{"id":834,"date":"2020-04-27T19:44:44","date_gmt":"2020-04-27T17:44:44","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=834"},"modified":"2020-04-28T10:05:26","modified_gmt":"2020-04-28T08:05:26","slug":"dagstuk-maandag-27-april-2020-die-here-neem-weg-en-reinig-sy-volk-skriflesing-jesaja-313-46-vers-wat-tref-jesaja-313-en-44","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=834","title":{"rendered":"Dagstuk Maandag 27 April 2020 – Die Here neem weg en reinig Sy volk."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 3:13-4:6.  Vers wat Tref: Jesaja 3:13 en 4:4.<\/p>\n\n\n\n
Jesaja 3 gaan voort met die louteringsoordeel oor die volk.  Lees jy meestal net verby hierdie gedeeltes?  Die Here het \u0149 plan met hierdie oproepe en oordeel.  Weereens kry ons die beeld van \u0149 regsaak waar die volk skuldig staan en die Here oordeel.  Die volk se sondes word vir hulle openlik genoem en uitgewys.
Nie net die leiers se verdrukking en vertrapping word beskryf nie, maar ook die vroue wat deel in hierdie korrupsie.  Hulle vertrou en maak staat op die uiterlike dinge wat vir hul \u201cskoonheid\u201d gee en dit maak hulle hoogmoedig.  Hierdie status gaan drasties en vinnig verander.  Hulle gaan geweldige verlies, ontbering en vernedering beleef.
Die modeskou verander drasties, die spoggerige vrou is \u2018n stinkende gebrandmerkte geboeide slaaf in sak geklee (treurende) en kaalkop geskeer (teken van rou en skande). Dit dui op die uiterste armoede, gebrek en skande van die krygsgevangenes wat weggevoer gaan word in ballingskap.<\/p>\n\n\n\n
Die Here se raadsplan is groot!  Hy wys nie net die oordeel nie, maar maak ook Sy verbondstrou vir die toekoms, na die ballingskap.  Daar gaan wonderbaarlike herstel wees, vrugbaar en vol vreugde! \u0149 Takkie wat uitspruit sal majesteit en heerlikheid wees vir die oorblyfsel van Israel.  Elkeen wat vir die lewe opgeskryf is, sal heilig genoem word.  Die Here sal hulle onreinheid afwas.  Die Here se teenwoordigheid gaan in Jerusalem sigbaar wees soos destyds met die uittog uit Egipte. Hy sal vir hulle die beskerming en beskutting wees (soos wat ons sing in Psalm 91 en 121).<\/p>\n\n\n\n
In hierdie twee hoofstukke vind ons weer die teenstelling van lewe en dood.  Die goddeloses kry oordeel en dood, maar die wat die Here uitverkies, lewe en vryspraak.  Hierdie profesie dui in die eerste plek op die ballingskap wat sou kom en die herstel wat die Here sal bring, maar ook na die verlossing wat Jesus Christus bring. So het daar uit Jerusalem hierdie \u201cTakkie\u201d uitgespruit na die hele w\u00eareld.  Hy gebruik sy Gees wat oor almal is wie se naam in die boek van die lewe staan.  Elkeen wat gereinig is deur die bloed van die Lam (Openbaring 7:14).<\/p>\n\n\n\n
Wat leer jy uit hierdie gedeelte vir vandag?  Die bekering en oordeel oproep is ook vir jou vandag.  Voortdurend moet jy jouself ondersoek en afvra: Is my lewe nie dalk ook soos een van hierdie vroue van Jerusalem of soos die leiers nie?  Waarin is jou vreugde en wat jaag jy na?
\nWonderlik hoor ons nie net die beloftes in Jesaja 4 nie, maar beleef hoe die Here dit in Jesus Christus vervul het!  Ek is reingewas deur die bloed van Christus, lewe in die teenwoordigheid van die Here en sy Gees is saam met my!  Ek kan uitsien na die ewige nuwe Jerusalem waar ek altyd saam met die Here gaan bly!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nJeremia 23:1-8 en Psalm 91. <\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nEnigste Here.  Dankie dat U ons geheilig het en afsonder vir U.  Dankie vir U teenwoordigheid oor ons deur U Heilige Gees.  Lei ons om ons te bekeeer van enige sondes wat ons nog probeer wegsteek. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie Potgieter
\n072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Jesaja 3:13-4:6. Vers wat Tref: Jesaja 3:13 en 4:4. Jesaja 3 gaan voort met die louteringsoordeel oor die volk. Lees jy meestal net verby hierdie gedeeltes? Die Here het \u0149 plan met hierdie oproepe en oordeel. Weereens kry ons die beeld van \u0149 regsaak waar die volk skuldig staan en die Here oordeel. Die […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/834"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=834"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/834\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":838,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/834\/revisions\/838"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=834"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=834"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=834"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}