{"id":2103,"date":"2021-11-26T09:01:13","date_gmt":"2021-11-26T07:01:13","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2103"},"modified":"2021-11-26T09:01:13","modified_gmt":"2021-11-26T07:01:13","slug":"dagstuk-26-november-2021-hoe-begin-die-verskillende-evangelies-johannes-skriflesing-johannes-11-18","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2103","title":{"rendered":"Dagstuk 26 November 2021 \u2013 Hoe begin die verskillende evangelies? \u2013 Johannes – Skriflesing: Johannes 1:1-18."},"content":{"rendered":"
Skriflesing: Johannes 1:1-18.
Vers wat tref: 1,2 \u201cIn die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God.\u201d<\/p>\n\n\n\n
Johannes begin sy evangelie nie by Jesus se geboorte nie. Hy begin nie met \u2019n geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van die mensdom en die Jode sou plaas nie \u2013 anders as Matteus. Hy begin nie met die verhaal van Johannes die Doper wat in vervulling van die profesie\u00eb van Jesaja die wegbereider vir Jesus was nie \u2013 anders as Markus. Hy begin nie met \u2018n sorgvuldige geskiedenis van die eerste eeu sodat \u2018n mens Jesus binne sy eie tyd kan verstaan nie \u2013 anders as Lukas.<\/p>\n\n\n\n
Nee, Johannes begin met \u0149 lied wat waarin Jesus se Godheid besing word.
Vers 1 begin dan by die begin. Dit begin by die ewigheid, nog voor die w\u00eareld se geskiedenis, nog voor die w\u00eareld daar was. \u201cIn die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God. Hy was in die begin by God.\u201d (Joh. 1:1-2).<\/p>\n\n\n\n
Kersfees het nie begin met \u0149 krip in Bethlehem nie. Dit het al begin nog voor daar enige iets was. Jesus Christus is die Woord! Die Een wat aan mense geopenbaar is nie en in wie die ware blye boodskap gekom het nie. Christus was God nog voordat daar enige iets geskape is. Deur God drie-enig is die heelal geskape. God is verhewe bo die skepping. Die Woord het nie geword nie; Hy was daar \u201cin die begin\u201d.<\/p>\n\n\n\n
Dink \u2018n bietjie hieroor na. Wie is Jesus Christus? Hy is die Woord van God. Hy was van die begin af by God. Hy is God. Hy bestaan van altyd af. Hy is voor alles. Hy sal tot in alle ewigheid God wees.<\/p>\n\n\n\n
Dan eers kan ons hierdie groot wonder besef in vers 14: Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.
Jesus is die Messias wat die Lig vir die w\u00eareld bring.<\/p>\n\n\n\n
Gebed
Ons hemelse Vader. Dankie dat ons in U lig mag leef. Dankie dat U die Lig vir die w\u00eareld vir ons gegee het in Jesus Christus. Stuur ons om soos Johannes die Doper te getuig van die Lig! Amen.<\/p>\n\n\n\n
Dors vir meer:
Efesi\u00ebrs 1:1-14.<\/p>\n\n\n\n
Danie Potgieter
0722729631
GK Rietvallei<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skriflesing: Johannes 1:1-18.Vers wat tref: 1,2 \u201cIn die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God.\u201d Johannes begin sy evangelie nie by Jesus se geboorte nie. Hy begin nie met \u2019n geslagsregister wat Jesus binne die geskiedenis van […]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2103"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2103"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2103\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2104,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2103\/revisions\/2104"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2103"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2103"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2103"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}