{"id":2108,"date":"2021-11-29T07:24:25","date_gmt":"2021-11-29T05:24:25","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2108"},"modified":"2021-11-29T07:24:25","modified_gmt":"2021-11-29T05:24:25","slug":"dagstuk-29-november-2021-niks-is-vir-god-onmoontlik-nie-skrifgedeelte-lk-126-38","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2108","title":{"rendered":"Dagstuk 29 November 2021 \u2013 Niks is vir God onmoontlik nie &#8211; Skrifgedeelte: Lk 1:26-38"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 1:26-38:\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v37<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 1:37 \u2013 \u201cNiks is vir God onmoontlik nie\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Alles verloop soos wat God dit beplan.&nbsp; Die engel Gabri\u00ebl word na die maagd Maria in Nasaret gestuur.&nbsp; As verloofde meisie wat na alle waarskynlikheid besig was met die beplanning van haar huwelik met Josef is sy noodwendig verbysterd oor die woorde van die engel. In die gebeure wat voor Jesus se geboorte afspeel leer ons God se liefde en genade ken.&nbsp; Waar Christus se geboorte die ganse geskiedenis kom verander is die wyse waarop God by die mens betrokke is opvallend.<\/p>\n\n\n\n<p>Lukas laat ons die hart van God sien.&nbsp; As verloofdes was Josef en Maria baie opgewonde en druk besig met voorbereidings.&nbsp; \u0149 Swangerskap was nie deel hiervan nie.&nbsp; Altans nie volgens hul beplanning nie.&nbsp; Die engel Gabri\u00ebl se woorde is aanvanklik vir Maria onverstaanbaar.&nbsp; Sy word begroet as begenadigde van die Here. Sy word verseker dat die Here by haar is.&nbsp; Haar reisplan en beplanning verander meteens nadat sy hoor dat die beloftes van \u0149 Verlosser in vervulling gaan.&nbsp; So iets is nie moontlik nie, want sy het nog nooit omgang met \u0149 man gehad nie.&nbsp; Wanneer die Heilige Gees oor haar kom en die Allerhoogste lewe in haar wek, besef sy dat niks vir God onmoontlik is nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die aankondiging van Jesus se geboorte laat ons besef dat God elkeen van ons in sy Raadsplan gebruik.&nbsp; Ons plaas gewoonlik baie klem op die geboorte van Christus met die verhaal van die gebeure by die krip, die wyse manne en die skaapwagters.&nbsp; Die besondere manier waarop God vir Maria en Josef voorberei en hul omstandighede verander laat ons besef dat God alles wat in my lewe plaasvind beheer en bestuur.&nbsp; Niks gebeur sonder Hom nie.&nbsp; Maria word nie aan haar eie lot oorgelaat nie.&nbsp; Die engel Gabri\u00ebl berei haar vir alles voor.&nbsp; Sy ontvang God se genade. Sy hoef nie bang te wees nie.&nbsp; Selfs die Naam van haar kind en die rol wat Hy vervul word deeglik vir haar uitgestip. Hy sal vir ewig regeer.&nbsp; Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer God jou gebruik gee Hy alles wat ons nodig het.&nbsp; Hy rus ons vir elke taak toe.&nbsp; Hy plaas my vandag op die plek waar Hy my wil gebruik.&nbsp; Ek hoef nie alles te verstaan nie.&nbsp; Maria was verbysterd oor die woorde van Gabri\u00ebl en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. Toe Gabri\u00ebl na Elisabet, \u0149 bloedvervant van Maria verwys, wat reeds ses maande in ho\u00eb ouderdom swanger is, besef sy dat sy nie besig is om te droom nie.&nbsp; Die Heilige Gees wat oor haar gekom het laat haar bely dat niks vir God onmoontlik is nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Besef vandag dat alles wat&nbsp; met jou gebeur reeds deur God bepaal is.&nbsp; Wees tot beskikking van die Here!<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Lk 1:46-56<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Here, dankie dat U my ook in U koninkryk gebruik. Laat alles gebeur wat U ges\u00ea het. Ek is tot beskikking van U met my lewe. Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Lk 1:26-38:\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v37 Lk 1:37 \u2013 \u201cNiks is vir God onmoontlik nie\u201d Alles verloop soos wat God dit beplan.&nbsp; Die engel Gabri\u00ebl word na die maagd Maria in Nasaret gestuur.&nbsp; As verloofde meisie wat na alle waarskynlikheid besig was met die beplanning van haar huwelik met Josef is sy noodwendig verbysterd [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2108"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2108"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2108\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2109,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2108\/revisions\/2109"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2108"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2108"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2108"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}