{"id":2110,"date":"2021-12-01T08:03:52","date_gmt":"2021-12-01T06:03:52","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2110"},"modified":"2021-12-01T08:03:52","modified_gmt":"2021-12-01T06:03:52","slug":"dagstuk-01-desember-2021-besing-die-grootheid-van-die-here-skrifgedeelte-lk-139-56","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2110","title":{"rendered":"Dagstuk 01 Desember 2021 \u2013   Besing die grootheid van die Here &#8211; Skrifgedeelte: Lk 1:39-56"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 1:39-56:\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v46,47<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 1:46,47 \u2013 \u201cEk besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser omdat Hy na my in my geringheid omgesien het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Nadat Maria haar tot beskikking van die Here gestel het, vertrek sy haastig na \u0149 dorp in die bergstreek van Judea. Daar gaan sy tuis by Sagaria en Elisabet.&nbsp; Hierdie bejaarde egpaar het ook beleef dat niks vir God onmoontlik is nie. Die engel Gabriel is gestuur om aan hul te verkondig dat daar vir hulle \u0149 seun gebore sal word. Elisabet bely dat die Here dit vir haar gedoen het (Lk 1:27) en Maria roep uit dat niks vir God onmoontlik is nie (Lk 1:37). Deur God se genade word&nbsp; \u0149 bejaarde vrou en \u0149 maagd bymekaar uitgebring.&nbsp; In die belewenis van hul swangerskappe hoor ons die vreugde en blydskap vir alles wat God aan hulle gedoen het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Net soos Maria word Elisabet ook met die Heilige Gees vervul&nbsp; toe Maria haar groet en die kind in haar moederskoot beweeg.&nbsp; Selfs die ongebore baba beleef iets van die groot genade van God.&nbsp; Die geboorte van Jesus Christus het die ganse w\u00eareld kom verander.&nbsp; Die belewenis hiervan deur die twee vroue verkondig dat God vreugde bring.&nbsp; Hierdie blydskap geld ook vir die hele w\u00eareld. God gee aandag aan elke individu en tegelyk ook aan die ganse mensdom.<\/p>\n\n\n\n<p>In die loflied van Maria hoor ons die opgewondenheid van \u0149 moeder oor die drome wat sy vir haar Kind koester.&nbsp; As mens is sy vol vreugde. In haar loflied verkondig sy die ewige werk van God in Christus.&nbsp; Sy besig God se grootheid, juig oor die Here se liefde en vind troos daarin dat die Here na die mens omsien en ons te hulp kom.&nbsp; In haar moederhart beleef sy die engel Gabriel se woorde dat uit haar \u0149 Seun gebore sal word wat groot sal wees en die Seun van die Allerhoogste genoem sal word.&nbsp; Lank voor die lofsange van die engele en skaapwagters, is Maria bewus van die goeie tyding van groot blydskap vir die hele w\u00eareld.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die treffende beskrywing van God se optrede in Lk 1:50-53 bring groot troos vir ons elkeen. Die Here bewys ontferming aan die wat Hom eer.&nbsp; Met kragtige dade kom red die Here ons.&nbsp; Hy verdelg hoogmoediges en verhoog geringes.&nbsp; Hy kom ons deur sy Heilige Gees te hulp. Hy is Kind wat gebore is sodat ons al God se weldade kan ervaar.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Na haar verblyf by Elisabet vertrek Maria huiswaarts om gereed te maak vir die geboorte van haar Seun. Haar loflied laat ons ook weer besef hoe kosbaar die geboorte van Christus is.&nbsp; Hy is ook my Verlosser.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 2:25-40<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie vir U liefde. Ek juig oor die grootheid van U werke. Dankie dat U my te hulp kom.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 1:39-56:\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v46,47 Lk 1:46,47 \u2013 \u201cEk besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser omdat Hy na my in my geringheid omgesien het.\u201d Nadat Maria haar tot beskikking van die Here gestel het, vertrek sy haastig na \u0149 dorp in die bergstreek van Judea. Daar gaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2110"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2110"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2110\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2111,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2110\/revisions\/2111"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2110"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2110"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2110"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}