{"id":749,"date":"2020-03-31T08:42:07","date_gmt":"2020-03-31T06:42:07","guid":{"rendered":"http:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=749"},"modified":"2020-03-31T08:42:53","modified_gmt":"2020-03-31T06:42:53","slug":"dagstuk-31-maart-2020-die-hele-aarde-is-vol-van-sy-magtige-teenwoordigheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=749","title":{"rendered":"Dagstuk 31 Maart 2020:  Die hele aarde is vol van Sy magtige teenwoordigheid!"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: <strong>Jesaja 6.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Teks wat tref:\nJesaja 6:3 \u201c<em>Die serafs het mekaar telkens\ntoegeroep:<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>\u201cHeilig, heilig, heilig is die Here die\nAlmagtige!<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Die hele aarde is vol van sy magtige\nteenwoordigheid.\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Vanoggend se\ngedeelte wil ons gedagtes terugbring dat ons opnuut weer besef wi\u00e9 God is!<\/p>\n\n\n\n<p>Ons gedagtes\nhardloop baie maklik rond en ons vra: \u201cWat as?\u201d. Wat as die Inperking verleng\nword? Wat as ek moet winkel toe gaan en die kos is op?<\/p>\n\n\n\n<p>Kom ons bring\nons gedagtes weg van hierdie \u201cWat as\u201d vrae en vra opnuut die belangrikste\nvraag: \u201cWie is God wat ons aanbid en vertrou?\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat leer die\nvisioen in Jesaja 6 van wi\u00e9 God is? <\/p>\n\n\n\n<ul><li>Heel eerste sien jy die Here as KONING op sy troon!&nbsp; Dit is Hy wat regeer. <\/li><li>Die serafs is om SY troon en roep uit:&nbsp; Heilig, heilig, heilig is die Here die\nAlmagtige! Hoekom drie-maal heilige Here?&nbsp;\nGod self is 3 persone in een wese, drie is \u2018n volheidsgetal, want die\nHere is perfek volledig.<\/li><li>Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid! Sy\nheerlikheid vul die hele aarde! Om die Here se heerlikheid te beskryf is baie\nmoeilik, net so is hierdie woord in Hebreeus baie moeilik om te vertaal.&nbsp; Dit het die betekenis dat die \u201cgewigtigheid\u201d\nvan die Here oor die hele aarde is. Iets wat ons nie altyd moet beskryf nie,\nmaar moet uitroep en bely en self beleef.<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p><strong>Ons reaksie op die drie-maal heilige Here!<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Wat is Jesaja se reaksie in hierdie visioen?&nbsp; Help my, ek is verlore want ek het die Koning\ndie Almagtige aanskou.&nbsp; Jesaja besef sy\nonreinheid en sy nietigheid en buig laag voor die Here.<\/p>\n\n\n\n<ul><li>Wanneer ons die Here se heerlikheid en heiligheid besef,\nkan ons nie anders as om in aanbidding voor Hom neer te val, te buig nie.<\/li><li>Ons besef ons sondig en is verlore. Hoe groter is ons besef\ndan, deur Christus is ons sonde vergewe, ons sonde versoen!<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p>Lewe in aanbidding voor die drie-maal heilige Here- in aanbidding voor die\nDrie-Enige God. Gebruik hierdie tyd van Inperking, om ons geloof en kennis van\nGod in-te-skerp!<\/p>\n\n\n\n<p>Beleef ook vandag weer die Here se magtige teenwoordigheid oor die hele\naarde!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Psalm 46 en\nJeremia 10:1-16.<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Vader, mag ons\nopnuut ook in hierdie omstandighede u mag en krag en heerlikheid besef en\nbeleef. Heilig, Heilig is die Here ons God. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Petrus&nbsp; 082&nbsp;456 0235 en<\/p>\n\n\n\n<p>Ds Danie\n072&nbsp;272 9631 <\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Jesaja 6. Teks wat tref: Jesaja 6:3 \u201cDie serafs het mekaar telkens toegeroep: \u201cHeilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.\u201d Vanoggend se gedeelte wil ons gedagtes terugbring dat ons opnuut weer besef wi\u00e9 God is! Ons gedagtes hardloop baie maklik rond en ons vra: [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/749"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=749"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/749\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":751,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/749\/revisions\/751"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=749"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=749"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=749"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}