{"id":2095,"date":"2021-11-19T06:32:52","date_gmt":"2021-11-19T04:32:52","guid":{"rendered":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2095"},"modified":"2021-11-19T06:32:52","modified_gmt":"2021-11-19T04:32:52","slug":"dagstuk-19-november-2021-verhale-oor-kersfees-3-3-skrifgedeelte-mt-118-25","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/?p=2095","title":{"rendered":"Dagstuk 19 November 2021 \u2013 Verhale oor Kersfees (3\/3) &#8211; Skrifgedeelte: Mt 1:18-25\u00a0"},"content":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 1:18-25\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v21,23<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 1:21&nbsp; \u2013 \u201cSy sal \u0149 Seun in die w\u00eareld bring, en jy moet Hom Jesus noem&#8230;&#8230;. \u201d<strong><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Met die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus in Mt 1:18-25 is God nogeens besig om die mens op te soek.&nbsp; In Gen 3 verneem Hy waar die mens is nadat hulle gesondig het. In Jesaja 9 leef die volk in duisternis totdat die Here hul verlos. In Mt 1 stuur God \u0149 engel om Josef se voorneme om die verlowing met Maria stilweg te verbreek, onsuksesvol te maak.&nbsp; Weereens kom soek God die mens op om sy Plan uit te voer&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet in Jesaja 7:14 ges\u00ea het, vervul sou word: \u201cDie maagd sal swanger word en \u0149 Seun in die w\u00eareld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.\u201d Die naam beteken God by ons. Ook dit is \u0149 bewys dat God die mens kom opsoek. Inderdaad begin die verhaal van Christus se geboorte al in die Ou Testament.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Alles verloop soos wat God dit beplan. In die uitvoering daarvan gebruik God mense wat Hy kom soek. Toe Maria nog aan Josef verloof was, blyk dit dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het.&nbsp; Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom.&nbsp; Aanvanklik het Josef nie verstaan wat gebeur het nie.&nbsp; Daarom wil hy die verlowing verbreek.&nbsp; Dit is duidelik dat God sy Plan sal deurvoer.&nbsp; Baie dinge gebeur ver bo ons begrip.&nbsp; God soek die mens op en stuur \u0149 engel met die opdrag dat Josef en Maria trou.&nbsp; Sonder dat Hy met Maria omgang het word Jesus uit die huwelik gebore.&nbsp; En Josef het Hom Jesus genoem.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die maagdelike geboorte van Jesus bly een van God se grootste wonders.&nbsp; Die beloftes van die Ou Testament gaan in vervulling.&nbsp; By die absolute verwondering hieroor, word ons ook verseker dat God my ook kom soek. Jesus word Immanuel genoem. Die naam beteken God by ons.&nbsp; Die geboorte van Christus is die grootste bewys van God se liefde.&nbsp; In Christus het Hy ons kom soek en ontvang ons die genade om deel te h\u00ea aan die verlossingswerk van ons Here.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>God maak met sy kinders bemoeienis.&nbsp; Ek is instrument in God se hand en ek moet daarna streef om gehoorsaam en diensbaar te wees.&nbsp; God gebruik die jong egpaar Josef en Maria om uitvoering aan sy Beloftes te gee.&nbsp; Wees gereed om na God se opdragte te luister.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dors vir meer:<\/p>\n\n\n\n<p>Mt 2:19-23<\/p>\n\n\n\n<p>Gebed<\/p>\n\n\n\n<p>Vader, dankie dat my oortredinge vergewe is.&nbsp; Dankie dat U by ons is. Leer my om diensbaar in U koninkryk te wees.&nbsp; Amen<\/p>\n\n\n\n<p>Petrus van Blerk<\/p>\n\n\n\n<p>Sel: 0824560235<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skrifgedeelte: Mt 1:18-25\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Teks wat tref: v21,23 Mt 1:21&nbsp; \u2013 \u201cSy sal \u0149 Seun in die w\u00eareld bring, en jy moet Hom Jesus noem&#8230;&#8230;. \u201d Met die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus in Mt 1:18-25 is God nogeens besig om die mens op te soek.&nbsp; In Gen 3 verneem Hy waar die mens [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"spay_email":"","footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"jetpack_featured_media_url":"","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2095"}],"collection":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2095"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2095\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2096,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2095\/revisions\/2096"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2095"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2095"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/gkrietvallei.co.za\/gkr16\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2095"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}