{"id":780,"date":"2020-04-10T08:00:28","date_gmt":"2020-04-10T06:00:28","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=780"},"modified":"2020-04-10T08:00:28","modified_gmt":"2020-04-10T06:00:28","slug":"dagstukkie-10-april-2020-gaan-sit-aan-die-here-se-voete","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=780","title":{"rendered":"Dagstukkie 10 April 2020 – Gaan sit aan die Here se voete"},"content":{"rendered":"
Dit is vandag Goeie Vrydag. Ons vier Paasfees. Ons dink aan die dood van ons Here Jesus Christus. Dit laat ons besef dat daar net by God krag en hoop is.\u00a0 Christus se dood bring my by God. Niks kan my ooit van God vervreem nie. Mag dit alles my lei om aan ons Here se voete te sit.
\u00a0
Skrifgedeelte: Lk 10:38-42\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v 39
\u00a0
Die laaste paar weke met die grendelstaat en gepaardgaande inperking kan ons maklik oorweldig. Het jy ook die gevoel en belewenis dat die uitdagings en onsekerheid net te veel word.\u00a0 Veral met die aankondiging gisteraand dat die inperking verder verleng word. Ons het vrae oor ekonomiese oorlewing, vrees vir siekte en gespanne situasies as gevolg van die inperking. Lukas vertel vir ons van \u2019n huisgesin wat ook worstel.
\u00a0
Jesus se besoek aan die twee susters,\u00a0 het hulle hele huishouding in rep en roer gebring.\u00a0 Dit is beslis \u2019n groot voorreg wat hulle te beurt val.\u00a0 Gevolglik spring die gasvrou Marta dadelik aan die werk om alles gereed te kry.\u00a0 Sy wou net die beste voorsit en Jesus dalk ook nog be\u00efndruk.\u00a0
\u00a0
Aan die ander kant gaan sit haar suster Maria aan die voete van Jesus.\u00a0 Miskien redeneer ons dat sy haar suster moes help.\u00a0 Hieroor ontstaan daar by Marta \u2019n frustrasie sodat sy teenoor die Here uitroep dat Maria tog moet kom help.\u00a0
\u00a0
In sy antwoord noem Jesus haar naam twee maal om te kenne te gee dat hy intens na haar versoek geluister het.\u00a0 Dit is goed om met voorbereidings vir die Here besig te wees.\u00a0 Maar daar is iets van groter belang.\u00a0
\u00a0
Hy wil h\u00ea dat ons aan sy voete moet gaan sit.
\u00b7\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Daar kan ons gehoorsaam na Hom luister.\u00a0
\u00b7\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Aan sy voete word ons afhanklikheid aan Hom beklemtoon.\u00a0
\u00b7\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Aan sy voete is ons naby wanner Hy ons vir dienswerk oproep.\u00a0
\u00b7\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Aan sy voete is ons verseker dat Hy ons in alle gevare sal beskerm en in elke situasie sal dra.
\u00a0
Dit is juis die Kruisgebeure wat dit weer beklemtoon waarom ek aan die voete van ons Here moet sit. Maak nou tyd om aan die Here se voete te gaan sit.
\u00a0
Dors vir meer:
Lk 11:1-13
Gebed
Here, ek begeer om aan u voete te sit en na U woorde te luister. Help my om te vertrou en naby U te leef. \u00a0Amen.\u00a0
\u00a0
Petrus van Blerk
0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Dit is vandag Goeie Vrydag. Ons vier Paasfees. Ons dink aan die dood van ons Here Jesus Christus. Dit laat ons besef dat daar net by God krag en hoop is.\u00a0 Christus se dood bring my by God. Niks kan my ooit van God vervreem nie. Mag dit alles my lei om aan ons Here […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/780"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=780"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/780\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":781,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/780\/revisions\/781"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}