{"id":810,"date":"2020-04-20T09:18:33","date_gmt":"2020-04-20T07:18:33","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=810"},"modified":"2020-04-20T09:18:33","modified_gmt":"2020-04-20T07:18:33","slug":"dagstukkie-20-april-2020-wat-sal-ek-vandag-aantrek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=810","title":{"rendered":"Dagstukkie 20 April 2020 &#8211;  Wat sal ek vandag aantrek?"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eks 28:1-29\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 12<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Tema\nvir die week: Geloofslesse vir liggaam en siel <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Vandag is dit die\n25 ste dag dat die grootste gedeelte van Suid-Afrika se bevolking as gevolg van\ndie Covid 19 epidemie tuis bly en werk. Ons skoolkinders en studente gebruik\nsaam met ouers die nuutste tegnologie en maniere om vanaf hul huise steeds te\nleer en te werk. Talle ander verrig noodsaaklike dienste en ons bly hulle en\ndie pasiente wat versorg word in ons gebede aan die Here se sorg opdra. <\/p>\n\n\n\n<p>Na die soveelste\ndag moontlik tuis,&nbsp; of op pad werk toe,&nbsp; word kleredrag dalk iets\nwaaraan ons nie so gereeld gedink het nie.&nbsp; Tog vertel die klere wat ek\nelke dag aantrek soms hoe ek voel.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Daar moes vir A\u00e4ron\nen die priesters gewyde klere gemaak word wat mooi en waardig was.&nbsp; So is\nverseker dat die priesters in die Here se diens met hulle klere ook \u2019n boodskap\nsou uitstuur.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar hulle klere\nhet nie iets van hulleself vertel nie.&nbsp; Hulle klere het God se liefde vir\nsy kinders beklemtoon.&nbsp; Hulle klere was daar om God aan hulle te <strong>herinner.<\/strong>&nbsp;\nGod se volk was vir Hom so belangrik dat Hy die hele tyd aan hulle dink.<\/p>\n\n\n\n<p>Hiervoor moes die\npriesters se klere met groot sorg en noukeurigheid gemaak word.&nbsp; Net die\nbeste materiaal en bykomstighede en die kundigtse vakmanne is ingespan.&nbsp;\nHulle moes ook edelstene op die klere monteer met die name van elke stam\ndaarop.&nbsp;&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Met hierdie klere\naan het die priester in die heiligdom diens gaan verrig en die Here daarmee\naltyd aan sy volk herinner.&nbsp; Die feit dat elke stam se naam op die\nedelstene monteer is, wys daarop dat die Here ook by elkeen persoonlik betrokke\nis wanneer Hy sy liefde betoon.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>In Openbaringe gee\ndie Here ook aan sy kerk wit klere waarmee hulle sy koninkryk ewig binnegaan.\nAs klere belangrik is, hoeveel te meer sal die Here nie aan my alles skenk wat\nvir liggaam en siel nodig is.<\/p>\n\n\n\n<p>Dors\nvir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Num 10:1-10, Op\n21:9-27<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Vader, dankie dat U\nmy elke oomblik bewaar en beskerm.&nbsp; Dankie dat ek vir U so kosbaar is.\nAmen<\/p>\n\n\n\n<p><strong>NS\n\u2013 Neem asseblief vrymoedigheid om ons predikante te skakel vir verdere gesprek\nen pastorale begeleiding. <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>Petrus\nvan Blerk<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p><strong>0824560235<\/strong><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Eks 28:1-29\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 12 Tema vir die week: Geloofslesse vir liggaam en siel Vandag is dit die 25 ste dag dat die grootste gedeelte van Suid-Afrika se bevolking as gevolg van die Covid 19 epidemie tuis bly en werk. Ons skoolkinders en studente gebruik saam met ouers die nuutste tegnologie en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/810"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=810"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/810\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":811,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/810\/revisions\/811"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=810"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=810"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=810"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}