{"id":2112,"date":"2021-12-03T06:25:12","date_gmt":"2021-12-03T04:25:12","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2112"},"modified":"2021-12-03T06:25:12","modified_gmt":"2021-12-03T04:25:12","slug":"dagstuk-03-desember-2021-lofsange-vir-die-kind-jesus-skrifgedeelte-lk-225-40","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2112","title":{"rendered":"Dagstuk 03 Desember 2021 \u2013   Lofsange vir die Kind Jesus &#8211; Skrifgedeelte: Lk 2:25-40"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 2:25-40:\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v33<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 2:33&nbsp; \u2013 \u201cSy vader en moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom (Jesus) ges\u00ea is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Agt dae na Jesus se geboorte terwyl die engele se lofsange nog in die skaapwagters se ore opklink, vertrek Josef en Maria na Jerusalem om Jesus in gehoorsaamheid aan die wet te laat besny.&nbsp; Daar ontmoet hulle vir Simeon en Anna by die tempel. Deur die Heilige Gees gelei, deel hulle in die opgewondenheid van Josef en Maria.&nbsp; Simeon kry die voorreg om die Kindjie in sy arms te neem. Die bejaarde Anna dank God vir die Kindjie en verkondig aan almal dat daar vir Jerusalem verlossing gekom het.&nbsp; Hiermee kry Josef en Maria die versekering dat die engel Gabri\u00ebl se woorde waar geword het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die belewenis van Simeon en Anna beklemtoon God se liefde vir die mens.&nbsp; Hulle ervaar eerstehands wat Jesus se verlossing beteken.&nbsp; God kom tree konkreet in die leefw\u00eareld van die mens in.&nbsp; Ons verlossing is \u0149 realiteit wat nooit ongedaan gemaak kan word nie.&nbsp; Benewens die vreugde van hierdie Kerstyd word ons herinner aan God se Plan om sy Seun na die w\u00eareld te stuur.&nbsp; Jesus is nie net die Kindjie wat in doeke toegedraai is en in \u0149 krip neergel\u00ea is nie.&nbsp; Jesus se werk op aarde word met Simeon se woorde opgesom: \u201cKyk, hierdie Kindjie is bestem tot \u0149 val en opstanding van baie in Israel en tot \u0149 teken wat weerspreek sal word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Christus se geboorte was die begin van sy werk op aarde. Ons kan nooit sy optrede beperk deur net sy geboorte te romantiseer nie. Hy doen oneindig meer. Hy kom red en verlos. Hy word die Koning wat regeer.&nbsp; Die Satan wil hierdie mag van Christus vir homself opeis. Daarom s\u00ea Simeon dat Jesus bestem is tot \u0149 val en opstanding van baie.&nbsp; Nie almal erken sy gesag nie en sal Hom teenstaan.&nbsp; Die felheid hiervan word beskryf met die swaard wat deur Maria se siel gaan.&nbsp; Haar Kind groei op om later te sterf sodat ons gered kan word.&nbsp; Die bejaarde Anna is hieroor in vervoering en verkondig die verlossing deur Christus.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Deur die Heilige Gees word ons gelei om hieraan deel te h\u00ea en om soos Simeon in \u0149 persoonlike verhouding met Christus te staan. Mag die geboorte van Jesus jou ook hierdie Feestyd verwonderd laat staan. \u201cDie Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.\u201d (Lk 2:40)<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Ef 1:15-23<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat ek mag deel h\u00ea aan Jesus se verlossingswerk.&nbsp; Dankie dat ons ware Feesvreugde mag belewe en uitsien na die dag wanneer ons Koning Jesus weer kom.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>NS \u2013 Hierdie is die laaste van die Dagstukkies vir 2021. Mag elkeen die ware vrede van Christus in hierdie Feestyd beleef en uitsien na \u0149 opwindende 2022 waar ons Jesus mag volg.<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 082456023<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 2:25-40:\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v33 Lk 2:33&nbsp; \u2013 \u201cSy vader en moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom (Jesus) ges\u00ea is.\u201d Agt dae na Jesus se geboorte terwyl die engele se lofsange nog in die skaapwagters se ore opklink, vertrek Josef en Maria na Jerusalem om Jesus in gehoorsaamheid aan die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2112"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2112"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2112\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2113,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2112\/revisions\/2113"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2112"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2112"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2112"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}