie of goedkoop genade nie. Almal\ngaan nie gehoor gee aan die boodskap van die Here nie.&nbsp; Vir party is dit \u0149 doodsreuk (2 Korintiers 2:14-16).\nMaar die Here het nog steeds \u0149 plan en die tyd wat Hy vasgestel het moet eers\nverloop.<\/p>\n\n\n\n<p>Uit die\nstomp kom daar \u0149 nuwe begin, nuwe lewe.&nbsp;\nUit die stomp stuur Hy vir Jesus Christus, sy Seun.<\/p>\n\n\n\n<p>Met Christus\nse koms was daar ook nie kortpaaie nie.&nbsp;\nDie evangelie laat ons nie by Goeie Vrydag verby jaag na die oorwinning\nvan die opstandings nie en die hemelvaart nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Nou moet ons\nook eers die beproewings van die hede beleef voor die heerlikheid van die\newigheid.<\/p>\n\n\n\n<p>Daarom\nmoenie ons Covid-19 net verby wens nie.&nbsp;&nbsp;\nDie Here stuur dit ook binne sy raadsplan, ons moet eers deur die\nbeproewing van die hede leef, voor ons die ewige heerlikheid gaan beleef!<\/p>\n\n\n\n<p>Maar laat\nons opnuut bewus wees wie is die Here wat ons roep en stuur- al is die hele\nw\u00eareld se ore en o\u00eb toe.&nbsp; Dank die Here\ndat Hy ons o\u00eb, ore en verstand oopmaak vir sy Woord!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir\nmeer:<\/p>\n\n\n\n<p>2 Korinti\u00ebrs\n3 en Handelinge 28:16-31.<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here die\nAlmagtige.&nbsp; Drie maal heilig is U\nNaam.&nbsp; Dankie dat ons u heerlikheid mag\naanskou en beleef oor elke deel van ons lewens.&nbsp;\nDankie dat u ons kragtig in ons werk deur U Heilige Gees.&nbsp; Dankie dat ons U kan ken en ons harte en\nverstand geopen is.&nbsp; Lei ons vandag deur\nU genade.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\nPotgieter<\/p>\n\n\n\n<p>072&nbsp;272\n9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK\nRietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Jesaja 6 Vers wat Tref: 6:9 Jesaja 6 begin met hierdie bekende visioen waar hy die heerlikheid van die Here wat op sy troon sit aanskou, met die serafs wat die Here se heiligheid uitroep en dat Sy heerlikheid oor die hele aarde is. (Kyk weer na Dagstuk 31 Maart). Vandag kyk ons na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/839"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=839"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/839\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":840,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/839\/revisions\/840"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=839"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=839"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=839"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}