{"id":791,"date":"2020-04-14T08:02:51","date_gmt":"2020-04-14T06:02:51","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=791"},"modified":"2020-04-14T08:02:51","modified_gmt":"2020-04-14T06:02:51","slug":"dagstuk-dinsdag-14-april-2020-skoongewas-van-skarlakenrooi-tot-so-wit-soos-sneeu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=791","title":{"rendered":"Dagstuk Dinsdag 14 April 2020 &#8211; Skoongewas van skarlakenrooi tot so wit soos sneeu."},"content":{"rendered":"<p>Skriflesing: Jesaja 1:10-20. <\/p>\n\n\n\n<p>Vers wat Tref: Jesaja\n1:18.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\nkwartaal fokus ons op die boek Jesaja.&nbsp;\nJesaja 1 begin met \u0149 oordeelsaankondiging oor die ongehoorsame Juda en\nJerusalem. <\/p>\n\n\n\n<p>Uiterlike\ngodsdienstige optrede is nie altyd gekoppel aan diens vir God nie.&nbsp; Uiterlik lyk dit of die volk al die voorskrifte\nnakom.&nbsp; Hulle hou die feesdae en bring\ndie offers soos voorgeskryf. Hoe lyk dit verder in die samelewing, daar waar\ngodsdiens uitgeleef word? Hulle moet nie net alleen goed doen aan ander nie,\nmaar kyk dat die reg geskied aan ander wat hulleself nie kan verdedig nie- die\nweeskinders en die weduwees.&nbsp; Dit gebeur\negter nie.&nbsp; Hulle word as Sodomsleiers en\nas \u0149 Gomorrasvolk aangespreek (Sodom en Gomorra se vernietiging is gekoppel aan\ndie sosiale verval en onderdrukking van ander).&nbsp;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Dan volg die\nharde woorde van die Here:&nbsp; \u201cEk is moeg\nvir julle.&nbsp; Jullle is vir My \u0149 las.&nbsp; Selfs al bid jul hoe baie, Ek sal nie luister\nnie.\u201d&nbsp; Die Here maak nie net sy afkeer\naan die volk bekend nie, maar volg dit altyd op met die oproep van bekering.\n\u201cHou op met kwaad doen.&nbsp; Was julle, reinig\njulle. Leer om weer goed te doen. Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle\nsal wit word soos sneeu.\u201d&nbsp; Die Here vra\nvan die volk totale vernuwing- breek met die ou sondige en doen die nuwe wat\ngoed en reg is.&nbsp; Maak nie saak hoe groot\ndie sondeskuld is nie, die Here kan hulle skoonwas.&nbsp; Indien hulle volhard in die sonde, volg\ntotale vernietiging.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie\ngedeelte vra aan jou vandag opnuut die vraag: Hoe lyk jou uitlewing van jou\ngeloof?&nbsp; Is dit net op die oppervlak, of\nis dit in die al die vlakke van ons lewe?&nbsp;\nHoe word die weeskinders en weduwees in jou omgewing versorg of word\ndaar geen reg geskied nie?&nbsp; Reik ons uit\nna ander buite die gemeente, die wat nie vir hulleself kan sorg nie, in hierdie\ntyd van Inperking? <\/p>\n\n\n\n<p>In Christus is\njou skarlakenrooi sondes met Sy bloed wit gewas soos sneeu.&nbsp; Jou purperrooi oortredings skoon gewas so wit\nsoos wol. Openbaring 7:14 \u201cDit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en\nhulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe wonderlik\nweet ons dat die Here nie net ons sonde vergewe nie, Hy het self daarvoor betaal\nmet Sy bloed aan die kruis.&nbsp; Eenmaal het\nChristus dit vir ons volbring.<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe gaan jy dan\nnou lewe?&nbsp; Kom bely jou sondeskuld voor\ndie Here.&nbsp; L\u00ea die vuil kleed van die ou\nmens af en trek die wit kleed van die nuwe mens aan. Reeds nou is ons sonde\nvergewe en is ons skoongewas deur die bloed van die Lam. Deur Christus se dood\nis die sonde betaal. Daar is geen offer meer nodig nie. Daarom het Jesus aan\ndie kruis uitgeroep: \u201cDit is volbring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Leef dan vandag\nhierdie dankbaarheidslewe, waar ons saam met gelowiges die Here aanroep en in\nal die ander aspekte van ons lewe.&nbsp; <\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Openbaring\n7:9-17 en Hebre\u00ebrs 10:19-31. <\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Hemelse Vader,\nek bely my groot sondeskuld voor U.&nbsp; Dankie\ndat my sondes heeltemal skoongewas is deur die bloed van Jesus Christus.&nbsp; Daarom wil ek U loof en prys met my hele\nlewe. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\n072&nbsp;272 9631 <\/p>\n\n\n\n<p>GK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skriflesing: Jesaja 1:10-20. Vers wat Tref: Jesaja 1:18. Hierdie kwartaal fokus ons op die boek Jesaja.&nbsp; Jesaja 1 begin met \u0149 oordeelsaankondiging oor die ongehoorsame Juda en Jerusalem. Uiterlike godsdienstige optrede is nie altyd gekoppel aan diens vir God nie.&nbsp; Uiterlik lyk dit of die volk al die voorskrifte nakom.&nbsp; Hulle hou die feesdae en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/791"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=791"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/791\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":792,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/791\/revisions\/792"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=791"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=791"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=791"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}