{"id":761,"date":"2020-04-03T13:16:51","date_gmt":"2020-04-03T11:16:51","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=761"},"modified":"2020-04-03T13:17:29","modified_gmt":"2020-04-03T11:17:29","slug":"dagstuk-3-april-2020","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=761","title":{"rendered":"Dagstuk 3 April 2020 Bo alles moet julle mekaar liefh\u00ea!"},"content":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Kolossense 3:1-17
\nVers wat tref: vers 12-14<\/p>\n\n\n\n
Hoe be\u00efnvloed die Inperking ons verhoudings met mekaar?
\nIs hierdie \u0149 positiewe tyd waar ons meer tyd het vir ons familie, gesin en eggenoot?
\nBegin die Inperking vir ons na agt dae te lank te raak en daar is konflik in jou verhouding met ander?<\/p>\n\n\n\n
Maak nie saak hoe ons verhoudings is nie, Kolossense 3 gee vir ons \u0149 praktiese strategie in ons verhoudings met ander.<\/p>\n\n\n\n
Vers een begin met die oproep om ons gedagtes na bo te rig waar Christus is \u2013 nie bekommerd te wees oor die dinge hier om ons nie.
\nVanuit die herinnering dat ons in Christus opgewek is, volg die opdrag om die ou mens al hoe meer dood te maak- breek met die sonde!
\nLeef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van Sy skepper. (vers 10).<\/p>\n\n\n\n
Hierdie is makliker ges\u00ea as om te doen. Dit verg inspanning, volharding, oefening geduld en dan moet ons dit weer van vooraf doen.<\/p>\n\n\n\n
Om as nuwe mense te lewe is om \u2018n hartlike vreugde in God te h\u00ea! Die nuwe mens beteken dat Christus wat die sonde oorwin en ons daarvan verlos het, in ons lewe (Gal. 2:20; Fil. 1:21); dat Hy al hoe meer gestalte in ons kry (Rom. 8:29); dat dieselfde gesindheid wat in Hom was ook in ons moet wees (Fil. 2:5). Hierdie nuwe lewe moet steeds meer in ons ontplooi en ontwikkel.<\/p>\n\n\n\n
Prakties moet dit in ons onderlinge verhoudings na vore kom. Ons verhouding met God word veral sigbaar in ons verhouding met die mense om ons.
\nWees vandag veral<\/p>\n\n\n\n

Meelewend (om saam swaar te kry en saam bly te wees)<\/li>
goedgesind (dan alles met die goeie bedoeling van jou naaste in gedagte)<\/li>
nederig (myself minder as ander te ag)<\/li>
sagmoedig (respek en begrip vir ander)<\/li>
verdraagsaam (om toe te gee as daar nie ‘n beginsel op die spel is nie)<\/li>
geduldig (Dink voor ons reageer)<\/li>
en die bereidheid om mekaar te vergewe soos wat die Here ons vergewe het.<\/li><\/ul>\n\n\n\n
Bo-aan die lysie van die gewoontes van die nuwe mens, staan die liefde: “Bo dit alles moet julle mekaar liefh\u00ea. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind (v.14).”<\/p>\n\n\n\n
Die vrede wat Christus gee, moet in jou lewe die deurslag gee!
\nVeral in jou verhoudings met die mense om ons.
\nKom ons gebruik hierdie tyd van Inperking om ons verhouding met die Here opnuut te versterk, asook met ons naaste!<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
\nFilippense 2:1-11. en Galasi\u00ebrs 5:13-26.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
\nHere dankie vir die nuwe lewe in Jesus Christus.  Lei ons om die vrug van die Gees uit te leef in ons verhoudings met mekaar. Amen.<\/p>\n\n\n\n
Ds Danie 072 272 9631
\nGK Rietvallei.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skrifgedeelte: Kolossense 3:1-17 Vers wat tref: vers 12-14 Hoe be\u00efnvloed die Inperking ons verhoudings met mekaar? Is hierdie \u0149 positiewe tyd waar ons meer tyd het vir ons familie, gesin en eggenoot? Begin die Inperking vir ons na agt dae te lank te raak en daar is konflik in jou verhouding met ander? Maak nie […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/761"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=761"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/761\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":763,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/761\/revisions\/763"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=761"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=761"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}