{"id":796,"date":"2020-04-16T08:24:56","date_gmt":"2020-04-16T06:24:56","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=796"},"modified":"2020-04-16T08:24:56","modified_gmt":"2020-04-16T06:24:56","slug":"dagstuk-donderdag-16-april-2020-waar-le-my-vertroue","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=796","title":{"rendered":"Dagstuk Donderdag 16 April 2020 &#8211; Waar l\u00ea my vertroue?"},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Jesaja 1:21-31. <\/p>\n\n\n\n<p>Vers wat Tref: Jesaja\n1:27-28<\/p>\n\n\n\n<p>Jesaja se\ntweede oordeelsaankondiging is teen Jerusalem.&nbsp;\nTeen die stad en sy leiers en almal wat daarin is.&nbsp; Is ons daarby ongesluit?&nbsp; Sou hierdie ook van Pretoria en ons land ges\u00ea\nkan word?&nbsp; Waar is die reg, hier is dan\nnet korrupsie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek kla graag\noor my land. Wie sal ek blameer? Die staat? Ja. Die munisipaliteit? Beslis. Die\nander in my buurt? Definitief. Myself? Nooit! <\/p>\n\n\n\n<p>Ja, ek het nie\nbeheer oor alles nie. Kan ek die hele land bekeer? Maar wat kan ek doen?&nbsp; Ek kan begin by my daaglikse werk, by my\ngesin, by my gemeenskap en die klippie al wyer laat uitkring.<\/p>\n\n\n\n<p>Vanoggend, elke\ndag word ek opgeroep om my te bekeer.&nbsp;\nJesaja preek nie hier vir ander nie, maar vir my.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Die Here roep\nmy as Sy kind om elke keer weer terug te draai!&nbsp;\nWant waar is my vertroue?&nbsp; Waar is\nmy vreugde?&nbsp; Binne \u0149 maand het die Here\nalles waarin die w\u00eareld hulle vertroue en vreugde stel weggevat.&nbsp; Sport en sangsterre oorheers nie die aandag\nnie.&nbsp; Dobbelhuise en kroe\u00eb is\ntoegemaak.&nbsp; Geldmarkte het in duie\ngestort. Besighede wat op korrupsie gebou is gaan inmekaar tuimel. As dit jou\nhoop was, dan is jy nou verpletter.<\/p>\n\n\n\n<p>Herstel kom\neers as daar afgebreek is.&nbsp; So stuur die\nHere die oordeel op Jerusalem om te verpletter, maar ook om vry te maak.&nbsp; Om te bekeer vra van my om alles af te breek.<\/p>\n\n\n\n<p>Afsterf is\nopstaan! Hartlike berou word dan hartlike vreugde.<\/p>\n\n\n\n<p>Haat vir die\nsonde is liefde vir God. Wegvlug van die sonde is \u2018n lus en liefde om volgens\ndie wil van God in alle goeie werke te lewe. <\/p>\n\n\n\n<p>Hoe begin ek\nvandag met my daaglikse bekering? In my binnekamer. By my huwelik.&nbsp; By my gesin.&nbsp;\nBy my werk. By my klasse. Met my studies. Hier dien ek Hom van harte!<\/p>\n\n\n\n<p>Met hierdie gedeelte\nvanuit Jesaja herinner die Heilige Gees my: \u201cJy is myne,<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het jou\ngekoop met die bloed van Christus!\u201d Dit werk in my \u2018n liefde<\/p>\n\n\n\n<p>vir my God.\nLiefde vir God en liefde vir my naaste. Ek wil my Eienaar ken deur Sy<\/p>\n\n\n\n<p>Woord te\nbestudeer. Meer nog, ek wil Hom dien, ook in my bediening van ander!&nbsp; Die Here het my hier geplaas in hierdie\nbuurt, in hierdie stad, in hierdie land en in hierdie tyd van vandag.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek sal my\nbekeer!&nbsp; Ek sal ander oproep tot\nbekering!&nbsp; Ek sal die reg en geregtigheid\nvan die Here uitleef in my omgewing en Sy liefde verkondig en uitleef!<\/p>\n\n\n\n<p>My vertroue is\nin die Here wat my gemaak het en duur gekoop het!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Markus 8:34-38\nen 1 Johannes 1. <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Hemelse Vader, dankie\nvir u liefde en versorging.&nbsp; Mag ek altyd\nU woord hoor en luister! Dankie dat U in beheer is en ek altyd op U kan\nvertrou.&nbsp; Laat U wil geskied! Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\n072&nbsp;272 9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Jesaja 1:21-31. Vers wat Tref: Jesaja 1:27-28 Jesaja se tweede oordeelsaankondiging is teen Jerusalem.&nbsp; Teen die stad en sy leiers en almal wat daarin is.&nbsp; Is ons daarby ongesluit?&nbsp; Sou hierdie ook van Pretoria en ons land ges\u00ea kan word?&nbsp; Waar is die reg, hier is dan net korrupsie. Ek kla graag oor my [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/796"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=796"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/796\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":797,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/796\/revisions\/797"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=796"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=796"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=796"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}